JB Roux

JB Roux se eerste kortverhaal is op negentienjarige ouderdom in Rooi Rose gepubliseer. Daarna het hy dertien jaar lank elke jaar tydens parstyd by verskeie wynmakerye in die Boland gewerk, en homself die res van die jaar met skryfwerk aan die lewe gehou. Die afgelope agt jaar is hy voltyds doening met “boekerige dinge”: hy skryf gereeld kortverhale, artikels en resensies vir verskeie koerante en tydskrifte. Hy keur ook manuskripte vir uitgewers en het sowat twintig ligte romans gepubliseer. Wilde lote, sy jongste roman, is pas vrygestel.

JB bly aan die Weskus. Wanneer hy nie voor die rekenaar besig is nie, stap hy teen die see, kuier met familie of probeer teen wil en dank ’n paar blommetjies in die Weskus se sand aan die groei kry.

Opgedateer/Updated: 2006-08-07
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Ver wink die Suiderkruis se heruitgawe ’n welkome verrassing vir storieliefhebbers

JB Roux 2009-03-12 Dié roman het aanvanklik in 2006 verskyn en is onlangs, waarskynlik te danke aan Tussen Stasies se sukses, heruitgegee.

Eksodus 'n ontroerende en meesleurende ervaring

JB Roux, JB Roux 2008-09-19 Die Bybelse roman, oftewel die fiktiewe uitbeelding van 'n stuk Bybelgeskiedenis, is 'n genre op sy eie. Francine Rivers en Beth Moore se boeke word gereeld in Afrikaans vertaal. Jare gelede was daar FA Venter se Nabot se wingerd. Daar het meer ...
Top