
Konteks en proses: Die Afrikaanse vertaling van Max Havelaar of die koffieveilings van die Nederlandse Handelsmaatskappy (Protea Boekhuis, 2025)
2025-09-23"Die roman het in ’n groot mate bygedra tot die maatskaplike en parlementêre debat oor Nederland se koloniale bewind en daartoe gelei dat belangrike aanpassings gemaak is."

Elders gesien: Riet de Jong-Goossens is oorlede
2024-12-14"Sy het meer as 60 boeke uit Afrikaans vertaal, onder meer Agaat, Eilande en Vatmaar, en was bevriend met baie skrywers."

Die poppe sal dans: ’n resensie van Onrus op Steynshoop deur Ingrid Winterbach
2024-07-29"Die gelaagdheid van die roman is nooit swaarwigtig nie. Lering en vermaak gaan hand aan hand. Dit geld ook vir die politiek-ekonomiese kwessies wat deurlopend aangesny word en akuut op almal in die dorp inwerk."

Marlene Dumas skenk portret van Elisabeth Eybers aan Wits-kunsmuseum
2024-02-12Marlene Dumas het haar portret van Elisabeth Eybers (1915–2007) aan die Wits-kunsmuseum (WAM) se permanente versameling geskenk. Menán van Heerden gesels met Ena Jansen oor Elisabeth Eybers en die skenking.

Elders gesien: Vernon February is ook al 21 jaar gelede oorlede
2023-11-23"Môre is Vernon February ook al 21 jaar gelede oorlede. Hy was ’n boorling van Somerset-Wes. Jare lank het hy in Amsterdam se Rivierenbuurt gewoon en altyd vir my soos Rembrandt gelyk met sy baret en groot jas."

Die Eybers-dag – Letterkundetoer 2023
2023-08-09"Dis dag een van die tiendaagse Letterkundetoer deur Marieta Nel en Karin Tomlinson georganiseer. Elisabeth Eybers (1915–2007) is die vanselfsprekende eerste fokuspunt."

"Transition starts at home" – Ena Jansen se toespraak by CAANS 2022
2022-09-22Kyk hier na Ena Jansen se hooftoespraak (keynote address), getitel "Transition starts at home", via Zoom gelewer en opgeneem tydens die 91ste internasionale kongres vir lettere en wysbegeerte en sosiale wetenskappe (International Congress for the Humanities and Social Sciences) in Kanada.

Geheime van blitsverkopers in Afrikaans
2022-03-16"Reeds in 1979 het ek op ’n dag aan Charles Malan gesê dat as hy my sou sê waar ’n persoon gestudeer het, wie sy vriende (en vyande) is, ens, dan sou ek voorspel wat die beoordeling van sy werk sal wees." – Hennie van Coller oor sy en Joanita Erasmus-Alt se Blitsverkopers, beeldvorming en bemarking.

Elisabeth Eybers, die vrou met ’n blou fiets in Amsterdam
2021-08-03"Ek ken min mense wat so lekker grappe kon vertel soos sy! Sy geniet dan altyd self die 'punchline' en kyk stralend as mens lag." Ena Jansen, samesteller van die jongste Elisabeth Eybers-bloemlesing Immigrant, vertel van haar vriendskap met die digter.

Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Ena Jansen se bydrae
2020-08-27"Sy het die gawe gehad om ’n 'plain tale', om alledaagse werklikhede, dwingend te vertel; om swaarkry en onreg, pretensie en harteloosheid, angs en liefde aan haar lesers voor te hou."

"Die bestaanheid is genoeg" – ’n onderhoud met Elsa Joubert oor Spertyd
2020-06-24"Op 6 November 2017 het ek op versoek van die Stellenbosse Woordfees-organisasie ’n onderhoud met Elsa Joubert in haar woonstel in Berghof, Hofstraat, Kaapstad gevoer."

Elders gesien: In memoriam – Elsa Joubert
2020-06-15"Elsa Joubert (1922–2020) was altyd baie spesifiek oor plek – oor waar sy gestap en gereis het, oor Leeukop wat haar laaste uitsig was. Vanoggend wou ek nêrens anders stap as langs haar Oranjezicht-strate nie. Die eerste 4 foto’s is van haar en Klaas Steytler se huis in Belvederelaan waar sy onder meer Die swerfjare van Poppie Nongena (1978) geskryf het."

Dag 21: Kwarantynketting – "Die zombiewêreld van COVID-19" deur Ena Jansen
2020-04-16"Ondertussen is die Kaap se strate so goed as tjoepstil, die lugruim leeg; en dieselfde skip lê dae lank alleen in Tafelbaai. Hadedas skater oor die stad en voëls twiet-twiet-twiet onder in die tuin. Die sterre is helder en laasweek se volmaan skitterend. Soggens kan ek nie wag dat die son opkom nie."

COVID-19: Huiswerkers in onrustige tye
2020-04-08"Wanneer Suid-Afrikaners van onrus praat, is die veronderstelling immers byna vanselfsprekend dat dit polities van aard sal wees. Maar hoe het ons moeilikheid en onrus nie die afgelope tien dae verander nie!"

In hierdie huis
2019-02-11"Die man wat die Koran in Afrikaans vertaal het (gepubliseer in 1961) het sy jeugjare in hierdie huis in Simonstad deurgebring."