Hennie Aucamp

Hennie Aucamp is op 20 Januarie 1934 in Dortrecht, Noordoos-Kaapland gebore. Hy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy die volgende kwalifikasies behaal: BA, SOD, MA en DEd. Hy het ook in België en New York studeer. Aucamp was tot sy uittrede in 1994 aan die Universiteit van Stellenbosch verbonde.

Toekennings op skryfgebied sluit onder andere die volgende pryse in: Tafelberg-prys (1970); WA Hofmeyr-prys (saam met Chris Barnard, 1974); ATKV-toneelprys (1980); Hertzogprys (1982); Fleur du Cap-prys vir die beste inheemse toneelteks van die jaar (1987); Recht Malan-prys (1997).

Aucamp verwerf bekendheid as akademikus, dramaturg, kaberet- en kortverhaalskrywer, en digter. Hy lewer deur die jare ‘n magdom bydraes op hierdie onderskeie gebiede.

In 2004 het die boek ‘n Skrywer by sonsopkoms by African Sun Media verskyn, ter viering van Aucamp se sewentigste verjaarsdag.

 

Opgedateer/Updated: 2006-09-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Die waarheid is 'n konsentraat

Hennie Aucamp, Hennie Aucamp 2008-09-24 To quote a queer: a compendium of wit, wisdom, and devastating remarksJohn Lessard (red)Sagteband479 bladsyePhiladelphia: Quirk BooksISBN: 978-1-59474-223-1Klik op die omslag van die boek om jou kopie by kalahari.net te bestel.'n Bloemlesing ...

Mooiloop | LitNet-skrywersdorp: Waar die wolke middag maak

Hennie Aucamp 2008-07-03 Daar waar die Stormberg en die Bakenberg jou in die Oos-Karoo se kom veilig hou, en waar die reën sy stippelgordyn oor die droë veld laat hang, is waar Hennie Aucamp se grootword lê. So tussen gister se herinneringe en vandag se ...

Twee gay-gedigte

Hennie Aucamp Boeke en skrywers 2008-05-12

Tema is onverskillig, en hieruit volg dat homofobie net so ’n geldige tema as homofilie is, mits hierdie temas literêr oortuigend vergestalt word.

Koos Prinsloo se wenverhaal, "Die wond"

Hennie Aucamp 2008-03-27 In 1991 was ek vir ’n tweede keer die hoofbeoordelaar vir De Kat se groot kortverhaalwedstryd. Dit was ’n spanningsvolle aangeleentheid, want die verhale in die eindliga was uitmuntend en het, gehaltegewyse, só na aan mekaar ...

Ander hoofde, ander sinne:oor dagboeke; veral twee

Hennie Aucamp Menings 2008-03-17 Die gay skrywer het ’n belangrike bydrae tot die dagboekliteratuur van die twintigste eeu en tot op hede gelewer. In die twee belangrikste dagboek-bloemlesings van onlangse tye, The Assassin’s Cloak: an anthology of the World’s greatest diarists (2000) en The Secret Annexe: an anthology of War Diaries (2004), saamgestel deur die Skotse egpaar Irene en […]

Die opgesmukte seun: ’n verhaal uit Gay New York, circa 1890

Hennie Aucamp Seminare en essays 2008-02-11 “I cannot help vanishing, disappearing and dissolving. It is my foremost trait.” : Stephen Crane in ’n brief aan Ripley Hitchcock, 1896. “Lives do not have plots, only biographies do.” : Guy Davenport in sy opstel “Stephen Crane”, The Hunter Gracchus, 1996. 1 Die gay gemeenskap is geneig om selebriteite vir die “clan” op te […]

Die gay cowboy

Hennie Aucamp Film 2007-12-05

We loved each other in the way men do And never spoke about it, Al and me,But we both knowed, and knowin’ it so true Was more than any woman’s kiss could be. Badger C. Clark, The Lost Pardner.

1
...

Edmund White van naderby

Hennie Aucamp 2007-11-20

C Louis Leipoldt: 'n Fiktiewe Portret
2006

Hennie Aucamp 2007-06-29 Die geromanseerde lewensbeskrywings van Karel Schoeman is 'n onderverkende faset van sy oeuvre, wat enigsins vreemd is, aangesien dié vies romancées, om Kannemeyer se terminologie te gebruik, kennelik wegbereiders is vir sy latere ...

Die erns agter die masker
2007

Hennie Aucamp 2007-06-29 ’n Betoog vra soms dat ’n woord na sy oerbetekenis herlei word. In die geval van David Kramer is dit gepas om te onthou dat persona ’n teaterbegrip is en in Griekse tye "masker" beteken het. Hoe kom persoonlikhede soos Charlie Chaplin ...

'n Lyntekening, ja, maar is hy straight?
2005

Hennie Aucamp 2007-06-14 Dit is dalk bloot toevallig, maar van die bekendste lyntekeninge van die twintigste eeu is van gay kunstenaars wat heel dikwels die manlike naakt geteken het, soos Cocteau, Andy Warhol en David Hockney. Hierby kan gevoeg word die graffiti- ...

Die lyf as landskap
2005

Hennie Aucamp 2007-06-13 Aan die nagedagtenis van Sheila Cussons, wat geen onderskeid getref het tussen sensualiteit en mistiek nie. Die naaktfiguur in die kunste - of wat ons vandag met terugskouende wysheid kunste noem - is so oud soos die mensheid self, en kom voor ...

Verwyderd die uwe, Henry James
2004

Hennie Aucamp 2007-06-13 Colm Tóibín is 'n eietydse Ierse skrywer wat in Ierland woon en werk. Sy status as romanskrywer en essayis groei met elke nuwe publikasie, sy seksoriëntasie ten spyt, want die gehalte van sy werk is so onomstootlik dat dit alle ...

Die subteks van 'n ysberg
2004

Hennie Aucamp 2007-06-13 Die onvoltooide kunswerk, of dit nou 'n musiekkomposisie, 'n skildery of 'n literêre werk is, hou 'n groot bekoring vir die navorser sowel as die leek in, maar ook verleiding. Gestel ék kon dié werk end-uit voer, is die vraag wat kreatief- ...

Dryfhout: die ontstaansgeskiedenis
2004

Hennie Aucamp 2007-06-13 In sellofaan verseël DJ Opperman het gesê hy praat nie oor brood in die oond nie. Dis 'n wyse beleid wat gerus deur ander skrywers gevolg kan word, want die muse is 'n kribbige ou dame wat geheimhouding van haar kliënte eis, en by ...
Top