LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Geesteswetenskappe-redakteur Francis Galloway (DLitt) E-pos: francis@litnet.co.za Bioskets |
Om wêrelde te verbeel(d): tekstuele relasionaliteit in Wonderboom (Lien Botha)
2017-07-27"Verbeelding en geheue hou, naas tydsbelewing, met nostalgie verband. Die onmoontlikheid om na die tuiste as beginpunt van die self terug te keer, wat nostalgie definieer, bied gevolglik een interpretasiemoontlikheid vir die oop slot van die verhaal."
Die veranderende betekenis van die Voortrekkermonument: erfeniswins of erfenisverlies?
2017-07-19"Monumente word maklik die slagoffers van diegene met sienswyses wat verskil van dit wat die monument simboliseer. Gevolglik is daar sedert 1994 by die Voortrekkermonument pogings aangewend om persepsies van die publiek ten opsigte van die monument te verander."
’n Oorsig van die problematiek rakende die modernisering van die SANW vir deelname aan multinasionale vredesteunoperasies in Afrika
2017-07-11"Uiteindelik is die vraag of die SANW beter befonds kan word om dit in ooreenstemming te bring met die blywende verwagting dat die SANW ’n rol in vredesteunoperasies in Afrika sal speel, asook om ’n sleutelrol in die verwagte Afrika-bystandsmag te vervul."
Plekspesifieke digitale literatuur: samespel en wisselwerking in nuwe kontekste
2017-06-29"Die snelveranderende tegnologiese omgewing bied nuwe skeppende en publikasiemoontlikhede vir skrywers en kunstenaars, soos plekspesifieke digitale literatuur, waarin multimodale tekste op ’n spesifieke plek met digitale toestelle beskikbaar gestel word en die konkrete plek deel van die leeservaring word."
Titus Matiyane, kartograaf en transnasionale flâneur
2017-06-21"Die brute direktheid en eerlikheid wat meestal met buitestanderkuns gepaard gaan, soos in die geval van Matiyane, maak dit ook besonder geskik vir ’n ondersoek na onbelemmerde, outentieke stemme in ’n dekoloniale ondersoek na Afrikaïese moderniteit."
Die staatsdiens van die Zuid-Afrikaansche Republiek, 1890 tot voor die Jameson-inval van 1895
2017-06-09"Die tekortkominge in die staatsdiens van die Republiek was vroeg reeds merkbaar, maar is grootliks deur omstandighede na die ontdekking van goud op die Witwatersrand vererger, omdat die administrering van die goudveld groot nuwe uitdagings gestel het."
Die rol van die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie deur sy betrokkenheid by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal
2017-05-30"Weens die WAT se noue verbintenis met die US is dit nie verbasend dat daar oor die jare ruim geput is uit die kennis van ’n hele aantal departemente en dosente verbonde aan die universiteit nie."
Verkennende verbeeldingswêrelde: die ontsluiting van die Willem Boshoff Argief
2017-05-12"Willem Boshoff se argief is ’n unieke voorbeeld van eksperimentele en konseptuele argivering én verbeeldingryke digitale kurering wat, hoewel uiters sistematies van opset, ook alternatief, kreatief, oop, speels, informatief, performatief, kunstig en sensories is."
Riglyne vir die bevordering van die welstand van Suid-Afrikaanse sielkundiges
2017-05-10"Die sosio-ekonomiese situasie in Suid-Afrika lei daartoe dat sielkundiges leef en werk in gemeenskappe wat gekenmerk word deur misdaad, armoede, siekte en maatskaplike euwels, wat hierdie riglyne vir die verryking van sielkundiges se welstand ’n noodsaaklikheid maak."
’n Verkenning van taalvariasie in die Afrikaanse poniekoerante Son en Sondag
2017-04-13"Die vernakulêre style soos uitgebeeld in die twee Afrikaanse poniekoerante is nie – soos daar baie keer aangevoer word – slegs ’n verlengstuk van Engels nie, maar het nog die vermoë om met oorspronklike Afrikaanse skeppings vorendag te kom en Afrikaans op dié wyse te voed en te laat groei."
