Welgemoed Kunstefees 2023: Boek-en-koek

“Welkom aan die koeke van Robertson!” Met hierdie guitige groet het Nadine Petrick die meer as 300 gaste, wat netjies op die kerkbanke in Welgemoed Kerk ingeryg gesit het, laat skaterlag. Dit was boek-en-koek-oggend, deel van die Welgemoed Kunstefees, en Irma Joubert en Antjie Krog was op die spyskaart.