Leeskringkamer

Hier verskyn nuttige hulpbronne vir leeskringe en terugvoer oor leeskringe se byeenkomste of besprekings.

Stuur gerus enige bydraes, leeskringfoto's of boekbesprekings na leeskring@litnet.co.za.

Hans du Plessis kuier by Rustenburg Leeskring

LitNet Leeskringkamer 2018-09-06

"Hans du Plessis het op 28 Augustus in Rustenburg kom kuier en met die leeskring gesels oor Drie vroue en ’n meisie. Almal het die praatjie baie geniet, veral om te hoor waar Hans die storie gekry het!"

Uitnodiging: Bekendstelling van Prooi deur Deon Meyer

LitNet Leeskringkamer 2018-09-04

"Deon Meyer stel op 23 Oktober sy jongste boek, Prooi, vir die eerste keer bekend tydens die gesamentlike leeskringbyeenkoms van leeskringe in en om Pretoria by die Moreletapark Gemeente in Pretoria."

Ja, dit maak sin om dramas te lees, maar …

Temple Hauptfleisch Leeskringkamer 2018-08-08

"’n Drama of verhoogteks ís moeilik om bloot te léés, soos ons gesien het – want dit vertel nie ’n storie of bespreek ’n saak in verstaanbare besonderhede soos ’n roman nie, of ontroer jou nie slegs deur die ritme en prag van die woorde (alleen) nie. Dit gee jou bloot ’n aantal rigtinggewende buitelyne daarvan, die geraamte van die storie."

Leeskringnuusbrief: Augustus 2018

LitNet Leeskringkamer 2018-08-07

Welkom by LitNet se leeskringnetwerk! Lees die eerste leeskringnuusbrief hier.

Woordelys: Die derde spoel deur SJ Naudé

Adinda Vermaak Leeskringkamer 2018-08-06

Hier is ’n volledige woordelys vir Die derde spoel deur SJ Naudé wat veral nuttig kan wees vir leeskringbesprekings.

Maak dit sin om dramas te lees?

Monica Hammes Leeskringkamer 2018-07-10

"Bo en behalwe die feit dat dramas moet meeding met die magdom uitstekende romans en ander prosatekste vir die tien plekke op ’n leeskringprogram bestaan daar ook ander goeie redes waarom leeskringe daarvan wegskram ..."

Leeskringe: uithangplekke of ’n amulet teen die vuur?

Marietjie Lambrechts Leeskringkamer 2018-07-04

"Baie redes word aangevoer om die bestaansreg van leeskringe te regverdig. Benewens die uitruil van idees, verbreding van kennis, nuwe vriende, omgee tussen lede en sosiale samesyn lê ’n liefde vir lees en boeke die naaste aan elke lid se hart."

Top