Ryan Pedro se toespraak by die ontvangs van die 2021 UJ-debuutprys

  • 0

Ryan Pedro se pienk ceramic-hondjies ontvang die 2021 UJ-debuutprys. (Foto’s: verskaf)

Die UJ-pryse vir 2021 is op 7 Mei 2021 toegeken. Lees Ryan Pedro se toespraak wat by die prysuitdelingsfunksie gelewer is.

Die ander dag bevind ek my met my gat op die kombuisvloer, besig om my dood te huil. Die persoon wat my die beste ken, en wat vanaand hier is, sal weet dis nie iets wat ek sommer aan enigiemand sal admit nie. Want (a) ek huil nie, en (b) ek praat nie oor my gevoelens nie. En sy sit probably nou met haar kop slightly cocked to the side, in afwagting vir waarheen dié opening paragraph gaan.

Maar ek weet ook sy ken my as die persoon wat voor ’n bus sal inloop as ek my headphones op het. Dit vat net die regte song, die regte time of day, en die lowest level van tolerance vir mense en die buitewêreld op daardie spesifieke dag. En dié feit sal verduidelik hoekom ek op ’n Dinsdagmiddag op die kombuisvloer sit en huil.

Ek was besig om skottelgoed te was toe my shuffle land op The Cranberries se “Ode to my family”. Dis die eerste keer wat ek die song gehoor het, en daai might maybe vir my meer embarrassing wees om te admit. Dis ’n beautiful song, en my reaction tot dit was immense. En daar’s nie eers ’n reason vir dit nie. Ek kan met baie min in die song relate, en saam met “Dreams” en “Linger” is dit heel waarskynlik die enigste Cranberries-songs wat ek in my lifetime sal luister.

Sulke moments vat my terug tot by ander, similar moments. Empty moments dictated deur niks anders as die mundane nie. Soos die eerste keer toe ek Dionne Warwick se “That’s what friends are for” gehoor het. En nie eers die hele song nie, net die slight key change voor Elton John begin sing. Niks profound het daai dag gebeur nie. Ek kan ook glad nie relate aan die song nie. Dis net daai moment. So ook die eerste keer toe ek Karen Carpenter se stem gehoor het op “We’ve only just begun”. Dit het vir my gevoel asof ek in daai moment al ’n leeftyd experience het, en net daar maar kan doodgaan.

Ek was nege.

My hele lewe bestaan uit sulke moments. Almal soos scenes uit movies uit wat sonder enige spesifieke konteks compile is tot in ’n YouTube-video met ’n lame titel soos “Top 10 Moments That Made You Realise You Have A Heart”. Elke moment so empty en so static soos die next, met net musiek wat vir my sê hoe om te voel en nie eers vir my ’n rede kan gee hoekom nie.

Maar dit het alles verander toe ek vir die eerste keer rap discover het. Skielik het ek geweet hoekom ek so sad en so kwaad is. En ek het ook geweet hoe om my weg te baan deur die chaos wat dit pose. Want dis ’n chaos wat ek al gesien het in my huis. In my community. En ek weet presies hoe en waar om corners of solace te gaan vind. Een met ’n gemaklike stoel langs ’n groot venster wat uitkyk op ’n mooi tuin, of wat afkyk op ’n straat vol laities wat hulle hare blond gedye het vir die Desembervakansie, met een van hulle wat suddenly op ’n lectric boks spring en amper ’n aar in sy kop bars soos hy probeer om super sayian te gaan.

Imagine finding a moment of silence, of beauty, of flowers and birds, late afternoons wat smelt oor voorstoepe in ’n song wat gaan oor hookers en hoesstroop? Murder en mayhem?

Dis quite possible. En dis sulke oomblikke wat hulle weg gevind het tot in pienk ceramic-hondjies. Moments wat sê: “’is fine, kom net deur dié, dan sal jy fine wees.”

Maar ek gaan nie vir te lank aangaan oor dit nie. Dis alles in die boek. Presies soos wat dit moet wees.

Instead, en in true pienk ceramic-hondjies fashion, gaan ek julle los met ’n playlist. Een met net drie songs op.

  1. DMX – Dogs for Life

Vir almal wat my in check hou, wat my stable hou, my sane hou, my safe hou. En meeste van alles, my inspired hou. Nathan, Ronelda, Seymour, Regardt, Ashwin. My homies. My dawgs.

  1. Kendrick Lamar – Element

Vir my mentors, die craftsmen wat ek admire. Dr Alfred Schaffer, my earliest critic en hype man. Prof Louise Viljoen vir haar poised, eloquent en respectful approach tot die writing vanuit my communities binne en buite die klaskamer. Prof Andries Visagie vir ’n baie insiggewende en (apparently) life-altering honneurslesing oor mens-dier-verhoudings in die literatuur. En dan weer eens Nathan Trantraal, Ronelda S Kamfer. Julle art, knowledge en guidance beteken die wêreld vir my.

  1. MF Doom – Doomsday

Vir dié van julle wat nie vir MF Doom ken nie, hy’s ’n underground rapper wat altyd ’n masker dra in public. Hy haat die idee van fame en celebrity, en die masker is ’n manier vir hom om sy identiteit te beskerm. Hy haat dit só baie dat hy ’n groep proxies het wat sy aanhangers “Doombots” of “Doomposters” gedoop het – mans wat presies soos hy lyk, wat die lirieke van al sy songs ken, sy flow en sy cadence kan mimic, en wat hy dan stuur om namens hom concerts te doen.

En Suzanne, die persoon wat my die heel beste ken, weet dat ek nou veel eerder by die huis sou wou sit by ons twee honde, terwyl daar iemand met ’n masker op namens my dié award accept. Want alhoewel die ontvangs van die UJ-debuutprys vir my ’n geweldige eer is, is dié in fact vir my Doomsday.

Maar my anxiety oor dié speech gaan probably oor so ’n paar dae subside, en dan gaan ek weer voel soos wat ek gevoel het toe hulle die wenners aangekondig het.

Dankbaar.

Dat ’n boek soos pienk ceramic-hondjies dié prys kon wen. Dat daai previous mentioned moments of solace op só ’n manier gevalidate kan word, nie net vir my as writer nie, maar veral vir die laitie wat met Jordans aan sy voete en goud in sy mond in ’n eerstejaarsklas vir Afrikaanse letterkunde gaan moet sit. Wat deur ’n sea van literature gaan moet swem tot hy by dié boek uitkom, ’n boek wat hopefully vir hom kan sê: “’is fine, kom net deur dié, dan sal jy fine wees.”

 

Lees ook:

Willem Anker se toespraak by die ontvangs van die 2021 UJ-prys

UJ-pryse 2021: Commendatio vir Willem Anker se Skepsel

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top