Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Januarie 2017

  • 4

PEN Afrikaans begin vanjaar met ’n maandelikse oorsig van Afrikaanse resensies van Afrikaanse boeke wat in die vorige maand verskyn het en digitaal beskikbaar is. By hierdie lys sluit ons ook skakels in na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Ons hoop om hiermee ’n bydrae tot die leeskultuur te maak en stadig maar seker te bou aan ’n aanlyn argief, wat vir alle boekwurms, leeskringe, skrywers, navorsers en uitgewers nuttig en interessant sal wees.

Boeke24

Die volgende Afrikaanse resensies het in Januarie in die Afrikaanse dagblaaie (Boeke24), onder redaksie van Jo Prins, verskyn:

Maandag 16 Januarie

Maandag 23 Januarie

Maandag 30 Januarie

 

Die Groot Ontbyt

Dia van Staden het in Januarie die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

Dinsdag 10 Januarie

  • Sulamiet – Lina Spies
  • Fotostaatmasjien – Bibi Slippers
  • Afrikaans vir almal – Isabel Uys
  • Engish for all – Isabel Uys
  • My eerste ensiklopedie – Dorling Kindersley

Dinsdag 17 Januarie

  • Suikersoetsonde – Dina Botha
  • Man van Cirene – FA Venter
  • Die Herero-opstand – Gerhardus Pool
  • Op ’n dag ’n hond – John Miles

Dinsdag 24 Januarie

  • Melk die heilige koeie – Deon Maas
  • Boheem, Meetsnoer en Dryfhout – Chanette Paul
  • Tweetalige woordeboek vir skole

Dinsdag 31 Januarie

  • Agter maskers – Marijke Greeff
  • Moord op Karibib – Isa Konrad
  • 40 dae tot hoop: ’n Reis deur lydenstyd – Ronel Bezuidenhout
  • Briewe uit die Tankwa – Teks: Leti Kleyn, foto’s: Adriaan Oosthuizen

 

In die bed met Bibi

Bibi Slippers se boekprogram, In die bed met Bibi, hervat eersdaags op VIA TV. Diegene wat dit misgeloop het of graag weer wil kyk, kan langer weergawes van al die boekgesprekke wat reeds plaasgevind het, hier vind:


http://indiebedmetbibi.com/blog?category=skrywers

 

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies het in Januarie op LitNet verskyn:

Boekresensie: Suikersoetsonde deur Dina Botha

Ilse de Korte
Resensies

"Lekker, ontspannende leesstof wat my weer in die liefde en ridderskap en sjarmante mans laat glo."

Boekresensie: Wildernis deur Wilbur Smith

Org Potgieter
Resensies

"Wilbur Smith is hier weer, soos in al sy ander boeke, die meesterlike storieverteller wat geslaagde karakters met uiteenlopende persoonlikhede – goed en sleg – saamsnoer in ’n verhaal wat op ’n spannende einde afstuur."

Boekresensie: Een nag en ’n bietjie deur Hester Kruger

Martie Retief-Meiring
Resensies

"Hier is ’n besonderse boekvertelling in ’n besonderse styl."

Boekresensie: Soetloop deur E Kotze

Johan Anker
Resensies

"Die roman is weer eens bewys van Kotze se besondere vermoë om ’n spesifieke ruimte en karakters te skep wat die leser saamneem op die familiegeskiedenis van mense wat jy sal onthou lank na jy klaar gelees het."

Boekresensie: Multivers deur Hennie Smith

Dewald Koen
Resensies

"Multivers is ’n belowende en opwindende debuutbundel wat ’n waardevolle bydrae tot die nuwe stemme in die Afrikaanse digkuns lewer."

Boekresensie: Die leliemoordenaar deur Lerina Erasmus

Riette Rust
Resensies

"Teen die laaste paar hoofstukke haal jy weens die spanning so vlak asem dat dit voel of jy jou bewussyn gaan verloor."

LitNet Akademies-resensie-essay: Die jongste Perspektief & Profiel – lywig, gewigtig en gesaghebbend

Ina Wolfaardt-Gräbe
Resensies

"Die verskyning van hierdie monumentale werk sou ’n besondere prestasie in enige taal wees, maar in Afrikaans in die huidige (s)t(r)ydperk grens dit aan ’n wonderwerk."

LitNet Akademies-resensie-essay: Broedertwis deur Albert Blake

Lina Spies
Seminare en essays

"Broedertwis word gekenmerk deur die helder betoog wat Blake uit ’n magdom gegewens opbou, sonder om ooit sy hooftema uit die oog te verloor: die konflik tussen Christiaan de Wet en sy jonger broer, Piet de Wet, tydens die Anglo-Boereoorlog wat hulle vervreemding veroorsaak het en nie ná die oorlog tot versoening gelei het nie."

Die aarde is ’n eierblou ark deur Susan Smith: ’n Resensie

Reinhardt Fourie
Resensies

"In Die aarde is ’n eierblou ark toon die digter ’n verfynde ekokritiese bewustheid, en in teenstelling met haar debuut vertoon hierdie bundel ’n baie hegter tematiese eenheid."

