2020 Media24 Books Literary prizes: MER Prize for Youth Novels

  • 0

2020 MEDIA24 BOOKS LITERARY PRIZES MEDIA24 BOEKE LITERêRE PRYSE 2020 
MER Prize for Youth Novels │ MER-prys vir Jeugromans
Judges │ Keurders: Henriëtte Linde-Loubser, Naomi Meyer, Magdel Vorster

WINNER │ WENNER

Edyth Bulbring: The choice between us (Tafelberg)

Photo of Edyth Bulbring: provided

This is a beautiful book. The story and characters fascinate from the very first page. The reader accompanies the two main characters, Margaret and Jenna, in their confrontations with the realities of their respective times. Margaret gives us a glimpse into our country’s turbulent history. She reflects on society by telling her story. By simply narrating, the character augments the irrationality of Apartheid. Jenna, on the other hand, is a typical contemporary teenager. Her character is entertaining and differs in every respect from Margaret’s. By telling her story, she illuminates the difficulties of today’s society. The author cleverly uses everyday situations in modern South African classrooms to illustrate how colourful and, at the same time, challenging life could be for a teenage South African. Gradually the parallels in the two storylines and the challenges of both characters’ difficult choices become clear. In terms of literary merit, this is a prime example of sophisticated, contemplative writing that will keep the reader engaged. This book deserves to be read by adults and young people alike.

The choice between us: an interview with Edyth Bulbring

SHORTLIST

Derick van der Walt: Toring van Jasmyn (Tafelberg)

Met Toring van Jasmyn neem Derick van der Walt lesers met kleurvolle kultuur- en kosverwysings op ’n oënskynlike gesinsvakansie na die wemelende strate van die plek-plek oproerige Istanbul. Dis dadelik duidelik dat konflik onvermydelik is wanneer lesers die tipies tienersarkastiese Markus en sy “sonskyngroepie” ontmoet.

Teen die tyd dat skote begin klap en iemand ontvoer word, is die leser ook aan ’n arm Turkse tiener, Sahib, voorgestel en word perspektief slim tussen hom en die knorrige Markus afgewissel. Markus sukkel met sy nuwe gesinsopset, terwyl Sahib sy pa se broodwinnerskoene moet volstaan. Intussen word weeskind-Neil se boodskappe aan sy meisie vernuftig tussendeur ingesluit om bykomende perspektief rakende hoofkarakters en storielyn te bied en ook los drade te knoop.

Toring van Jasmyn staan meer as grootword- as spanningsverhaal uit. Van der Walt beeld die onsekerhede, behoeftes en kwessies waarmee jongmense worstel universeel uit en daar is meer kopskuifaksie as die tipe aksie waarna spanningsvrate soek. Hy slaag daarin om deur middel van ’n goeie storie met baie lae te wys hoe eenders en aanpasbaar mense is. Met sy taalgebruik, gemaklike skryfstyl en keuse van onderwerpe bewys hy met Toring van Jasmyn weer dat hy een van ons beste Afrikaanse jeugromanskrywers is.

Resensie: Toring van Jasmyn deur Derick van der Walt

Skrywersonderhoud: Derick van der Walt oor Toring van Jasmyn

Fanie Viljoen: Brand (Tafelberg)

Met Brand bewys Fanie Viljoen net weer dat hy die emosionele bedrading en alternatiewe kommunikasie van jongmense verstaan en vir hulle kán skryf. Dit is ’n boek met twee oortuigende jeugkarakters en ’n slotgedeelte wat hoop suggereer. Die voorblad is ’n aandagtrekker wat enige tiener nuuskierig die boek sal laat opneem. Die hoofkarakters, Arian en Estie, word gekonfronteer met eietydse, vereenselwigbare kwessies in hulle ontwikkeling as individue. Arian moet in die skaduwee van sy sibbe sy eie identiteit probeer vind en Estie moet die verlies van ’n ouer verwerk en terselfdertyd gewoond probeer raak aan die nuwe vrou in haar pa se lewe. Dit alles terwyl sy ’n ongesonde beheptheid met Arian ontwikkel. Al beplan Arian brandstigting, bly dit vir die leser deurgaans moontlik om met hom deernis te hê. Die verlate huis wat Arian begeer om aan die brand te steek, is baie emotief. Is die huis dalk simbolies van homself? Leeg, onbewoon, en met ’n gevoel van ongeliefd-wees, tot op die vlak van eie selfvernietiging? Hierdie verhaalinhoud is uiters toeganklik en behoort tot selfs die trae leser te spreek. Viljoen skep geloofwaardige karakters met ’n taalgebruik wat aktueel is, wat vir sy teikenleser geskik is en waarmee hulle sou kon identifiseer. Fanie Viljoen skroom nie om te skok of grense te verskuif nie. Hierdie verhaal is waarskynlik dié een op die kortlys wat die gretigste deur jong lesers gelees sal word.

Brand deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Brand: ’n onderhoud met Fanie Viljoen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top