Helize van Vuuren

Helize van Vuuren is besondere hoogleraar ("distinguished professor") aan die Nelson Mandela Universiteit in Port Elizabeth, Oos-Kaap. Outeur van ’n studie oor NP van Wyk Louw se Tristia uit 1962, enTristia in perspektief (1989) (uit druk, hier aflaaibaar: https://www.academia.edu/24317115/Tristia_in_perspektief), asook A necklace of springbok ears (2016). Laasgenoemde handel oor GR von Wielligh se /Xam Boesman-argief en die wisselwerking daarvan met (Suid-)Afrikaanse letterkunde. Dit sluit ekokritiese besinning oor die Antroposeen in, sowel as 'n draad wat deurloop vanaf die eerste opgetekende mites en verhale van die eerste mense in die land, die /Xam Boesmans, tot by "Vuurbees" van DJ Opperman.

Vroeër het Sluiswagter by die dam van stemme (2002) verskyn, met Willie Burger as mede-redakteur. Dit is die enigste boeklengte versameling kritiese beskouings oor die werk van romanskrywer-historikus, Karel Schoeman (met bydraes van onder meer JM Coetzee, Graham Pechey, Louise Viljoen en ander toonaangewende kritici).

J.M. Coetzee se Summertime (2009) as laatwerk

Helize van Vuuren 2013-08-13 "Min toegewings word aan die leser gemaak, tipies van ouer skrywers in die laatwerkperiode, wat meer konsentreer op laaste werke waarmee hulle hul eie vermoëns uitdaag en minder op die kommunikatiewe aspek van werke."

LitNet Akademies-resensie-essay: katalekte deur Breyten Breytenbach – 'n Boeiende gesprek met van die grootstes

Helize van Vuuren 2012-12-05 "Met katalekte (artefakte vir die stadige gebruike van doodgaan) bring Breytenbach verse van besonderse kwaliteit. Ook voer hy ’n boeiende gesprek met van die grootstes, al vertoef hul lankal in die 'grot van die gesalfde likkewaan' ..."

Rotskuns as piktografiese rotstaal of vroeë Suider-Afrikaanse skrif-op-klip

Helize van Vuuren 2012-10-15 "Die idee van rotskuns as "dream writing" is nie nuut nie. Johan van Wyk het al in 1994 in die eerste uitgawe van Alternation hieroor geskryf ..."

Imagining Professor Yo Ming: A review of The Cambridge History of South African Literature

Helize van Vuuren 2012-09-26 "Literary history has been called the "impossible genre". David Attwell and Derek Attridge have proven that it is not so, and that this genre is constantly evolving into newer forms. The gauntlet has been thrown down. Teamwork has brought us this present thought-provoking work."

Boekedag 2012: Helize van Vuuren kies 'n karakter

Helize van Vuuren 2012-04-19 As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom? 

Vertaalkompetisie: Rooi

Helize van Vuuren 2012-02-27

John Kannemeyer (1939–2011)

Helize van Vuuren 2011-12-27

Gedeeltes van Wildvreemd boei

Helize van Vuuren 2011-12-06 Die motto voorin Wildvreemd is uit die Jungiaanse analis en storieverteller Estés se Women who run with the wolves. Contacting the power of the wild woman (1992): “Nag na nag word ons gebore uit dieselfde wilde droom.” Die wolf is vir Estés die argetipe ...

“’n Almanak van klippe”: Laatwerk en Breyten Breytenbach se Die beginsel van stof (laat-verse, sprinkaanskaduwees, aandtekeninge)

Helize van Vuuren 2011-11-30 Teoretiese aspekte van laatwerk en laat styl, soos uiteengesit deur veral Theodor W. Adorno, Kenneth Clark en Edward Said, word gebruik om Breytenbach se “skemerbundel”, Die beginsel van stof, te ontleed. Vanuit ’n vergelykende literêre ...

Die marginale subjekposisie van die Afrikaanse skrywer - Etienne van Heerden se Asbesmiddag

Gideon Strydom, Helize van Vuuren 2011-09-28 In hierdie artikel word teoretiese kwessies rakende die letterkunde, soos die marginale subjekposisie van die romanskrywer/akademikus en van die Afrikaanse letterkunde in die eietydse sosiopolitieke sfeer, binne die fiksionele konteks van die eietydse ...

Die beginsel van stof – besonder verwikkeld en ryk

Helize van Vuuren, Helize van Vuuren Resensies 2011-05-04

“Hier is ek nou terug/ uit die seisoen van verstrooiing” vertel die digter in sy jongste bundel, met “’n doos vol woorde gepak gedun uit verse/ oor die jare”. Hierdie verse is soos ’n “vel van onthou”. Die bundeltitel word verduidelik in die prosagedig “(toe ...

Duiwelskloof: geskiedenis, storie en oraliteit

Helize van Vuuren, Anne-Mart Kruger LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-02-26

"André P. Brink se Duiwelskloof bied perspektief op die belangrikheid van orale tradisie in die samelewing deur te kyk na die rol wat stories in ’n gemeenskap speel."

Ander lewens nie vir die literêre fynproewer

Helize van Vuuren, Helize van Vuuren 2008-05-06

Plagiaat, navolging en intertekstualiteit by die vorming van literêre reputasies
2000

Helize van Vuuren 2007-06-13 “One out of ten authors of established reputation plunder recondite, neglected, or forgotten books” - Edgar Allan Poe ”Ein wenig borgen bei einem oder einigen andern zeigt Bescheidenheit; welch eine Ungeselligkeit, sich ganz ...
Top