Persoonlike klankversterking vir ’n onderwyser met stemprobleme
2017-03-02"Aangesien baie Suid-Afrikaanse onderwysers in ’n posisie is waar medieseversekeringsfondse nie noodwendig kan vergoed vir verlies aan inkomste as gevolg van ’n stemprobleem nie en klankversterking nie in alle klaskamers voorsien kan word nie, mag ’n persoonlike en bekostigbare klankversterkingsapparaat ’n ideale langtermynoplossing bied."
Die statistiese eienskappe van geskrewe Afrikaans as ’n komplekse netwerk
2017-02-09"Taal is ’n belangrike verskynsel om te bestudeer, omdat menslike subjekte dit kenmerkend as objek (ook: medium, instrument) voortbring ter wille van interaksie met ander menslike subjekte."
Mens-plant-verbintenisse in Die sideboard (2014) van Simon Bruinders
2017-01-30"Natuurelemente word beskou as in besit van aktiewe krag en nie as passiewe sosiale konstruksies en objekte vir menslike uitbuiting nie."
Die ortografiese realisering van komposita met en afleidings van multiwoordeiename
2016-12-13"Uit die kleinskaalse korpusondersoek en meningspeiling wat geloods is, blyk dit dat die ortografiese integriteit van multiwoordeiename oorwegend behoue bly in komposita daarmee en gesuffigeerde afleidings daarvan."
Napraatswartafrikaans: konteks en persepsies van die alternatiewe gebruik van Swartafrikaans
2016-12-12"Die persepsies rondom Swartafrikaans bepaal in watter konteks sprekers gemaklik voel om dit te gebruik, en die oorkoepelende konteks bepaal weer die persepsies rondom die napraat van Swartafrikaans."
Roland Barthes en die belang van outonomie vir die moderne skrywer
2016-11-30"Hoewel die letterkunde as moderne aktiwiteit nie kan bestaan sonder die allerbelangrike eienskap van die outonomie (soewereiniteit) van skrywer en teks nie, is die moderne skrywer in postmoderne verband, ironies, ’n maaksel wat baie onseker geword het."
Grootouers se rolle en belewenisse as hoofversorgers van hulle kleinkinders
2016-11-23"In die Suid-Afrikaanse konteks word die sosiale konteks waarin grootouers hulle bevind, onderlê deur sosiale norme wat teenstrydig is met die opneem van primêre ouerskaprolle wat eintlik in ’n jonger lewensfase hoort."
Voldoen eietydse Suid-Afrika aan die vereistes vir die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie?
2016-11-17"Alhoewel politici en akademici oor ’n breë spektrum die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie as ’n moedige en selfs noodsaaklike stap beskou ten einde ekonomiese groei te stimuleer, is daar egter geen eenstemmigheid oor die vraag of eietydse Suid-Afrika aan die vereistes vir die inwerkingstelling van sodanige strategie voldoen nie."
Bruin gesinne se belewenisse van die negatiewe uitwerking van ouerlike alkoholmisbruik
2016-11-09"Met inagneming van die geskiedkundige agtergrond en huidige vlakke van alkoholmisbruik onder die bruin bevolkingsgroep in die Wes-Kaap ... is daar besluit om ’n verkennende, kwalitatiewe-ondersoek-ontwerp te gebruik om ’n beter begrip te kry van hoe hierdie gesinne deur die krisis van ouerlike alkoholmisbruik geraak word. Hierdie insig is belangrik, aangesien dit nuttige inligting vir voorkomingsprogramme kan bied."
Weerstand teen huisvesting van swart studente deur die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, 1987 tot 1990
2016-10-27"Die wyse waarop die universiteit uit pas was met sosiopolitieke ontwikkelings in die land kan veral gesien word in die onvermoë om geleenthede te benut wat deur al die ander universiteite gebruik is om veranderings in hulle bestuur van inwoning op kampusse aan te bring."






