ATKV-tienerteater by Suidoosterfees 2026: Spoke deur CJ Langenhoven – terugvoer deur twee tienertoeskouers

  • 0

Die tienertoneelstuk Spoke is oorspronklik deur CJ Langenhoven geskryf en deur Barnie Mans en Francois Toerien verwerk. Die toneelstuk was die wenner van Kunstekaap en Suidoosterfees se Hoërskool-dramafees en was vanjaar by die Suidoosterfees op die planke.

Maja Meyer en Emelyn Snyman, albei graad 9-leerders van Hoërskool Stellenbosch en betrokke by die skool se Stage Lab-drama, het die toneelstuk by die Suidoosterfees gaan kyk. Hulle vertel vir Naomi Meyer hoe hulle die toneelstuk ervaar het.

Foto van Emelyn Snyman en Maja Meyer verskyn met hulle ouers se toestemming op LitNet (foto: Elizna Swanepoel).

Hallo, julle. Vertel asseblief vir my waaroor Spoke gaan?

Maja: Dit gaan oor ’n ou wat sake moet ondersoek wat te doen het met spoke. Langs die pad ontmoet hy ’n hele paar mense by allerhande dorpe. Hoe nader hy aan Riversdal kom, hoe meer mense waarsku hom om op te pas – almal waarsku hom teen spoke.

Emelyn: Wat ek kon aflei, was dit was verskillende stories wat aanlopend gevolg het oor ’n seun wat glad nie bang was toe hy sy missie moes volg nie. Met die kennis van spoke in die dorp het hy lateraan ’n regte spook ontmoet.

Wie was die karakters in die toneelstuk?

Maja: Daar was omtrent ses karakters. Baie van die karakters het gekom van plase en plattelandse dorpies. Daar was iemand by die treinstasie en binne die trein. Die hoofkarakter het die meeste uitgestaan, want hy was die fokus van alles.

Emelyn: Al die karakters was gepas in die toneelstuk, almal het duidelik gepraat en gefokus op projeksie. Daar was ’n paar wat beter moes geartikuleer het sodat ek hulle kon hoor. Alle karakters het die regte emosie geskep en hulle lyftaal was goed uitgebeeld.

Wat was vir jou die beste dele van die toneelstuk?

Maja: Die beste van die toneelstuk was dit was baie interessant, omdat mens heeltyd nuuskierig is oor wat volgende gaan gebeur. Die stadige-aksie-toneel op die perd was baie snaaks en goed gedoen.

Emelyn: Die beste deel was die perdry, met die seun wat die perd gery het. Daar was sulke groot kontraste en die scene het regtig ’n impak gehad op perspektief en om jou aandag te fokus op sekere klein aksies wat groot uitgebeeld is. Dieselfde met die "slow motion" wat geïmpliseer was – dit het almal in skok gelaat omdat dit so regtig gelyk het. Klein aksie, groot impak.

Het jy enigiets anders wat jy wil sê?

Maja: Die storielyn het nie lekker tot ’n einde gekom nie. Dit was ’n baie goeie toneelstuk, maar die storie het ’n bietjie in die lug geëindig.

Emelyn: Party karakters moes fokus op gesigsuitdrukkings wanneer hulle nie praat nie. Baie min, maar dit maak dat jou aandag fokus wanneer die persoon se gesig duidelik “val” wanneer hulle nie praat nie. Baie goeie spel, maar daar was geen pouse tussen die verskil van stories nie. Met min mense was daar ’n groot duidelike visie, storie en impak wat gelos is. Die humor was uitgedruk op ’n goeie gepaste manier, maar daar was nie enige vrees teenwoordig in die spel nie. Klein dinge waarop die toneelspel moet fokus wat dit nog meer asemrowend sou gemaak het.

Waarom dink jy moet daar iets wees soos lewende teater? Wat is anders aan teater as om iets op YouTube of TV te kyk?

.......
Maja: Jy gaan kyk dit in persoon en jy sien iets in lewende aksie. Jy het nie ’n kamera wat vir jou besluit waar jy moet kyk nie; jy besluit self. Jy kan self hoor hoe almal praat. Jy is daar. Jy kan alles beleef soos wat dit is.
Emelyn: Wanneer ’n mens ’n toneelspel kyk en lewende teater beleef, is dit soos wanneer jy verlore raak in ’n boek. Dit is ’n heeltemal ander wêreld wat jou intrek na ’n storie. Ek glo dit is die doel van teater.
.........

Maja: Jy gaan kyk dit in persoon en jy sien iets in lewende aksie. Jy het nie ’n kamera wat vir jou besluit waar jy moet kyk nie; jy besluit self. Jy kan self hoor hoe almal praat. Jy is daar. Jy kan alles beleef soos wat dit is.

Emelyn: Wanneer ’n mens ’n toneelspel kyk en lewende teater beleef, is dit soos wanneer jy verlore raak in ’n boek. Dit is ’n heeltemal ander wêreld wat jou intrek na ’n storie. Ek glo dit is die doel van teater. Teater is om die gehoor te betrek in jou eie perspektief. Dis woorde wat omgedraai is in lewende aksie en emosie om dit werklik te laat voel, al sit jy in die gehoor. In die gehoor kan jy elke stem wat verhoog of verlaag met asemhaling en menslike emosie basies beleef. Op ’n skerm is dit meer net soos ’n fliek wat jy kyk; in die gehoor is dit ’n storie wat jou tuis laat voel.

Spoke deur CJ Langehoven

Hoërskool Martin Oosthuizen | Martin Oosthuizen High School

Met: Conraad Burger, Lize-Marie van Rooyen, Amieke du Preez, AC Losper, Pieter-John Stadler, Keila Marais en Ben Ackerman
Skrywer: CJ Langenhoven
Verwerking: Barnie Mans en Francois Toerien
Regie: Barnie Mans en Alae Hanekom

Wenner van Kunstekaap en Suidoosterfees se Hoërskool-dramafees

Glo jy in spoke? Of moet ons liefs die woord vermy? Is daar heengeganes wat terugkeer na die tonele van hul vorige stoflike lewe? Dis in elk geval nie ons doel om antwoorde op hierdie vrae te kry nie. Ons gaan ’n paar insidente ondersoek, en dan kan jy self besluit.

https://www.instagram.com/hsstellenbosch/reel/DUDpYZCkQ_o/

Lees ook:

Suidoosterfees 2024: ’n onderhoud oor ATKV Jeugteater by die fees

ATKV-tienertoneel: ’n onderhoud oor Parel Vallei Hoërskool se drie benoemde toneelstukke

ATKV-Tienertoneel 2020: ’n onderhoud met derdepryswenner Merwe van Gent

Wegwêreld slegwêreld, ATKV-Tienertoneelwenners: ’n onderhoud met Darryl Spijkers

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top