LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Geesteswetenskappe-redakteur Francis Galloway (DLitt) E-pos: francis@litnet.co.za Bioskets |
Die modus operandi-profiel van die kontant-in-transito-rower as eksklusiewe misdadiger
2018-07-05"Omdat modus operandi-inligting oor die beplanning van ’n transitorooftog en die rowers se optrede na afloop van die misdaad moeilik bekombaar is, word aanbeveel dat die SAPD die moontlikheid ondersoek om modus operandi-inligting van gevonniste oortreders, veral van eksklusiewe misdadigers of rowers, te bekom."
Die eenpersoondrama as (steeds ontluikende) subgenre: ’n skets van sy ontwikkelingsgang en kenmerke
2018-06-26"Die eietydse teaterlandskap, hetsy plaaslik of internasionaal, bevind sig tans in ’n kommerwekkende posisie weens beperkende ekonomiese toestande en mededingende vorme van vermaak (televisie, internet en so meer). Daarom wend baie dramaturge, produksiespanne en akteurs hulle tot ekonomies meer haalbare formate van teaterskepping, byvoorbeeld die eenpersoondrama."
Kreolisering van die wêreldletterkunde by D.J. Opperman
2018-06-06"Die ontleding toon aan hoe vindingryk Opperman ander tekste gekreoliseer het, maar ook dat hy daardeur, veral in sy later werk, ’n subtiele kritiek teen apartheid en teen kolonialisme vergestalt ten gunste van oopheid en relasionaliteit."
’n Lesing van Michel Houellebecq se poësie tussen die pole van die "abjekte" en die "eteriese"
2018-05-31"Houellebecq is wesenlik ’n liriese digter en die meeste gedigte is deurtrek van melancholie en ’n gevoel van treurigheid oor verlore dinge en tye. Gelees as ’n enkele korpus, loop die verse wel soms die gevaar om in ’n mate van eenselwigheid met betrekking tot veral toonaard en tematiek (en, soms, beelding) te verval."
Die manifestasie van mens-masjien-verhoudinge in die Afrikaanse poësie (1990–2012): ’n kwantitatiewe en teksontledende beskouing
2018-05-24"Representasies van 1990 tot 1999 dui op ’n vervaging van grense en onderskeide tussen mens en masjien, maar die totale opheffing van grense is eers in representasies ná 2000 aantoonbaar. In dié opsig word die volledige integrasie tussen mens en masjien nie in alle gevalle positief uitgebeeld nie."
Die grammatikale en leksikale eienskappe van geselekteerde Afrikaanse gedigte
2018-05-10"Die manlike skrywers se poësie word gekenmerk deur leksikale woorde wat handeling en religieuse konsepte aandui, asook leksikale woorde wat met die dood te make het. Die vroulike skrywers se poësie word gekenmerk deur leksikale woorde wat na kognisie verwys, kreatiewe prosesse beskryf, en met voedsel en die konsep van 'tuiste' verband hou."
Verantwoordelike rolprentvervaardiging: etiek en toeskouerskap deur die lens van Michael Haneke se Amour
2018-05-02"Aangesien ons moderne samelewing deur die media oorweldig word, stel Michael Haneke voor dat filmmakers ’n verantwoordelikheid het om gehore aan te moedig om aan ’n film se betekenisskeppingproses deel te neem, veral wanneer dit kom by die uitbeelding van geweld."
Die ontleding van wetgewing en bestaande programme en dienste vir straatkinders in Suid-Afrika
2018-04-12"As daar in die beste belang van straatkinders opgetree moet word, sal al die uitdagings op die beste wyse aangepak moet word, ten spyte van nasionale en internasionale finansiële tekorte."
Die toepas van ’n kommunikatiewe model vir teksontleding ten einde ’n estetiese vertaling van Sint Jan van die Kruis se gedig "Noche oscura" te skep
2018-03-28"’n Teoretiese grondslag is wesentlik noodsaaklik vir enige gesprek rondom vertaling om op rasionele wyse te kan plaasvind en om vir die vertaler te laat besluit waarom ’n sekere keuse ’n beter oplossing as ’n ander moontlikheid is."
Letterkunde en die reg in die Middeleeuse epos Vanden vos Reynaerde met spesifieke verwysing na die Suid-Afrikaanse regstelsel
2018-03-22"Die sentrale gebeurtenis in die Middeleeuse literêre werk Vanden vos Reynaerde is die verhoor van die vos voor koning Nobel die leeu. Die epos bied om hierdie rede ’n insiggewende blik op die regsprosedure van sy tyd (die 13de eeu) – spesifiek die regsprosedure soos toegepas in die feodale Vlaandere."
