LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Geesteswetenskappe-redakteur Francis Galloway (DLitt) E-pos: francis@litnet.co.za Bioskets |
Dis net ’n film: Bernard Stiegler se tegnoteologiese, rolprentmatige geloof
2015-07-15"Dit is nie om dowe neute dat Stiegler sy aansprake op die transsubstansiërende en eskatologiese kragte van die rolprent baseer op ’n verwysing na ’n uitstaande voorbeeld van moderne, liturgiese ontwrigting nie, ’n “vervelige Sondagmiddag” – die dag wat die hoogtepunt van die Christelike liturgiese week is."
Die allesomvattende materiële dimensie van ons bestaan: aspekte van die nuwe materialisme in Vuurklip van Marié Heese
2015-07-07"Marié Heese se roman Vuurklip (2013) word bestudeer met behulp van die leesstrategieë van die nuwe materialisme en om te bepaal watter waarde of verruimende perspektief te vind kan wees in die spesifieke voorstellingswyse van die landskap in hierdie roman."
’n Veelvlakkige netwerkontleding van die Afrikaanse filmbedryf en filmakteurnetwerk (1994–2014)
2015-07-01"Hierdie artikel stel ondersoek in na die struktuur van die Afrikaanse filmbedryf en filmakteurnetwerk as komplekse netwerk en gebruik hiervoor ’n omvattende datastel wat self direk vanaf die films saamgestel is."
Die invloed van elektroniese media en die totstandkoming van ’n nuwe sosiale paradigma in ’n onlangse Afrikaanse jeugroman
2015-05-26Die artikel ondersoek na die invloed van moderne elektroniese media en die totstandkoming van ’n nuwe sosiale paradigma in Die verdrinking van Josua van Eden deur Carina Diedericks-Hugo.
Plek as liggaam en liggaam as plek. Tendense van die nuwe materialisme en interaksie tussen mens en plek in enkele tekste uit Verweerskrif (2006) van Antjie Krog
2015-05-14In hierdie artikel word die plek as liggaam en liggaam as plek deur middel van ’n ekokritiese en die nuwe-materialisme-benadering verken aan die hand van gekose verse uit Antjie Krog se bundel Verweerskrif (2006).
Spel en die spelende mens in Die sneeuslaper (Marlene van Niekerk), Klimtol (Etienne van Heerden) en Wolf, Wolf (Eben Venter)
2015-04-29"Binne die konteks van spel in die literêre teks moet die leser bereid wees om, soos die skrywer, die derde ruimte, die tussengebied van die speelwêreld, te betree."
Die oorlogsherinneringe van P.H. Roux: verontskuldiging of ’n juiste verklaring van die oorgawe in Julie 1900?
2015-04-17Jaco de Bruin en André Wessels ontleed die oorlogsherinneringe van een van die hoofkarakters in die drama wat in die Brandwaterkom ontvou het met oorgawe van hoofkommandant Marthinus Prinsloo en meer as 4 000 burgers gedurende die Anglo-Boereoorlog.
’n Alledaagse andersheid: ’n Ondersoek na Lauren Beukes se Zoo City as voorbeeld van heterotopiese literatuur
2015-04-08In die lig van ’n ontleding van Zoo City as heterotopiese roman maak Alettie van den Heever ’n gevolgtrekking oor die ideologiese argitektuur van die roman en gee ’n antwoord op die vraag of Beukes se spekulatiewe fiksie in die geval van Zoo City net nog ’n ontvlugtingsopsie is.
Van doekvoet na eendvoet: Die vertaling van Afrikaanse romans in Frans
2015-03-18Hierdie artikel is ’n ontleding van die verskynsel van abbavertaling en bied ’n kort oorsig oor die vertaling van Afrikaanse romans in Frans.
’n Arabiese Lente in eietydse Suid-Afrika?
2015-03-03"Gegewe die hoë vlakke van sosio-ekonomiese ongelykheid, werkloosheid en armoede in Suid-Afrika, heers daar kommer dat die heersende plaaslike politieke klimaat ook ’n teelaarde vir revolusionêre regimeverandering verteenwoordig."
Akademiese diskoers en die skep van ’n akademiese ruimte as voedingsbodem in Marius Crous se digbundel Vol draadwerk
2015-02-25Hierdie artikel toon deur middel van enkele teksontledings hoe die teenwoordigheid van ’n akademiese diskoers Marius Crous se bundel Vol draadwerk verryk.
Darem meer as moffies? Stereotipering in die voorstelling van homoseksuele en homoseksualiteit in die Afrikaanse jeugliteratuur
2015-01-29In hierdie artikel word daar op vergelykende wyse aangetoon watter stereotipes in die voorstelling van homoseksuele en homoseksualiteit in die Afrikaanse jeugliteratuur onderskei kan word.
Die Suiderkruisfonds as moreelbouer in die Suid-Afrikaanse samelewing tydens die Grensoorlog
2015-01-13"Hierdie artikel voer aan dat die Suiderkruisfonds sowel die impak van die dienspligstelsel op die burgerlike samelewing as die militêre samelewing versag het, samewerking en ’n eenheidsgevoel geskep het en, laastens, as moreelbouer gedien het."
Eugène N. Marais as redakteur van Land en Volk, 1890–1896
2014-12-16 Hierdie artikel ondersoek die redakteurskap van Eugène Marais, een van die eerste Suid-Afrikaanse joernaliste wat ondersoekende joernalistiek beoefen het en dit doeltreffend in sy kritiek aangewend het.Bernard Stiegler se teologie van skrif en die disoriëntasie van Westerse moderniteit
2014-12-09In hierdie opvolgartikel ontleed Johann Rossouw die breë argument van Bernard Stiegler se tweede vername werk, band twee van sy Tegniek en tyd-trilogie (1994, 1998, 2001), in Engels vertaal as Disorientation.
Nasiebou in 'n eenheidstaat versus die toekenning van groepregte: Diskoerse oor die akkommodering van diversiteit met spesifieke verwysing na Afrika en Suid-Afrika
2014-12-02Elirea Bornman fokus in haar artikel op nasiebou in ? eenheidstaat en die uitsluitlike toekenning van individuele regte versus stelsels vir die erkenning van groepregte in heterogene en diepverdeelde samelewings.
Die voormoderne en moderne tyd se stryd vir vrygeskepte skone kuns
2014-11-19 Frikkie Potgieter kom in sy artikel tot die gevolgtrekking dat diegene wat vrygeskepte kuns koester vandag die taak het om 'n ruimte vir sulke kuns te beding sonder om hulle tot essensialistiese argumente te wend aangesien sulke argumente betaalwaarde verloor het. Dít is een van die hooftake van die postmodernisme.Taalverskuiwing en taalhandhawing onder Afrikaanse ekspatriate
2014-11-11Hierdie artikel ondersoek die aard van taalverskuiwing en -handhawing wat voorkom onder Afrikaanssprekendes wat oor die wêreld heen geëmigreer het.






