KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via [email protected].
Aidan Vermaak2012-10-03"Die president se gesigsuitdrukking verstrak: 'Generaal, jy en jou twee soldate is ons enigste hoop op dié stadium. Ek en die hele wêreld plaas ons volle vertroue in julle.'"
Aaron de Kock2012-10-03"’n Klomp dokters staan om my. So gretig soos aasvoëls wat ’n dooie dier gevind het. Ek hoor nie eens hoe hulle my beter wil laat voel nie. Alles voel vals. My arms, bene en nek is vasgemaak aan die bed waarop ek lê."
Carla le Roux2012-10-03"’n Honderd jaar gelede was telepatie ’n lagwekkende onderwerp. Bloot iets waaroor elke man gedroom het as hy na sy vrou kyk wat hom vir die soveelste keer uitskel oor die ding wat sy hom 'al ’n duisend keer gevra het om te doen'."
Chrissie Haupt2012-10-03"Die inwoners van Platville is allerhande interessante kreature, met onreëlmatige, plat figure. Maar almal van hulle het net een ding gemeen: Hulle is plat."
Imke Burger2012-10-03"Ek kyk na die sterre en beweeg my kop. Ek probeer jare se astrologie- navorsing toepas op wat ek sien. Dan vang die maan my oog. Die skaduwee op die maan raak groter. Ek snak na my asem en val op die droë grond tussen die digte plante neer."
Jana Burger2012-10-03"Ek is nogal opgewonde oor hierdie snaakse wese wat my ma vir ons gaan koop. Van die begin van die jaar af het hulle al gepraat van hierdie robotte in koerante en tydskrifte, maar niemand het werklik geweet of die skepsel gemaak gaan word nie."
Megan Smith2012-10-03"Vir ’n week lank het mense gedebatteer oor wat moes gebeur en die oplossing was duidelik. Hulle sou nuwe blyplek moes kry. Dit het lank gevat om almal daar te kry, maar na vele jare was die maan die mens se nuwe tuiste."
Elani de Beer2012-10-03"Polisiemotors staan orals, met polisiemanne wat binne-in die motors sit of buite rondloop. Geel plastiek omring die omgewing waar die moord plaasgevind het."
Christian du Toit2012-10-03"Die wêreld is nie meer dít wat hy in die verlede geken het nie. Die uitputting van die meeste fossielbrandstowwe in die negentien-negentigs het daartoe gelei dat elke land se regering slegs een gierige behoefte het: energie."
Carli Blignaut2012-10-03"'Jy weet, ek gaan hom eintlik mis. Hy was ’n heel intelligente knapie.' Die gesprek laat Kittel se arms met hoendervleis uitslaan. Hy weet nie of hy moet begin hardloop of verder moet luister nie."
Carla Koen2012-10-03"Met ons aankoms by Unitas Hospitaal het die bevelvoerder die ultraviolet-suigbuis gebruik om die pasgebore baba uit die suster se arms te raap en my in haar arms te plaas. Die suster was baie moeg en oorstuur en het net haar kop geskud. Sy’t die babadogtertjie na haar 'ma' geneem. So het dit gebeur dat ek my Aarde-ouers, Johan en Louise, aangeneem het."
Marise Oberholzer, Naomi Meyer2012-09-27Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans bied in Oktober 'n gratis Wiskundekongres in Oudtshoorn aan. Naomi Meyer het vir Marise Oberholzer, Projekbestuurder: SBA Wiskundekongres, hieroor uitgevra.
Lara du Preez2012-09-27"'Dit het begin.' Dis eers toe Izak vra: 'Kama?' dat ek besef ek het hardop gepraat. Ek kyk op my horlosie. 22:30. Ek het ’n uur en ’n half."
Trudie Coetzee2012-09-26"Hy voel hoe elke ooglid swaarder raak; ’n swart sluier van die donker se voorbode oorval hom. Die groen entstof in die plastieksakkie waaraan hy gekoppel is, het leeggeloop."
Jan Adriaan Boshoff2012-09-26"Sy lewe in die verlede – selfs honderd jaar later is daar vir haar net één lewe, een saam met Frederik. Sonder hom voel sy leeg."
Kobus Stadler2012-09-25"Die Beskermer trek sy swaard uit sy skede en staan gereed. So vinnig soos ’n kat wat ’n muis vang, is die Beskermer by die eerste voertuig en hy druk sy swaard dwarsdeur."
Katie Müller2012-09-20"Die regte van leerders word sedert die totstandkoming van die demokrasie in Suid-Afrika dikwels oorbeklemtoon. Dit lei daartoe dat baie leerders oorbewus is van hulle regte, maar min verantwoordelikheid openbaar om hulle verpligtinge na te kom."
Jan Adriaan Boshoff2012-09-19"Die watervlakke het al klaar begin styg en dit sit al by Tafelberg se voetenent; die Kasteel lê onder die see, vergete. Ons erfenis sal tien teen een heeltemal verdwyn onder die oseane, nes Atlantis, vergete; die blou planeet sal heeltemal blou word."