Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Stap in Idasvallei

  • 0

Foto: verskaf

Kom stap deur die Stellenbosse woonbuurt Idasvallei saam met die Walking by Faith Ladies en plaaslike inwoners. Gaste word verwelkom met koffie en tuisgemaakte koesisters of roosterkoek, waarna die gids deelnemers meer vertel oor die buurt en natuurgebied met sy eiesoortige plantegroei en diere. Elkeen kry ’n inheemse boom om te plant in die natuurgebied wat deel vorm van die Idasvallei-gemeenskapsroete. Die organisasie is aangewys as ’n top-innovasieprogram van die Wêreld Ekonomiese Forum. 

Eon Hendrikse van Idasvallei vertel vir Naomi Meyer van hierdie geleentheid op die Woordfeesprogram.

Foto: verskaf

Eon, wie is jy en waarom het julle besluit om hierdie stap deur Idasvallei te reël?

I am Eon Hendrikse and will partake in the tour, actually the person who started the Stap in Idasvallei with the support of locals.

Ida’s Valley Community Trails is a community organization committed to uplift the Ida’s Valley Community and surrounds through the sustainable multi-use of the Ida’s Valley Nature Area.

Ons het besef dat ons ’n ekonomiese impak kan maak in ons gemeenskap as ons die natuurarea gebruik vir recreational, educational and tourism geleenthede.

.........
Ons het besef dat ons ’n ekonomiese impak kan maak in ons gemeenskap as ons die natuurarea gebruik vir recreational, educational and tourism geleenthede.
.............

Ons het tydens Covid ontstaan, waar ons werkgeleenthede begin skep het vir ses jong mans van die area en ook ’n fietsry holiday program op die been gebring het.

Wat is julle doelwit met die staptog? Om mense die omgewing te laat sien?

Vandag skep ons werk vir meer as 15 mans en vroue in die gemeenskap en het ’n fietsryprogram met meer as 30 jong kinders wat deel daarvan is.

Ons goal is nie om net werk te skep nie, maar om jonk en oud te equip met skills wat hulle in staat stel om beter werksgeleenthede te kry.

...........
Ons goal is nie om net werk te skep nie, maar om jonk en oud te equip met skills wat hulle in staat stel om beter werksgeleenthede te kry.
.............

Foto: verskaf

Wat sal mense te siene kry as hulle saamstap?

Our community is a very diversed community of people of all backgrounds and ages with a rich history. We are blessed with amazing views, beautiful landscapes and breathtaking scenery in our community.

However we do face social issues like poverty and unemployment and that is why we’re pushing our goal and vision of using the Ida’s Valley Nature Area as a space that can stimulate the community economically in a sustainable way through recreational activities, tourism and education.

Hoe gaan die staptog werk?

Die stap van Idasvallei se doel is om net voete deur die natuurarea te kry, om die res van Stellenbosch en selfs die land bewus te maak van die ryk geskiedenis en die mooie natuurlike hulpbronne wat ons het. 

............
Die stap van Idasvallei se doel is om net voete deur die natuurarea te kry, om die res van Stellenbosch en selfs die land bewus te maak van die ryk geskiedenis en die mooie natuurlike hulpbronne wat ons het. 
...............

Wat die stap uniek maak, is dat stappers geleentheid kry om saam met die local Walking by Faith-stapgroep te loop, ’n groep vroue wat elke dag stap in die area en baie stories het om te deel. Stappers kry ook geleentheid om te smul aan tuisgemaakte roosterkoek en koesisters. 

Wie is die gids by die geleentheid?

Die gids sal wees Eon Hendrikse, one of the 100 young Mandela’s as voted by News24 and Social Justice Ambassador vir Thuli Madonsela se Thuma Foundation en University of Stellenbosch.

Wat gaan die mense kan eet wat saamstap?

Ons wil nie net stap en stories vertel nie, ons wil stappers ook bekend stel aan die kultuur en tradisies in die gemeenskap en dit doen ons deur die roosterkoek en koesisters.

Waaroor gaan die Woordfees vir jou, inwoner van Idasvallei?

Woordfees gaan oor meer as net ’n fees van woorde, Woordfees het baie te doen met kuns, kultuur en mense. So, dit is belangrik dat mense die platform gebruik om insig te kry oor wat in die res van Stellenbosch aangaan.

...........
Woordfees gaan oor meer as net ’n fees van woorde, Woordfees het baie te doen met kuns, kultuur en mense. So, dit is belangrik dat mense die platform gebruik om insig te kry oor wat in die res van Stellenbosch aangaan.
..............

And if people are looking for something authentic, this is a must join. It also illustrates the social impact that the university and Woordfees are doing to promote social responsibility in our town and country.

Who knows, in the future we can do outdoor art exhibits in the nature area, have poetry sessions next to the dam. 

Please allow me to thank Stellenbosch University, the Woordfees team, Stellenbosch Municipality, Visit Stellenbosch and the locals of Stellenbosch. 

Lees ook:

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Bibi Slippers

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Saartjie Botha

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top