Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings II

  • 0

Hier verskyn die tweede lys inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Tyd" ontvang is. Drie kontantpryse van R500 elk is op die spel. Die sluitingsdatum is 26 Oktober 2018.

Inhoud

Simone Hagfeldt
Philip Naudé
JMT Labuschagne
Norah le Roux
Adelle Landman
Yolande Strauss
Emmie Bedeker
Toinette Pretorius
Lea le Roux
Anneke Barnard
Corlietha Swart
Maryn Vos
Malan van Rooyen
Racheal Trengove
Mari de Beer
Annezel Meiring
Evanthe Schurink
Sanet Viljoen
Zerelda Esterhuizen
Barend van der Merwe
Annelize Bruwer
Rina Maritz
Estelle Rubow
Karin Nieuwoudt
Elizabeth Kendall



Simone Hagfeldt

In search of respite

There is peace
Where the cowbells ring at two am
In the nation neutral
Greeting politely
An essential signal to our collective humanity
Constant the search for inner tranquility
Meanwhile blunted by the too familiar flashing headlines
On the world stage
Women and children clinging to life desperately
Powerful men politic irrationally
We pray for a miracle beyond miracles
Is there room still?
For the wondering cynic critical

There is peace
In most places at least at some level
Discounting the …
… marauding drug addicts in your neighbourhood
… mercenary vigilantes on our streets
… bomb-carrying brainwashed fanatics at compulsory checkpoints
… state sanctioned snipers across borders
… searching sub-marines in disputed waters
… hate-spewing war-mongers on pulpits
… child-rapist militia in your village
… fighter jets dropping those dirty bombs
… automatic gun wielding white supremacists protecting their human rights
at least, I think …

There is peace
In most hearts at most times, in most places on this earth
That is a fact
It might feel fragile, but it’s never on the brink of total extinction
Yet, in the minds of the masses, we all crave protection
Often shifting focus from the vulnerable
Some actions on the precipice of extreme dereliction
The suffering seek to nurture the value of liberty
Going beyond the arms of the Trinity
Seeking a paradigm shift that frees the burden without impunity
Protecting this total peace, the situation elusive
Bravely inviting creative contemplation
Building a cadre of
True thinkers critical
Diligent doers liberal
Change agents active eternal
Questioning minds visceral
Growing (R)evolutionaries millennial
… Still the cowbells ring way past two am
In a country neutral …



Philip Naudé

die uurglas loop leeg

om lief te kry
is om tog seer te kry
later

om sonder liefde te leef
is om met seerkry te bly leef
altyd

waarom, o waarom
lief raak wat tog later
seermaak?

na al die jare
begin die afskeid stelselmatig
byna ononderhandelbaar:
die afskakel
            wegbeweeg
om die steek van die dolk
            te ontglip
die pyn stadig te doof …
grappe en Pick n Pay-stories
alledaags kru
glimlag word grimas
oë dof en weerloos
teen die oorhel
            omval
                        omdonder
ek moet groet, my lief
die uurglas is leeg
net sekondes klik-klik nog
meedoënloos
êrens tussen gister
vandag en ’n
bitter koue môre …



JMT Labuschagne

Eternal Moments

God is           
       a subtle
       moment,
but
Satan: the
       vulgar
       eternity
       of the grave
where the maggots are waiting
diligently



Norah le Roux

tydgebonde

tyd, kosbaarste kommoditeit ...
waarom dan hierdie swarigheid,
skynbaar so sonder rede.
’n tyd vir alles is daar tog.
’n tyd vir vrede
en ’n tyd vir oorlog
wat is dit dan, die ysige kilte
en hangende stilte.
waarom, waarom nog ’n oeroue las
wat woed tussen ras en klas.
hierdie juk wat so swaar op ons skouers druk
en ons so uit pas met sy tydlose vrag ruk.
tyd, kosbaarste kommoditeit ...
koop tog vir ons land en sy mense liefde en vryheid.



