LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Beeldvorming in geleentheidsgedigte op gedenkkeramiek oor die Nederlandse koningshuis
2008-08-27"In Nederland is daar al in 1574 begin om die koningshuis, die Huis van Oranje, met spesiaal vervaardigde keramiekvoorwerpe te gedenk. Sommige van hierdie gedenkvoorwerpe bevat ook teks."
’n Ander bestekopname van die Afrikaanse poësie, 2004–2007
2008-08-05"Hierdie artikel verskaf ’n oorsig van die Afrikaanse poësie vir die tydperk 2004–2007. Boekpublikasies en aktiwiteite rondom die Afrikaanse poësie, soos die verteenwoordiging by kunstefeeste, radioprogramme en webtuistes word bespreek."
Stephan Bouwer (1948–1999): ’n Herwaardering met spesifieke verwysing na sy poësie-oeuvre
2008-07-22"Ten spyte van sy beduidende bydrae tot die Afrikaanse literêre en kulturele wêreld is daar nog min akademiese studies oor sy werk onderneem."
Die onopgeloste raaisel met spesifieke verwysing na Die Jakkalssomer van Dirk Jordaan
2008-07-17"Hierdie artikel bied ’n psigoanalitiese lesing van Dirk Jordaan se Die Jakkalssomer met besondere verwysing na die onopgeloste raaisel in die teks."
Buren-Marsch: Die Transvaalse volkslied in Duitse gewaad
2008-07-17"In hierdie artikel word ’n mars vir koperblaasensemble bespreek wat tussen 1901 en 1904 in Duitsland geskryf en gepubliseer is deur ’n komponis met die naam August Bernhard Ueberwasser (1866–1925)."
Tegniek en Republiek: Wisselende vryheidsbegrippe in Afrikaner- en Suid-Afrikaanse politiek
2008-07-11"In hierdie artikel word die verskillende begrippe van vryheid wat sedert die Nederlandse vestiging aan die Kaap onder veral Afrikaners, en in mindere mate in die Suid-Afrikaanse politiek, voorgekom het, ondersoek met verwysing na die drie tegniese milieus of mediasfere waarin Afrikaners hulle tot dusver bevind het."
S.V. Petersen se tydskrifverhale
2008-07-11"Hierdie tekste bied uitsonderlike insig tot die plattelandse en stedelike kultuur van die sogenaamde “nieblanke” gedurende die 1940’s."
Musiekgeskiedenis en fiksie: Hans Holleman en Arnold van Wyk in Holmer Johanssen se roman Gety
2008-07-11"Die moontlikheid word oorweeg dat Gety as fiksie ’n alternatiewe historiese realiteit kan teken as wat in musiekhistoriografie moontlik is."




