Fietsry vir dommies by die Welgemoed Kunstefees 2024: ’n onderhoud met Eldon van der Merwe

Fietsry vir dommies laat ons toe om vir ’n oomblik ’n toeskouer te wees in die lewe van iemand wat almal dalk nie elke dag mee in kontak kom nie, al is dit die realiteit van baie mense in ons onmiddellike omgewings.” Eldon van der Merwe se eenmanproduksie Fietsry vir dommies is Donderdag, 29 Augustus by die Welgemoed Kunstefees.