Bargoens
2024-10-10"Teen die aand hoor hy Jamila se stem buite die venster. Sy staan daar tussen die wingerdstokke, onder ’n gerfie sterre. Sy wink hom nader. Op haar rug is ’n bondel klere en stukkies huisraad: tonteldoos, ketel, slagmes, braaipan, teeblik, kooigoed en watersak. Ook ’n kardoesie growwesout, droëvrugte, tabakrolle, bokkoms en ’n boesel broodmeel."
’n Huldiging: Karel Schoeman, stiltes en stemme deur Willie Burger – grootse skrywer se lewe en werk veelkantig belig
2024-04-10"Schoeman was ’n grootse skrywer wat nie net gemarginaliseerde historiese figure aan die vergetelheid ontruk het nie, maar ook homself, danksy sy onveergeetlike boeke."
Vier susters: ’n onderhoud met Gerda Taljaard
2023-01-17"Ek wou juis ’n histories-gebaseerde roman skryf waar vroue die hoofpersonasies is, want vroue se rol in die geskiedenis is nog altyd onderbeklemtoon – of word bloot ontken."
Resistance against a phallocentric world: a psychoanalytical interpretation of ’n Hart is so groot soos ’n vuis as a bildungsroman
2022-11-23"This article also confirms the value of P.P. Fourie’s novel within the Afrikaans literary system, as it confronts current issues concerning gender and violence against women and children, as well as the experience and processing of trauma, in an authentic, unsentimental way."
Verset teen ’n fallosentriese wêreld: ’n psigokritiese interpretasie van P.P. Fourie se ’n Hart is so groot soos ’n vuis as bildungsroman
2022-11-23"Deur ’n Hart is so groot soos ’n vuis psigokrities te ontleed, is die waarde van die literatuurpsigologie as ’n sleutel tot teksinterpretasie (her)bevestig, veral wat die psigoanalitiese ontleding van bildungsromans betref."
Plek van poue as Gotiese roman
2020-09-23Die Gotiese roman is nie net veronderstel om “genotvolle verskrikking” te bied aan lesers met ’n morbiede fassinasie met die dood en die makabere nie, maar die Gotiek spreek ook dikwels op indirekte wyse sosiale euwels aan.
As jy van moord droom deur Deborah Steinmair: domestic noir op sy beste
2020-03-31"Steinmair skryf hier met ’n vaardige gestropenheid, met 'woorde so blink soos messe', wat As jy van moord droom heerlik leesbaar maak. Sy is, soos haar karakters, ’n vrou vir woordekonomie, wat net die nodigste binne ’n bestek van 299 bladsye sê, sonder onnodige 'story fillers' en mooiskrywery."
Toyota US Woordfeesbundel 2020: ’n onderhoud met Gerda Taljaard
2020-02-11"Vandaar die verhaaltitel 'Drakebloed', wat nie net verwys na ’n soort toksiese plant wat die hoofkarakter gebruik om haar planne ten uitvoer te bring nie, maar ook na die aard van al drie karakters."
’n Novelle met ’n klankbaan: ’n ontginning van die musiekintertekste in Jeanne Goosen se Louoond
2019-02-26"Die musiek waarna die verteller in Louoond luister, verryk nie net die teks deur die verbande wat die leser kan lê tussen die verhaalgegewe en musiekintertekste nie, maar as 'klankbaan' verleen dit ook ’n melancholiese atmosfeer aan ’n droewige tyd van politieke onreg in Suid-Afrika."
Die hond wat ophou blaf het deur Jo Nel: ’n resensie
2018-08-22"Reeds met die optel van die boek vermoed die leser dus dat die bose en dood, soos dit enige goeie sielkundige riller betaam, heeltyd net onder die oppervlak teenwoordig sal wees; dat dit soos in NP Van Wyk Louw se ‘Ballade van die bose’ immer in die karakters se spoor sal trap ‘soos ’n goeie hond’."
Hartlam, kortverhale oor die liefde: ’n onderhoud met Deborah Steinmair en Gerda Taljaard
2017-10-17"Daar is ’n hele aantal verhale wat wel gaan oor romantiese liefde, maar beslis nie almal nie, want romantiese liefde is maar net een manier waarop die mens kan liefhê. Die liefde is sekerlik die mees genuanseerde menslike emosie, en liefde lê soms baie naby aan haat."
Die laksman se dogter: ’n onderhoud met Gerda Taljaard
2017-08-21"Rosaria onthou ook haar eie jeug, hoe sy as kind deur haar twee ouer susters afgeknou is. Sy besef haar aandeel in haar dogter se middelafhanklikheid, sowel as in haar mislukte huwelik."
The impact of the Gothic on Afrikaans literature: an investigation into the existence of a distinctive Afrikaans Gothic by means of the Faust motif
2016-04-05"It is thus evident that a unique Afrikaans Gothic does exists, a distinct brand of Gothic that does not merely duplicate or imitate the European tradition, but is an original genre with its very own characteristics."
Die inslag van die Gotiese in die Afrikaanse literatuur: ’n ondersoek na ’n eiesoortige Afrikaanse Gotiek aan die hand van die Faust-motief
2016-04-05Hoe vind die Gotiese inslag in die Afrikaanse letterkunde, en kan daar van ’n eiesoortige Afrikaanse Gotiek gepraat word?

