Helize van Vuuren

Helize van Vuuren is besondere hoogleraar ("distinguished professor") aan die Nelson Mandela Universiteit in Port Elizabeth, Oos-Kaap. Outeur van ’n studie oor NP van Wyk Louw se Tristia uit 1962, enTristia in perspektief (1989) (uit druk, hier aflaaibaar: https://www.academia.edu/24317115/Tristia_in_perspektief), asook A necklace of springbok ears (2016). Laasgenoemde handel oor GR von Wielligh se /Xam Boesman-argief en die wisselwerking daarvan met (Suid-)Afrikaanse letterkunde. Dit sluit ekokritiese besinning oor die Antroposeen in, sowel as 'n draad wat deurloop vanaf die eerste opgetekende mites en verhale van die eerste mense in die land, die /Xam Boesmans, tot by "Vuurbees" van DJ Opperman.

Vroeër het Sluiswagter by die dam van stemme (2002) verskyn, met Willie Burger as mede-redakteur. Dit is die enigste boeklengte versameling kritiese beskouings oor die werk van romanskrywer-historikus, Karel Schoeman (met bydraes van onder meer JM Coetzee, Graham Pechey, Louise Viljoen en ander toonaangewende kritici).

Gesant van die mispels en In die stille agterkamer deur Marlene van Niekerk: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Helize van Vuuren Resensies 2018-08-08

"Van Niekerk gooi met haar nuwe werk ’n Nietzscheaanse tou oor die afgrond na lesende kritici, kritiese lesers, gewoond om 'teen die grein' en vryblywend te beoordeel, te evalueer en te kategoriseer. Nie langer kan kritici afstandelik, veilig en vanaf die verte sonder emosionele betrokkenheid skryf nie."

Uittogboek deur Johan Myburg: ’n resensie

Helize van Vuuren Resensies 2017-10-11

"Dis nie moeilik om in die idee van die dooie taal Latyn, indertyd nog lewende spreektaal, ’n parallel met die gevreesde lot van Afrikaans te lees nie."

Die derde spoel deur SJ Naudé: ’n resensie

Helize van Vuuren Resensies 2017-08-02

"Selde is ek so beetgepak deur ’n Afrikaanse roman, so gefassineer en beïndruk, so besig gehou, selfs na ’n tweede lees. Met SJ Naudé se Die derde spoel is daar ’n formidabele nuwe stem in Afrikaans, stewig gevestig."

Karel Schoeman: Meester-klipkapper van die Afrikaanse woord

Helize van Vuuren In memoriam 2017-05-05

"Ons gedenk jou, meester-klipkapper van die Afrikaanse woord, wat ons met nuwe oë na die land en sy mense laat kyk."

Indeks deur Joan Hambidge, ’n resensie

Helize van Vuuren Resensies 2017-02-22

"Joan Hambidge se Indeks is ’n veelfasettige en waardige toevoeging tot haar oeuvre, én tot die groeiende aantal laatwerkbundels in Afrikaans."

Ope brief aan Piet Croucamp

Helize van Vuuren Menings 2016-04-15

"U het as politokoloog duidelik nie ’n snars begrip van Breyten Breytenbach se meesterlike bydrae tot die Afrikaanse poësie oor meer as 50 jaar nie (1964-2016)."

Onderwyser se navraag beantwoord: hier is hulp om Ingrid Jonker se werk te verstaan

Helize van Vuuren Skole 2015-09-08

Karin Mitcham het onlangs mbt skolehulp by LitNet aangeklop. Helize van Vuuren snel haar, onderwysers en leerders te hulp met navorsingsmateriaal wat in hierdie artikel afgelaai kan word.

Resensie: Die mond vol vuur. Beskouings oor die werk van Breyten Breytenbach

Helize van Vuuren 2015-02-24 Louise Viljoen word beskou as een van die grootste kenners van Breyten Breytenbach en bespreek se oeuvre by US Woordfees 2015 met Francis Galloway. Hier resenseer Helize van Vuuren Viljoen se studie, Die mond vol vuur.

LitNet Akademies-resensie-essay: Mede-wete deur Antjie Krog

Helize van Vuuren 2014-12-03 "Mede-wete is vir die ernstiger poësie-liefhebber ’n bundel wat saam met Kaar van Marlene van Niekerk en Breytenbach se vyf-en-veertig skemeraandsange tot absolute hoogtepunte van die afgelope twaalf maande behoort."

Die onderrig van klassieke literêre tekste en die skoolkurrikulum

Carine Janse van Rensburg, Heilna du Plooy, Eep Francken, Joan Hambidge, Michael le Cordeur, Henning Pieterse, Lina Spies, Helize van Vuuren, Danie van Wyk 2014-11-14 Het die onderrig van klassieke literêre tekste nog plek in die skoolkurrikulum? ’n Paar kenners gee hul mening.

Onderhoudend: Helize van Vuuren

Helize van Vuuren, Henning Snyman 2014-05-08 Met die uitvoerige ontleding van die gedig "Vuurbees" in haar artikel ontstaan die vraag: Is hierdie gedig werklik deel van Opperman se laatwerk? Is dit vanweë die ontstaanstyd of is daar kenmerke in die teks wat dit as laatwerk onderskei? Dus: hoe word "laatwerk" bepaal?

LitNet Akademies-leesgoed: Helize van Vuuren

Helize van Vuuren 2014-04-23 "Boeke wat ek onlangs gelees het, gaan oor 'moeilikhede': die onopgewassenheid van ons as lesers vir die begrip van ondeurdringbaar-gewaande postmoderne poësie, en ons benarde posisie as aardbewoners wat immer versnellende klimaatsverandering in die gesig staar."

D.J. Opperman se laatwerk

Helize van Vuuren 2014-04-15 Dié navorsing oor D.J. Opperman fokus op Celan, Dolosse van 1963 (spesifiek gefokus op “Vuurbees”), Opperman en N.P. Van Wyk Louw se digterlike mededinging, en op Opperman se twee soorte laatwerk wat nie inpas in enige bekende patroon van laatwerk soos beskryf deur teoretici nie.

Onderhoudend: Jean Lombard

Jean Lombard, Helize van Vuuren 2014-04-02 Jean Lombard oor kwessies van mite en moraliteit.
Top