Uitnodiging: Bekendstelling van Prooi deur Deon Meyer

  • 2

Deon Meyer stel op 23 Oktober sy jongste boek, Prooi, vir die eerste keer bekend tydens die gesamentlike leeskringbyeenkoms van leeskringe in en om Pretoria by die Moreletapark Gemeente in Pretoria. Hierdie sal die heel eerste geleentheid wees om die boek te bekom, selfs voordat dit in die boekwinkels beskikbaar gaan wees.

Die funksie begin om 10:00 en behels ’n gesprek tussen Deon en sy uitgewer oor die boek, ‘n bietjie vermaak deur die sangers Linette van der Merwe en Chris Mostert en agterna tee en verversings. Parkering is gratis én veilig.

Die toegang is R80. Kaartjies is vooraf beskikbaar by https://tickets.tixsa.co.za/event/Prooi en sal ook die oggend van die funksie by die deure gekoop kan word. Sitplekke is ongereserveerd.

Gaste word versoek om ’n boek saam te bring om te skenk aan ’n biblioteek waar die lesers nie die voorreg het om daagliks deur goeie boeke omring te wees nie.

Met Deon Meyer se wye aanhang onder lesers in ’n groot verskeidenheid tale, sal hierdie boek se bekendstelling wye belangstelling uitlok en sekerlik nie gemis wil word nie.

  • 2

Kommentaar

  • Robert van Staden

    O genade nee, daai Moreletapark-kerkplek gee my die creeps, ek sal eerder maar nie die bekendstelling bywoon nie. Vreemd om 'n boek by 'n kerk bekend te stel.

  • Robert, net so min as wat hierdie bekendstelling met 'n teater se bedrywighede te make sou gehad het as dit in 'n teater aangebied sou word, het hierdie funksie in die saal van die gemeente met die kerk se bedrywighede te make. Jy is baie welkom ... en sal veilig wees.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top