Laurie Gaum

Laurie Gaum noem homself ’n spirituele aktivis wat die hart van ’n kunstenaar het en in heling geïnteresseerd is. Hy werk saam met die nieregeringsorganisasie Genderworks en fasiliteer werkswinkels in gender en seksualiteit.

Opgedateer/Updated: 2021-07-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Robert: A queer and crooked memoir for the not so straight or narrow deur Robert Hamblin: ’n resensie

Laurie Gaum Resensies 2021-06-30

"Hy gee ons ’n tintelende blik op waar queerheid sigself tans bevind, beleë insig in hoe dit die afgelope dekades veral in ’n wit Suid-Afrikaanse konteks gevorm is, en weerkaats die reënboog van hoe die nabye toekoms kan lyk. Maar tog vertel Robert eenvoudig hoe dit is en was in die lyf van een mens, en oorrompel jou met ’n storie wat anderkant Pride-maand bly verlos."

Resensie: Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe deur Johannes de Villiers

Laurie Gaum Resensies 2020-03-25

"Die skrywer se geloofwaardigheid lê daarin dat wat hy sê gerugsteun word deur antieke tradisies, goeie navorsing en sy eie jarelange mindfulness- en meditasiepraktyk."

Resensie: Oorlog en vrede – Die morele verbeelding van die mens deur Willie Esterhuyse

Laurie Gaum Resensies 2020-01-29

"Sóveel gemaklikheid met jou veld en só 'n greep op die geskiedenis kan slegs later in die lewe bereik word wanneer terúggekyk word."

Boekresensie: Mans en hulle wonde deur Cas van Rensburg

Laurie Gaum Resensies 2019-08-22

"Wat my interesseer het, is dat die Kerk (generies gesien) dikwels as plaasvervanger vir die moeder dien. Seuns moet analoog aan sprokies op ’n 'heldereis' gaan waarvoor hulle manlike mentors nodig het. Maar dan moet jy ook 'begin by jou pa' en jou pa 'agterlaat' deur hom te leer ken of verstaan."

Vir mans deur Johan Ferreira: ’n resensie

Laurie Gaum Resensies 2019-06-27

"Die verhalende trant waarmee hy ’n reeks situasies skets waarmee mans te doen kry, en hulle simptome, maak die boek toeganklik. Ferreira is reg wanneer hy inleidend sê dat jy jou waarskynlik êrens in die boek gaan raaklees."

Die braambos bly brand, saamgestel deur Pieter Malan en Chris Jones: vars uitkyk van nie-teoloë

Laurie Gaum Resensies 2018-12-11

"Wat vir my opvallend met die lees van Braambos is, is hoe min 'aggressiewe ateïsme' daar tussen die blaaie van hierdie boek te vinde is. Die samestellers Pieter Malan en Chris Jones verdien ’n pluimpie vir die produk wat hul aanbied: dis kraakvars en propvol."

Boekresensie: Woestynwysheid deur Ronelle Bezuidenhout

Laurie Gaum Resensies 2015-08-07

"Die boek het my op verskillende vlakke gekonfronteer. Dit is een vir herkou en integreer in ‘n leeftyd se inoefening."

'n Volk se ontwaking?

Laurie Gaum Menings 2014-03-25

"Watch this space," skryf Laurie Gaum.

Onderhoudend: Helena van Coller

Helena van Coller, Laurie Gaum 2014-03-12 Laurie Gaum stel ’n paar vrae aan Helena van Coller na aanleiding van haar onlangse LitNet Akademies-artikel getiteld "Homoseksuele predikante: ’n Regs- en morele dilemma".

Die taal van ’n nuwe menslikheid

Laurie Gaum 2013-08-21 Oor die legitimiteit van openbare vakansiedae kan seker baie gesê word. Die manier waarop dit gevier word, is in ’n groot mate tekenend van die verdelingslyne wat steeds in ons samelewing lê. Laurie Gaum en Amelia Burger het Vrouedag ligtelik én met erns by Kunstekaap deurgebring.

Sensitiewe gees op pelgrimsreis deur lewe

Laurie Gaum 2013-08-08 Soeker, die grondig hersiene en uitgebreide weergawe van Pieter Cilliers se ‘n Kas is vir klere, praat nou ook Engels. Onder die pragtige titel Pilgrim verskyn die uitstekende vertaling van eersgenoemde boek waarin Kas as eerste deel opgeneem is.

Julle kan nie ’n egte gemeenskap sonder ons wees nie

Laurie Gaum 2013-08-01 Laurie Gaum lees en bespreek Eileen en Geoff Stenekamp se Homoseksualiteit – ’n studie deur die ouers van ’n gay seun.
Top