Adelle Landman

Sonder vlerke

Sonder vlerke vlieg die tyd verby mens
Orals waar jy probeer gryp en vashou aan gebeure
Vlieg die tyd verby
Dit waai en waai oral rond
Alles net gedenkenis van die verlede
Alles net herinneringe van pyn, liefde, geluk
As ek terugdink voel dit soos ’n droom
Soos of alles net niks was
En niks net alles was
So of ek my lewe net kan pak in ’n klein tas
En die tas oorboord gooi van die skip van tyd
En sien hoe al my ideale versuip in die oseaan van tyd
En dan lag en droom ek weer soos ’n mal mens wat heeldag loop en dagga rook
En dink dinge gaan beter raak
Net tyd die sal leer net die tyd sal wys my kind.



Yolande Strauss

Eternal Truth

Time
is just a word
like fear
is just a verb

Kids growing older,
you’re getting bolder

and the world keeps on turning around

Wisdom
is overrated
like tears
are always jaded

Life keeps fading,
promises evading

and the world keeps on turning around

Lies
are mostly stupid
like love
is always splendid

We all keep moving,
mostly disapproving

and the world keeps on turning around

Peace
is merely dreaming
like words
are mostly learning

Just keep praying,
sometimes betraying

and the world keeps on turning around

Time
is just a word
like fear
is just a verb



Emmie Bedeker

Skepping

adam snak
die eerste asem
haal asem
kind
klein voëltjie
see en wind

adem diep diep
tot lighoofdig dronk
van lewe

tot die laaste



Toinette Pretorius

Sonbesie-tydkrete

Sonbesie op ’n takblaar is gelaai van die strale en skreeuend van die hitte, die tyd het aangebreek die Afrika-son het die Aarde kom soen met sy asem.

Somer warm, laggend en kaal val bruin op die Afrika-velle. Gekamoefleer in die bosveld, ’n teug van die koue bier wat skuimerig deur vleisrook trek.

My held, my grond, my vesting Afrika-sonsak. Sag groet jy die dag met die laaste skrille van die sonbesie-gille, dankie Afrika-somer jou tyd is hier!



Lea le Roux

My “Roeibootjie”-droom

Ek droom van ’n daggie wat net ek en jy in ’n roeibootjie sal vaar, op ’n rivier of ’n groot dam
Weg van verpligtinge by die werk en van die stad se geraas
Dit sal ’n ideale platform wees waar ons mekaar beter kan leer ken
Waar ons sal vergeet van tyd asof die hele dag net vir ons beskore is
Ek hoop om ’n vonkel in jou oë te sien as jy na my kyk
Ek wil my hart se diepste geheime met jou deel sonder om te skroom
’n Vrou wil graag liefde uitdeel maar ook weet dat sy baie spesiaal is
In die rustigheid van die omgewing sal alles ook in ons harte rustig raak
Vrede, innerlike versekering en uiterlike opgewondenheid sal in ons waargeneem kan word
Die glimlag op ons gesigte sal weerkaats wat in ons harte aangaan
Ons sing saam ’n nuwe lied vir ’n nuwe begin, nuwe uitdagings en nuwe avonture
’n Vonk in ons harte, trek ons nader aan mekaar
Ek begeer ’n sagte aanraking van jou hand en dalk ook ’n drukkie van jou kant
Of selfs ’n skelm soentjie wat my hart weer vinniger sal laat klop
Ek bid en glo dat liefde in ons lewens wakker gemaak sal word en sal groei
Dat ons saam sal roei om hierdie verhouding te laat werk
Mag ons in stille waters maar ook in woeste golwe aan mekaar gebind bly
My droom is dat ons saam sal kan bou op ’n toekoms, op ’n plekkie waar ons gelukkig sal wees
Ouderdom maak nie saak, solank ons net voluit lewe en elkeen sy passie uitleef
Dis my droom vir jou en my ... wens hierdie droom is baie naby om waar te word!



Anneke Barnard

Die uurglas

Wat is tyd
Is dit dan slegs nou tot in ewigheid?
Is tyd werklik ’n werklikheid
of dalk net ons as
waarnemers se illusie
’n mate waarmee ons dink en kyk?

