Watter struikelblokke ervaar die verskeie generasies van Suid-Afrikaanse vroue? Wat was die rol van jong vroue in die Fallist-beweging?
Op Vrydag 9 Augustus 2019 het verskillende vroue by die Iziko Slave Lodge byeengekom om Vrouedag te vier en die bogenoemde vrae te bespreek.
Op 9 Augustus word die jaarlikse Internasionale Dag van die Wêreld se Inheemse Mense ook gevier.
Een van die sprekers, die digter Diana Ferrus, het die inheemse vroulike ikoon Saartjie Baartman geëer.
Die ander sprekers by die geleentheid was die politieke wetenskaplike en openbare beleidsontleder Ntebaleng Morake en Bernedette Muthien, deeltydse kommissaris van die grondwetlike kommissie vir die bevordering en beskerming van die regte van kulturele-, godsdienstige- en taalgemeenskappe in Suid-Afrika.
Cliffordene Norton het die geleentheid bygewoon en foto’s geneem.

Diana Ferrus dra haar gedig A poem for Sarah Baartman voor.
Lees ook
Vrouedag 2019: Om tee te drink op Vrouedag is nie genoeg nie
Lees ook op Voertaal
"Ons beleef ’n gesonde digkuns-era": ’n onderhoud met Diana Ferrus