Post mortem deur Pieter Fourie: ’n resensie

Temple Hauptfleisch
Resensies

"Hy is ’n belangrike, invloedryke en kleurryke figuur wie se werke nie net opgevoer behoort te word nie, maar ook bestudeer moet word."

Daar het ook verskeie onderhoude met skrywers gedurende Januarie op LitNet verskyn. By die volgende skakel vind jy gesprekke met, onder andere, John Miles, Hannes van Wyk, Michael le Cordeur, Charlyn Dyers, Ria Smuts, Hans Pienaar, Wannie Carstens en Frank Hendricks:
https://www.litnet.co.za/category/boeke-skrywers/onderhoude-interviews/

 

Rapport Weekliks

Die volgende resensies het in Januarie in Rapport, onder redaksie van Nelia Richter, verskyn:

8 Januarie

15 Januarie

29 Januarie

 

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekbesprekings, wat gedurende Januarie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 4 Januarie

  • Suzette Kotzé-Myburgh gesels met Tom Dreyer oor sy nuwe roman, Dorado. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde, en Ilse Salzwedel speel drie skrywers se gunstelingskryfmusiek.

Woensdag 11 Januarie

  • Leonie van Rensburg van Graffiti Boeke vertel meer oor die topverkoper- Afrikaanse boeke van 2016. Gielie Hoffman gesels oor die vyf beste boeke wat hy in 2016 gelees het. In sy insetsel oor die internasionale letterkunde, bring Johan Myburg hulde aan die kunsskrywer John Berger wat op 2 Januarie oorlede is. Hy gesels ook oor die Costapryse, en vertel meer oor Jacqui L’Ange, die Suid-Afrikaner wat vir die Etisalat-prys benoem is.

Woensdag 18 Januarie

  • Corina van der Spoel gesels met Bronwyn-Law Viljoen oor haar debuutroman The Printmaker. Ilse Salzwedel gesels met Elmari Rautenbach oor haar gunstelingboeke van 2016, en Johan Myburg gesels oor die internasionale boekewêreld.

Woensdag 25 Januarie

  • Phyllis Green vertel vir Ilse Salzwedel wat haar gunstelingboeke in 2016 was. Die jeugboekskrywer Cecilia Steyn gesels oor haar werk, en Johan Myburg gesels oor interessante internasionale nuusgebeure in die boekewêreld.

 

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die volgende poësievoorlesings, wat gedurende Januarie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 3 Januarie

  • Daniel Hugo lees verse uit George Weideman se bundel 'n Staning onder sterre.

Dinsdag 10 Januarie

  • Nic de Jager lees klassieke Afrikaanse gedigte.

Dinsdag 17 Januarie

  • Johann Nel lees verse uit Johann Lodewyk Marais se bundel Uit die bloute.

Dinsdag 24 Januarie

  • Bernard Odendaal lees verse uit Susan Smit se bundel Die aarde is 'n eierblou ark.

Dinsdag 31 Januarie

  • Daniel Hugo lees verse oor perde.

 

Versindaba

Daar is nie in Januarie nuwe resensies of onderhoude met digters op die Versindaba-webblad geplaas nie, maar gaan kyk gerus by: http://versindaba.co.za/tuisblad/ Al die mees onlangse resensies en onderhoude is in die regterkantste kiesbalk te vinde.

 

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende Januarie die volgende boeke bespreek:

2 Januarie

9 Januarie

16 Januarie

23 Januarie

31 Januarie

  • 4

Kommentaar

  • Fine Music Radio bied elke 3de Woensdagmiddag tussen 13h00-14h00 Boekkeuse olv Amanda Botha aan. Die uur lange program word reeds meer as 'n dekade aangebied en fokus net op Afrikaanse skrywers en boeke. Die Januarie-program, wat vanweë die later begin na die feesseisoen op 31 Januarie aangebied is, het bestaan uit die volgende besprekings:
    1.John Miles as ateljeegas en 'n bespreking van Op 'n dag 'n hond
    2. Ingrid Jonker - Versamelde gedigte bespreek deur Joan Hambidge
    3. Koelsoem Kamalie & Flori Schrikker se trefferboek, Kook saam Kaaps - Amanda Botha
    4.Ronell Bezuidenhout - 40 dae tot hoop - Amanda Botha
    5.FAK Sangbundel Volume 11 - Amanda Botha
    6. Bibi Slippers - Fotostaatmasjien bespreek deur Joan Hambidge
    7. Marietjie Bosman - Die vloeibare middelpunt deur Joan Hambidge
    8. Kinderboeke sluit die volgende titels in: (bespreek deur Amanda Botha
    Leon Rousseau - Storiemuis: Boek 6
    Ingrid Mennen - Ink
    Jaco Jacobs - Groen vingers
    Fanie Viljoen - Oepsie daisy, Lulu
    Twee vertalings uit Engels in Afrikaans deur Amelia de Vaal: Mandy Stanley - Hanlie, die hasie en Michael Bond se Paddington die avontuurlike beertjie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top