Hennie Aucamp

Hennie Aucamp is op 20 Januarie 1934 in Dortrecht, Noordoos-Kaapland gebore. Hy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy die volgende kwalifikasies behaal: BA, SOD, MA en DEd. Hy het ook in België en New York studeer. Aucamp was tot sy uittrede in 1994 aan die Universiteit van Stellenbosch verbonde.

Toekennings op skryfgebied sluit onder andere die volgende pryse in: Tafelberg-prys (1970); WA Hofmeyr-prys (saam met Chris Barnard, 1974); ATKV-toneelprys (1980); Hertzogprys (1982); Fleur du Cap-prys vir die beste inheemse toneelteks van die jaar (1987); Recht Malan-prys (1997).

Aucamp verwerf bekendheid as akademikus, dramaturg, kaberet- en kortverhaalskrywer, en digter. Hy lewer deur die jare ‘n magdom bydraes op hierdie onderskeie gebiede.

In 2004 het die boek ‘n Skrywer by sonsopkoms by African Sun Media verskyn, ter viering van Aucamp se sewentigste verjaarsdag.

 

Opgedateer/Updated: 2006-09-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

'n Koppige relaas
2004

Hennie Aucamp 2007-06-13 ’n Skrywer is nie altyd bewus van die rigting(s) in sy eie werk nie, het Van Wyk Louw gesê, en dis ’n goeie ding, wil ek hieraan toevoeg, want ’n alte bewuste “program” kan die vrye vloei van kreatiwiteit belemmer ...

HE Bates en die derde stroom

Hennie Aucamp 2007-06-13

Die erns agter die masker

Hennie Aucamp 2007-05-09 1 ’n Betoog vra soms dat ’n woord na sy oerbetekenis herlei word. In die geval van David Kramer is dit gepas om te onthou dat persona ’n teaterbegrip is en in Griekse tye "masker" beteken het. Hoe kom ...

Agter elke storie

Hennie Aucamp 2007-05-03 Praatjie gelewer op 6 Maart 2007, as deel van die Sanlam | LitNet Kortverhaalslypskool op die Woordfees. Die skryfster Doris Lessing is nie besonder gretig om met ontluikende skrywers te praat nie. Wat sy vir hulle te sê het, kom op die volgende neer: Vind uit wat dit is wat vir jou energie genereer, want […]

Blues vir ’n verdronke stad

Hennie Aucamp 2006-08-02

ABSA Ketting: Abraham H de Vries gesels met Hennie Aucamp

Hennie Aucamp, Hennie Aucamp, Abraham H de Vries 2006-07-28 "Ek wil graag wegstuur van die gewone vrae en jou probeer uitlok."  Abraham de Vries stel vrae aan Hennie Aucamp 

ABSA Ketting: Hennie Aucamp gesels met Johann de Lange

Hennie Aucamp, Hennie Aucamp, Johann de Lange 2006-07-28 Ek glo dat 'n skrywer aanwesig is in alles wat hy skryf, van 'n resensie tot 'n gedig. Is jou “ander selwe” voelbaar bewus van mekaar, of meer prakties gestel: leer De Lange, die digter, van De Lange die kortverhaalskrywer, ...

Mont du Toit Wynkwatryn: Hennie Aucamp

Hennie Aucamp 2006-07-27
Top