Albert Camus: Eksistensialisme, die Afrikaanse wêreld en die taak van die verbonde intellektueel
2018-02-27"Albert Camus (1913–1960) was ’n denker wie se denke steeds van belang is. In hierdie bydrae word daar nie net op sy internasionale loopbaan gefokus nie, maar word sy denke ook in terme van die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse wêreld gekontekstualiseer."
Die Lacaniaanse Reële en grufilms: Die kommodifisering van die Reële? Enkele opmerkings oor die “martelporno”-genre
2018-02-22"Ná ’n bespreking van martelporno as genre en die vernaamste kritiese perspektiewe hierop, sal die reële Reële, die imaginêre Reële en die simboliese Reële as kapstokke gebruik word om die bespreking van die Reële in die Saw-filmreeks te belyn."
Die Lacaniaanse Reële en grufilms: Jennifer Kent se The Babadook (2014)
2018-02-22"Teen die agtergrond van hoofstroomontwikkelinge binne die grufilmtradisie oor die afgelope dekade of twee verteenwoordig The Babadook ’n veel ingewikkelder en meer genuanseerde omgaan met universele temas as waarop byvoorbeeld die martelpornogenre, wat tot redelik onlangs by die loket hoogty gevier het, kan aanspraak maak."
Van “housecoat” tot sekuriteitsuniform: die voorstelling van ’n aantal kledingstukke in Marlene van Niekerk se prosa
2018-01-24"Die onderskeie kledingstukke (en hul assosiasies met spesifieke karakters) toon aan die leser dat klere meer is as net die snit, materiaal of kleur daarvan. Uit die ontleding van die tekste blyk dit ook dat klere ten nouste gekoppel word aan identiteit en dat klere selfs simbolies kan wees van ’n omruil en uitruil van identiteite."
Plekgehegtheid binne stadsbeplanning: ’n literatuurstudie en voorstelle vir Afrikaanse terminologie
2017-12-21"Gesien binne die konteks van die multikulturele karakter van Suid-Afrika se dorpe en stede, kan navorsing oor plekgehegtheid positief bydra tot stadsbeplanners se kennis van plek, konflik rondom plek en hoe om plekbetekenisse en plekbande te gebruik om nuwe ontwikkeling kontekstueel te rig."
’n Klassikus se ontleding van N.P. Van Wyk Louw se Germanicus as ’n beeld van mag en onmag
2017-12-20"Hierdie artikel ondersoek die mate waarin N.P. Van Wyk Louw se Germanicus (1956) sy hoofbron, ’n werk van die Romeinse geskiedskrywer Tacitus, vernuwend aanwend, met klem op sy uitbeelding van mag en onmag."
Die Commedia (Komedie) van Dante Alighieri en musiek in die Purgatorium – Om te sing van daardie tweede ryk
2017-12-14"Die antwoord op die vraag of die lees van die Purgatorium ’n eietydse gelowige leser se verstaan en ervaring van die Paasgebeure kan verdiep, is nie ’n eenvoudige 'ja' nie."
Filosofie en die skrifkultuur
2017-12-06"Die menslike oor is volgens Pythagoras nie ingestel om hierdie konstante simfonie te hoor nie. Wat hy as 'klank' ervaar, is eintlik ’n kakofonie in die simfonie. Dit vereis ’n spesiale ingesteldheid om die ware simfonie, die logos, van die kosmos aan te hoor."
Kroniek van ’n mondigwording? ’n Mediageskiedkundige herevaluering van die WVK, Naspers en Afrikaanse joernalistiek
2017-11-30"Die begrip oop gesprek is veral ook van toepassing op die feit dat die gesprek rondom die interpretasie van, en nuwe narratiewe rondom, die Afrikaanse joernalistiek en die WVK voortgaande en 'oop' moet bly om nuwe moontlikhede en nuwe interpretasies te kan ontsluit."
Wording: die rol van die numineuse en mistiek in Sondag op ’n voëlplaas (2013) deur Johann Nell
2017-11-28"Binne die konteks van ander tekstuele middele lewer Nell se teks, veral deur die gebruik van numineuse en mistieke elemente, dus ’n kragtige blik op die menslike siel en die voortdurende soeke na psigiese integrasie."






