Persverklaring: Amper, Vrystaat by Die Boer-teaterrestaurant

  • 0

Cintaine Schutte, Antoinette Louw en Milan Murray (foto: verskaf)

Mense sê die Vrystaat is waarheen verlore siele trek om dood te gaan, waar geheime die emmer skop, waar die aarde so plat is jy sien jou hele toekoms as jy ’n windpomp klim …

En so ontmoet drie vervreemde susters mekaar weer een Saterdag vir hulle ma se begrafnis in Amper, ’n dorpie duskant nêrens. Daarby het die vreemde omstandighede rondom hul ma se dood die hele kontrei aan die gons.

Amper, Vrystaat is ’n komedie met hart. ’n Storie met waarheid wat elke mens raak. Daarby het elke mens ’n geheim ... Die produksie ontvang Beste Debuutproduksie by die Vrystaat Kunstefees in 2015, vyf Fiësta-nominasies in 2016, ’n ATK-Veertjie-benoeming vir Beste Nuwe Afrikaanse Teks in 2016, asook Beste Produksie by Aardklop 2016.

Geen onder 16 (taal).


Amper, Vrystaat
Met Antoinette Louw, Milan Murray, Cintaine SchutteTeks en regie- Nico Scheepers
21-23 Julie om 20:30 en Sondag 24 Julie om 14:00
Kaartjies kos R180 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

(Amper, Vrystaat is ook al genoem die susterproduksie van Nêrens, Noord-Kaap.)

Koop hier kaartjies.

 

Lees ook:

Nêrens, Noord-Kaap op kykNET: ’n onderhoud met Nico Scheepers

Nêrens, Noord-Kaap: ’n Juweel in Suid-Afrika se TV-kroon

US Woordfees 2016: Amper, Vrystaat

Teateronderhoud: Amper, Vrystaat

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top