Eben Venter

Eben Venter (1954–) het op ’n skaapplaas in die Oos-Kaap grootgeword.

Op Grey Kollege in Bloemfontein was hy bevoorreg om Charles Malan, ware pedagoog, as Afrikaans-onderwyser te hê.

Hy behaal ’n MA in filosofie aan die Universiteit van Port Elizabeth (nou Nelson Mandela Universiteit) en skryf ’n proefskrif oor die laat filosofie van Max Horkeimer van die Frankfurt-skool.

In 1986, die jaar van die groot noodtoestand in Suid-Afrika, emigreer hy na Australië. Daar is hy eienaar-sjef van Wild Rice, ’n makrobiotiese kafee in Melbourne. Ook in 1986 debuteer hy met die kortverhaalbundel Witblitz, en in 1993 verskyn sy debuutroman, Foxtrot van die vleiseters. Hierdie roman palm die WA Hofmeyr-prys in, en Venter sou daarna vir vier verdere romans die WA Hofmeyr-prys wen.

Vir ’n paar jaar woon hy en sy lewensmaat, Gerard Dunlop, in Prins Albert, Wes-Kaap, waar hy sy vyfde roman, Horrelpoot, voltooi. As Trencherman deur Luke Stubbs vertaal, verskyn die roman, en sy latere Wolf, wolf, in beide Australië en Engeland. Talle van sy kortverhale is ook in versamelbundels opgeneem, mees onlangs in The new century of South African short stories.

Eben en Gerard woon op die ooskus van Nieu-Suid-Wallis. In Februarie 2022 tref ’n vloed hulle dorp; hulle huis word oorstroom en Venter se kosbare biblioteek spoel weg.

Venter het ’n DPhil van die Universiteit van Queensland, waar hy sy proefskrif oor ’n teorie van selfvertaling geskryf het.

Sy mees onlangse roman, Decima, oor die lewensloop van ’n swartrenoster, skryf hy in Engels, waarna hy self die storie vertaal of in Afrikaans herskep (onder dieselfde titel). Die South African Literary Award, of Sala, word in 2024 aan hom as literêre vertaler van Decima toegeken, en in 2025 word die Afrikaanse Decima met die Hertzog-prys vir prosa vereer.

Eben was in 2022 een van die raadgewende skrywers vir die LitNet-slypskool Om te skryf. Sy verslae oor die deelnemers se verhale is op hierdie blad beskikbaar.

Ander artikels deur Eben Venter:

Laat die diere praat

Eben Venter Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2025-09-18

"Ek moes my taal begin stroop van al die ou terme en gesegdes wat die dier hopeloos wanskat, kommodifiseer en beperk, die taal wat die dier as ’t ware op hok slaan."

Week van de Afrikaanse roman 2019: onderhoud met Eben Venter

Naomi Meyer, Eben Venter NeerlandiNet 2019-09-12

"Altyd vir Koos Prinsloo bewonder vir sy slim, woord-spaarsamige en uitdagende stories, maar teen die tyd dat ek Ek stamel ek sterwe geskryf het, het ek ’n eie stem gehad om daardie storie te vertel."

kykNET-Rapport Boekpryse: Onderhoud met Eben Venter

Naomi Bruwer, Eben Venter 2014-10-22 Die kortlys van die eerste kykNET-Rapport Boekpryse is pas bekendgemaak. Wolf, wolf deur Eben Venter is genomineer in die kategorie: Fiksie.

Belydenis van ’n pornoverslaafde

Eben Venter 2013-11-05 "Pornografie is ’n iets wat jy aan ’n universiteit bestudeer. Porno is meer soos Post Toasties of iets. Sommer vir brekfis. Dit het ’n huishoudelike ding geword."

Die stem van Lucky: Adriaan Louw gesels met Eben Venter

Eben Venter, Adriaan Louw 2010-04-06 Adriaan Louw het tydens die afgelope US Woordfees vir Eben Venter raakgeloop en hom uitgevra oor sy jongste roman, Santa Gamka. Die titel van jou jongste roman is sowaar baie interessant. Wat skuil daaragter en waar kom dit vandaan? ...

Net die hunkering bly: In gesprek met Eben Venter

Desmond Painter, Desmond Painter, Eben Venter 2009-11-26 Drie jaar gelede het ek ook die voorreg gehad om met Eben Venter in gesprek te tree. Toe was dit oor sy vorige roman, Horrelpoot, wat ons gesels het. Ek het destyds, aan die einde van ons gesprek, vir hom gevra wat hy volgende wou skryf. Venter ...

Erotiese verhulling as invalshoek vir outobiografiese prosa
2004

Eben Venter 2007-06-13 Daar word beweer dat daar 'n storieboek in elkeen van ons steek. Op 'n dag, die dag toe jy jou verstand kry, trek jy 'n laai oop en daar is jou storie in al sy gedaantes en skakerings, aanwesig in 'n veelheid van fasette in tientalle vakkies en ...

Creating My beautiful death: We speak to Riana Barnard, Eben Venter, Luke Stubbs and Lynda Gilfillan

Sharon Jenkings, Riana Barnard, Lynda Gilfillan, Eben Venter 2007-04-18 When did Tafelberg decide to bring out an English translation of Eben Venter’s Ek stamel ek sterwe?

ABSA Ketting: Ingrid Winterbach gesels met Eben Venter

Ingrid Winterbach, Eben Venter 2006-09-08 Waarmee is jy op die oomblik besig? Ek is die afgelope jaar en 'n half besig aan 'n nuwe roman. Dis 'n taai ene dié om uit te kry en by tye is die implikasies so donker dat ek voel of ek selfs daarvan wil ondergaan. Ek is ...
Top