Skrikbeeld staar uit die toekomsspieël: ’n lesersindruk van Water deur Hein Griesel
2025-12-18"Water, wat grootliks in ’n 'nabye' toekoms” afspeel, lewer skerp sosiale kommentaar op lesers se huidige wêreld waar brutale sosiopolitieke skendings toeneem wat kan lei tot ’n woesteny waar die mees basiese lewensmiddele, soos kos en water, onbekombaar gaan wees."
Die helfte is jou nie vertel nie deur Thérèse Bartman: ’n resensie
2025-09-30"Die bundel verleen stem aan ontmagtigdes en diegene wie se lewens nooit wasdom bereik het nie. Dis egter die wyse waarop dit gedoen word wat die bundel as ’n juweel laat uitstaan met die klanksnitte se atmosfeerskeppende musiek, die grafiese materiaal, en taal wat soms die tekstuur van warm heuning het en dan weer pynlik steek soos lemmetjiesdraad wat ’n konsentrasiekamp afkamp."
Toyota Innibos Kaapsche Hoop poësiewerkswinkel en boekenaweek
2025-09-03"Die skilderagtige dorpie Kaapsche Hoop, geleë in Mpumalanga, het tussen 29 en 31 Augustus gewemel van boekgeesdriftiges wat die Innibos Boekenaweek bygewoon het." Hier is Mimi de Vries se indrukke en foto’s van die fees.
Gevarieerdheid en inklusiwiteit laat Merang vonkel: ’n lesersindruk
2025-07-03"Die veelkleurige voorplat en titel – merang beteken 'fees' in Kaapse Moslemafrikaans – stel ’n poësiefees gekenmerk deur vele tongvalle en style en verskeidenheid in die vooruitsig."
François Loots se Twyfelbos sleur mee: ’n lesersindruk
2025-06-23"Lesers kan hul verlustig in die taalgebruik waarmee die landskap, see en dierelewe beskryf word, en dit doen nie oordadig of herhalend aan nie, omdat dit naatloos vervleg word met reisgegewe. Fynbosprag word reeds op die voorplat in die vooruitsig gestel."
Afrikaanse vreugdevure brand hoog
2025-05-26"Terwyl sprekers van Afrikaans landswyd die 100-jarige bestaan van Afrikaans as amptelike taal vier en deelneem aan AfrikaansAmptelik100 se vele projekte, loods talle instansies ook hul eie inisiatiewe. Op Dinsdag 6 Mei het die Pretoria Afrikaanse Poësiegroep Afrikaans op luisterryke wyse gevier met ’n optrede deur die Silver Sounds-sanggroep en sprekers."
Jan van Tonder besiel Pretoria-leeskringlede
2023-05-08"Met Covid-ontwrigting voorlopig iets van die verlede, is Pretoria se jaarlikse gesamentlike leeskringbyeenkoms weer vanjaar aangebied met die swier wat in die verlede kenmerkend was van dié geleentheid. Dié uithalergeleentheid het plaasgevind op 6 Mei."
Lesersindruk: Swart swaan deur Wilken Calitz
2020-06-26"Die uitstaande kenmerk van Swart swaan wat verseker dat die roman nie bloot net nog ’n plaaslike middelmatige skop-skiet-en-donder -verhaal is nie, is die toetrede van die element van fantasie."