Nie eers die die slimste van die slimstes
Kan tyd laat stadiger loop
of vinniger loop
of laat stilstaan nie
ook nie terugdraai nie

Al wil ieder en elk van ons
dit so graag doen
onsself met die verloop
daarvan versoen

Vooropgestelde mates
waarmee ons meet
ons vandag, ons gister, ons nou
Selfs die more wat nog kom

Die toe, die nou, die tussen-in
TYD wat gelaai
word met verwagting en hoop
Uitgewerk en opgesom
Slim, dom, kort, vet, lank
of maer
Pas elkeen in sy eie uurglas
wat stadig (of is dit vinnig)
leegloop



Corlietha Swart

Oordeelsdag

Agter die ou kerkhofmuur
tel geen sekonde, minuut of uur.
Marmerversteende engele wag
– soos ons almal maar –
ademloos op die Oordeelsdag ...



Maryn Vos

Perception of Impermanence

I drew a line in the cold, wet sand,
echoing the lifeline on my hand.
I watched the sea, blithely bubbling closer
and erase my line as it came spilling over.

Eternally triumphant the ocean retreats
and leaves behind no tribute or trace –
as if I never stroked the earth’s wet face –
small and insignificant, our individual feats.

Digging with my toe to find a shell among the stones,
a rush to beat the turning tide,
as crashing waves chase me away –
still grasping for a prize.

Scrabbling onto callous rocks, sharp and slippery
I hope to get a better view of the seeming endless sea,
but the horizon stretches on and on to weary wearied eyes,
reminding all how we must yield to that most constant entity.

Then a pebble, small and round
signals with the fading light,
and softly with the last rays crowned –
like a golden girl of dust –
I place it on a stony mound
as day turns into night.

Someday or tomorrow,
When you come walking on the beach,
You’ll see my castle in the sky –
Far from the ocean’s reach.


Malan van Rooyen

Hulle noem jou Vader

nog seer die hartletsel
asof dit gister was
sig syfer deur die tyd-heel verband
vorm laatnag trane

helder nog jou lag
asof dit gister was
die jaarkalender tel
baie mane het verby gegaan

duidelik nog jou breë glimlag
asof dit gister was
dis al weer nag
verby is nog ’n dag

Vader tyd vlieg jy of draal jy langsaam verby?


Racheal Trengove

Vasgevang op blink papier

Bottels en glase weergalm die dors wat hier sit.
’n Stukkie geskiedenis loop in by die deur.
Skoene blink met trots.
Tagtig jaar se geselskap maak vanaand weer sy rondtes in die donker kroeg.

Maak kennis met Geskiedenis, hande en oë sagter as oggendmis.
Jou naam is uit die bybel vertel hy jou en so sal hy dit onthou.
Maak dan kennis met sy mense, hulle is almal hier, vasgevang op blink papier in sy baadjiesak.
Aan die hart se kant ...

Deel tyd met Geskiedenis, vat klein slukkies van die verhale en verlange wat hy hier bedien.
Bottels en glase word dan stadig sagter en stiller, Geskiedenis staan op, dis tyd vir voetslaan.
Geselskap vir die pad is darem nooit te ver nie, dis mos daar in sy baadjie sak.
Aan die hart se kant ...


Mari de Beer

clocks ~

when clocks tick a rhyme
in a clockmaker’s shop
where time doesn’t stop or
mean anything as the
hands of the clocks wheel
clockwise in springs of
a system of interlocks where
wheels determine
time,
time,
hands of the clock
tick tock
tick tick tick tock
when your mind won’t lock
’cause the clocks don’t stop
tick tock
tick tock
too many clocks never stop
in the clockmaker’s shop,

fuck, can time just please stop.


