CM

Gebore 7 Junie 1933. Studeer Helpmekaar Seunskool Johannesburg en Universiteit van Suid-Afrika

Eerbiedige nagevolge

CM SêNet-briewe 2015-05-04 Ons voorouers het nie geweet wat waar is nie, maar noudat ons weet, word daar gelieg.   CM

Verstrengel

CM SêNet-briewe 2015-04-30 Die mens se verstand het verstrik geraak  in denkbeelde wat die gawes van die natuur verdoesel. Sy beteuterde pogings om die werklikheid te verbeter,  laat hom dwalend onvergenoegd.   CM

Uitnemendheid

CM SêNet-briewe 2015-04-28 Geregtigheid is nie ondergeskik aan enige dogma nie.   CM

Leegte in die kop

CM SêNet-briewe 2015-04-28 Alles het glo 'n doel, maar niemand weet kwansuis wat dit is nie.   CM

Soos 'n mossie

CM SêNet-briewe 2015-04-28 Dit is nie bekend wat 'n nadoodse wese is nie. Dit is onteenseglik nie 'n mens nie.   CM

Kruise en kanonne

CM SêNet-briewe 2015-04-28 Tot dusver leer mense mekaar met klippe en brandstapels en rottangs en preke hoe om goed te wees.   CM

Misbaksel

CM SêNet-briewe 2015-04-24 Met 'n hoogdrawende allesoorheersende verkondiging van snert is die mensdom verskriklik ontevrede met sy eie bedenksels.   CM

Drang

CM SêNet-briewe 2015-04-23 Daar is vreeslik baie predikers en hul volgelinge wat begeer om dooies lewendig te hou.Eintlik is daar net ‘n behoefte om een lewendige vas te hou. CM

Onlogiese studierigtings

CM SêNet-briewe 2015-04-22 Opvoeders moedig mense aan om hooggeleerd in onsin te raak. CM

Moeilik bereikbaar

CM SêNet-briewe 2015-04-21 Om te bepaal wat die waarheid is, verg klaarblyklik baie meer kennis en insig as wat op universiteite aangebied word. CM

Woordeloos oral beskikbaar

CM SêNet-briewe 2015-04-21 Dit is net met woorde dat daar sinneloos na die waarheid gesoek word. CM

Skaamteloos

CM SêNet-briewe 2015-04-20 Iemand wat weet wat evolusie is, het nie nodig om te maak asof hy nog so dom as sy voorsate is nie. CM    

Uitbuiting

CM SêNet-briewe 2015-04-20 Dit is nooit vir iemand tot voordeel om dinge wat nie kan bestaan nie, te glo.Dit is altyd lonend om te weet dat ander belieg kan word. CM

Beskikbare lewensvreugde

CM SêNet-briewe 2015-04-20 Om te ontkom aan die middeleeuse sindroom van doodsverheerliking, en ter erkenning aan die waardigheid van menswees, word daar naarstiglik gesoek na steun vir die bevordering van rasionele en logiese denke. CM

Onnoselheidsregulator

CM SêNet-briewe 2015-04-17 Die ontwikkeling van die mensverstand word beheer deur die sotte versinsels van sy primitiewe voorsate. CM        
Top