Willem Anker se toespraak by die ontvangs van die 2021 UJ-prys

“Maar kyk, hier sit ons vanaand, in beperkte getalle, met ons maskers aan. Die mure staan darem nog. Die lewe gaan voort. Ons is saam by hierdie geleentheid, want mense skryf nog boeke, want u is wonderlik genoeg om pryse te gee vir skryfwerk in ’n klein hardegat mineurtaaltjie.”