Annezel Meiring

Die dief in die nag

Jy kom soos ’n dief in die nag
Stilswyend en genadeloos
Ons is besig met planne vir more maar in jou mou is jy besig om te lag
Want jy is die meester van ons lewens so broos

Ons dink ons het altyd meer van jou
Maar sonder woord of blik of bloos besluit jy ons pret is gedaan
Geliefdes neem jy weg en dompel die gelukkiges met meer tyd in ’n onuitspreeklike rou
En skielik wens niemand meer vir sakke vol geld eerder net vir nog ’n tydjie saam

Ja mnr tyd. Jy het ons almal in die palm van jou hand
Ons is jou marionette wat vir jóú plesier dans
Tot jy besluit ons het geen doel meer en maak ons van kant
Ons drome en planne ontrafel jy saans en borduur vir ons ’n nuwe onbekende einde saamgeflans

Dit is hoekom, Mnr Tyd – jou ongenadiglike meester, ons jou sal fnuik
Want al slaan jy die kitaar oor die wat en wanneer in ons lewens
Sal ons met die bietjie of baie tyd tot ons beskikking steeds na die sterre reik
Ons sal voluit leef en die meeste van jou maak totdat die koerant deurgee ons begrafnis gegewens

Jy kan probeer om jouself te verbloem as ons vriend wat ons laat lag
Maar ons weet ... jy is eintlik net ’n dief in die nag



Evanthe Schurink

vlietende versplintering

een enkel sekonde gemeet teen tydloosheid
tydloosheid geweef in ons lewenssimfonie
simfonie van versplintering van die tik van tyd
tyd se korrel sand wat deur die uurglas splyt
splyt ’n druppel dou soos ’n blaar se val
val in een oomblik se ewigheid
ewigheid vir altyd verby
verby toe jy
jy deur my vingers gly
gly in tyd jou lewe verby
verby maar die pyn van ons leef
leef vir altyd se ewigheid binne my


Sanet Viljoen

Swart en wit

Die lewe se slakke-sloergang
hou die menswees in bedwang
Die hand wat hierdie land beheer
is onwillig om dié kwaad te keer
Rand en sent se doods-roetine,
die hoofman se enigste rang:
’n produksielyn
van swart en wit siele


Zerelda Esterhuizen

Oomblikke

In die kontinuum van tyd
wens ek ek kon terugdraai
na die oomblik wat ek vir hom ja gesê het
die oomblik wat ek hulle warm vasgehou het
die oomblik toe ek nog kon groet
die oomblik toe ek verwonderd was
die oomblik toe ek drade kon optel
die oomblik toe ek daai foute gemaak het
Maar tyd is arglistig en slim
jy sal nooit kan terugkeer
na wat was en jy kan net wens vir wat kon wees
Hy, die Horlosiemaker, hou dalk die wyster stewig vas
sodat ons nederige pionne kan leer en ja, ook wyser word


Barend van der Merwe

Die tyd van die toeps

Vir elke toep is daar tyd
Daar's ’n tyd vir Facebook
’n tyd vir Twitter
’n tyd vir Pinterest
en ’n tyd vir Instagram
’n tyd vir LinkedIn
en ’n tyd vir Google
’n tyd vir WhatsApp
en ’n tyd vir Tinder

Elke toep sluk sy deeltjie tyd


Annelize Bruwer

Slote

Ek staar in die spieël en sien die fyn lyntjies om my oë
Die herinneringe hoe hulle gevorm is maak my sommer bewoë
Hoe kon ek dink dat die lewe net so gaan bly soos daardie tyd
Is ek tevrede met waar ek is of voel ek spyt? 

Die lewe is een groot Ferrari, dis duur en dis net ’n gejaag
Jy is baie geseënd as jy betyds al jou drome, doelwitte en dagboekafsprake slaag
In ’n oogwink is alles verby
Of jy nou tien, twintig of tagtig kersies betyds op jou laaste verjaarsdagkoek kon kry. 

Een oomblik droom jy nog oor hoe jy die wêreld plat wil reis
Gaan ek ’n prokureur, dokter, algemene werker word of sorg ek dalk eendag vir my kinders tuis? 
As jy jou oë knip is jy al volwasse en miskien besig om planne vir geboue of karre op te stel
Jy wens so jy kon jou geliefdes wat altyd by jou was, in die hemel bel. 

