Willem Krog

Willem Krog is gebore op 18 November 1963 te Kroonstad in die Vrystaat, as die laaste van 5 kinders van Willem en Dot Krog. Sy susters en broers is in volgorde van ouderdom is Antjie, Pennie, Vyver en Kootjie. ‘n Idilliese plaaskinderlewe is wreed onderbreek deur wetsverpligte skoolonderrig in die tiranniese instellings wat as laerskole bekendgestaan het.

KI en kopiereg: kreatiewe skryfwerk van die masjien versus kreatiewe skryfwerk van ’n mens

Willem Krog Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2024-11-07

"Wat is kreatiewe skryfwerk egter anders as scraping? Skrywers scrape die taalreëls, skryfreëls, woordeboeke, ander boeke, die internet en wat ook al om kreatiewe werk te produseer. Mondelinge oorlewerings word ook gescrape vir idees in skryfwerk. Wat doen KI dan anders? Gebruik ek as skrywer nie bloot gereedskap in die vorm van ChatGPT om hierdie scraping vir my te doen nie?"

Outeursreg van ’n gedig en KI – Hugo, bel die polisie!

Willem Krog Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2024-10-18

"KI gaan verder as net ChatGPT. Grammarly, speltoetsers ens gebruik almal ’n vorm van KI om te help. Het ek dus net outeursreg op my verkeerd gespelde en ongrammatikale werk?"

In die rede geval deur Charl-Pierre Naudé: ’n lesersindruk

Willem Krog Boeke en skrywers 2024-08-28

"Ten slotte kan die boek aanbeveel word vir almal wat ernstig oor lees is, hoewel dit geensins ontspannend of maklik is nie. Dit verskaf ’n handvatsel wat vir die leser verrykende ervarings kan bied ten spyte daarvan dat daar nie met alle redevoering saamgestem hoef te word nie."

Gebeente deur Etienne van Heerden: ’n lesersindruk oor juridiese perspektiewe

Willem Krog Lesersindrukke 2024-04-10

"In Gebeente gebruik Van Heerden op ’n uiters innoverende manier kernelemente uit die regsfilosofiese werklikheid, soos regspositivisme, pandektisme, regsnihilisme en die postmoderne manifestasie van verskillende (en dalk uitgediende) regsfilosofieë."

Still life by Zoë Wicomb – reader impression

Willem Krog Books and writers 2021-03-04

"If there is a recent literary work that can serve as an important example for fiction writers, Still life, in my view, is it."

Skrywersonderhoud: Willem Krog oor Alleen onder die maan

Remona Voges, Willem Krog Skrywersonderhoude 2020-05-06

"Om op ’n plaas groot te word was ’n reusevoorreg, maar ’n ontsettende onreg teenoor die baie grondloses in ons land. Dit is hierdie teenstrydigheid wat die fassinasie bring, want hoekom is so ’n idilliese plek dan ook ’n onreg?"

Die impeachment-sirkus

Willem Krog Menings 2020-02-05

“Maar die aanhoudende fasade van verontregting deur die Trump-span en die aanhoudende kammageveg vir eerlikheid deur die Raad van Verteenwoordigers hou so lank aan dat jy begin vergeet dat dit enigiets met die werklikheid te doen het.”

Skote in die nag: Is Joburgers nou lafaards?

Willem Krog Menings 2020-01-14

"Wat Joburg se onderwêreld gedoen het, was om konstant ’n spieël op te hou sodat inwoners weet dat die blink en goud ook ’n donker kant het."

Lesersindruk: Submission deur Michel Houellebecq

Willem Krog Boeke en skrywers 2016-02-01

"Die boek is natuurlik gehul in omstredenheid, omdat dit verskyn het op die dag van die aanval op die Charlie Hebdo-kantore in Parys met Houellebecq op die voorblad van daardie dag se uitgawe van die Hebdo-publikasie."

Lesersindruk: Recce deur Koos Stadler

Willem Krog Resensies 2015-12-02

Wie en wat was die recce? Willem Krog skryf: "Koos Stadler maak op vele vlakke korte mette met die mites."

Top