Welgemoed-kunstefees 2025: ’n onderhoud met Marieta Nel

  • 0

https://www.ngkwelgemoed.co.za/kunstefees/

Marieta Nel praat met Naomi Meyer oor die Welgemoed-kunstefees, wat van 23 Augustus tot 20 September 2025 plaasvind.

(Klik op die prent om dit groot te maak en af te laai.)

Marieta, dis amper weer tyd vir die Welgemoed-kunstefees. Is dit nou al ’n jaarlikse instelling? Wanneer het die fees begin en wat is die agtergrond daarvan?

Dis die vierde jaar, sedert 2022, en dit het definitief ’n jaarlikse instelling geword.

Is die kern van die fees ’n boekefees? Ek weet vanjaar tree hier groot gunstelinge op. Brei asseblief uit op die boekkomponent van die fees.

.......
Die fees het vanjaar ’n groot musiekkomponent, maar boeke is ook ’n hoogtepunt. Antjie Krog is Saterdag 23 Augustus om 10h00 in gesprek met Iris Bester oor haar outobiografiese roman, Binnerym van bloed. Antjie het die hele land vol gereis om oor Binnerym te praat. Wat hierdie praatjie anders maak, is die speel van die televisiedokumentêr wat Iris 42 jaar terug oor Dot Serfontein gemaak het en Iris se toeligting daarvan.
.......

Die fees het vanjaar ’n groot musiekkomponent, maar boeke is ook ’n hoogtepunt. Antjie Krog is Saterdag 23 Augustus om 10h00 in gesprek met Iris Bester oor haar outobiografiese roman, Binnerym van bloed. Antjie het die hele land vol gereis om oor Binnerym te praat. Wat hierdie praatjie anders maak, is die speel van die televisiedokumentêr wat Iris 42 jaar terug oor Dot Serfontein gemaak het en Iris se toeligting daarvan. Verder lees Antjie ook voor uit haar kleuterverseboek, Spienekelienkies, wat in April volgende jaar verskyn. Antjie se boeke sal te koop aangebied word, asook die kinderkookboek Kombuistaal, waarvoor Antjie versies geskryf het. Vanaf 25 Augustus sal die nuutste Afrikaanse kinderboeke en Christelike boeke te koop wees by die Feeskafee wat daagliks vanaf 10h00 tot 19h00 oop gaan wees.

Wat is vanjaar op die res van die program en waarna sien jy die meeste uit?

Nataniël bring sy epiese en aangrypende mis, Mass for the good princes, na die fees (20 September). Vir die fynproewers van klassieke musiek is daar Klassieke kruispaaie met Lynelle Kennedy en Corneil Muller (31 Augustus om 11h00). Die pianis Rocco de Villiers tree op 4 September om 19h30 op saam met Coenie de Villiers in 88 waarin die gehoor getrakteer word op musiek van boeremusiek tot Bach, van die blues tot ballades. Rocco tree ook op 2 September om 19h00 op saam met die twee Applous-wenners, Hoërskool DF Malan en Laerskool Totius. Die kleinspan kan op 6 September om 10h00 regskuif vir Koning Kromtoon se verjaarsdag.

Ek self kan nie wag vir Nataniël, Rocco en Coenie en Klassieke kruispaaie nie.

Vir watter items op die program moet die gehoor gou spring om kaartjies in die hande te kry?

Antjie Krog se praatjie by Boek en Koek is uitverkoop. Daar is egter nog R75-kaartjies oor (sonder die koek). Daar is ook nog net ’n paar kaartjies oor vir Nataniël se vertoning.

........
Antjie Krog se praatjie by Boek en Koek is uitverkoop. Daar is egter nog R75-kaartjies oor (sonder die koek). Daar is ook nog net ’n paar kaartjies oor vir Nataniël se vertoning.
..........

Gaan mense ook kan kom koek eet? Watter ander praktiese reëlings is ter sprake? Waar word dit aangebied; waar koop mense kaartjies; waar kan hulle parkeer?

Benewens die koek (wat al die pad vanaf Robertson af ingevoer word) by Boek en Koek is daar ook ’n Feeskafee. Die Feeskafee is oop vanaf 25 Augustus van 10h00 tot 19h00 en bied daagliks die heerlikste eet- en drinkgoed: baristakoffie, koek, omelette, toasties, pannekoek, sop, kerrie en rys, hoenderpastei en op sekere dae ook potjiekos.

Die hele fees word aangebied by die Ouditorium van die NG Kerk Welgemoed te Diazstraat 15, Welgemoed. Daar is baie parkeerplek beskikbaar. Die kaartjies kan almal aanlyn by Webtickets gekoop word, behalwe vir Nataniël, wat by Seatme beskikbaar is. Die kaartjies kan ook fisies by Pick ’n Pay gekoop word.

Lees ook:

Boekevat met Deborah: Binnerym van bloed

Welgemoed Kunstefees 2024: ’n onderhoud met Marieta Nel

Welgemoed Kunstefees 2023: Boek-en-koek

Fietsry vir dommies by die Welgemoed Kunstefees 2024: ’n onderhoud met Eldon van der Merwe

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top