Die sekondes wat tik, die horlosie wat loop
Dié is of jou beste vriend, of jou vyand wat stadig besig is om alles van jou te stroop
Die sand loop deur die uurglas, jy wil dit net stop 
Dit voel of jy alles in een dag in wil prop. 

Het ek al alles bereik wat ek wou, 
Is ek te besig om aan die verlede te klou? 
Huil ek te veel, lag ek te min, 
Is alles net te deurmekaar of maak die lewe se tyd vir my sin? 
Stadig maar seker hardloop die kalender soos ’n wafferse atleet vinnig verby
Die minuutwyser van die horlosie is besig om vyfde rat te kry
Die spieël wys my ek moet gou maak voor ek myself verwyt
Die lyntjies om my oë is eintlik klein slote van tyd. 


Rina Maritz

Strepieskode-sekondes

Met oë stip op die wysers gerig
staar sy na die ronde gesig

Gedagtes ver van waarna sy kyk
dink sy aan dinge sommer gelyk

Beelde flits soos ’n strepieskode
sekondes word opnuut gebore

Herinneringe uit jare word ontvou
Tyd van vreugde en tyd van rou

Vergeefs probeer sy wysers stop
Vas te hou die onthou in haar kop

Nommers gekerf om aan te dui
Wanneer is tyd vir altyd verby

Sestig tik taks maak minute vol
Omskep in ure laat dit tyd uitrol

Lewe en dood is ’n metgesel
Baie om daarvoor te vertel

Tog swyg sy want daar is nie keer
Soos tyd ons almal wys en leer

As liefde nie ons lewe regeer
Vergeefs probeer ons tyd te keer

Al wat oorbly is om harte reg te kry
Vergeet die gisters, dit is verby

Daar bly net een vraag onbeantwoord
Gooi die lelik nou oorboord

Want gesig sal sy krag verloor
Aan te dui als is ewig oor

Tree vir tree stap hul ritmies aan
So sal dit bly tot tyd vergaan

So dink sy haar sekondes en minute om
maak ure bymekaar in ’n groot drom

Maar tyd het die manier om goed te verweer
Die groot gat kan uitloop nie keer

Sy maak haar los van dinge wat blok
En luister na die dong van tyd se klok



Estelle Rubow

Onsterflikheid

In ’n tydelike staat van net maar wees
skulp ek soos die kluisenaarskrap
in ’n liggaam kortliks net geleen,
in die hier en nou maar nietig mens
– verganklikheid van bloed en vlees

my aardse bestaan deur tyd bepaal
– die opkoms van die son en maan –
seisoene wat siklies kom en gaan
van my verwyling hier die somtotaal

Maar my bewussyn, ja my siel
– nooit gebore of gesterf –
swerf saam met golwe van die tyd
wat om en om en op spiraal,
geëien deur die ewigheid



Karin Nieuwoudt

Toekomsdroom

met sielesmart en
brute vraag
stort haar oog en hart bitter
trane
bitter proe
bitter krank

haar ootmoedige smeek herhaal
soos ’n pendulum
tik tik
tik tik
in
maniese repetisie
o sal U met pleitrede voor die Vader
met heilige geweld
ingryp?
sodat hartstog weergalm
in die tronk van haar smart?

’n prisonier
in die martelhuis
van haar vraag
in die folterhel van
verdoemenis
knik haar knieë
swak
sielloos; leweloos
hooploos

maar
eendag is eendag
is U tog
haar blind-
werkende
krag


Elizabeth Kendall

My wens

Tyd kom lê in laslappies
vir altyd en vir nou
onthoutyd is blou,
routyd pers -
dit bloureën oor my heinings,
laventel teen my mure
tyd soek soms skuiling,
dit laat pyn en smart versag
as jy (geduldig) wag
tyd het vlerke,
boeie én krag –
mag jou en my menswees
sag toevou in tyd se asem


Skryfkompetisie: Tyd

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings I

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings III

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings IV

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings V

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top