Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Desember 2021 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Desember in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
3 Desember
Boekenuus: Kyk wie wen pryse vir boekontwerpe
Nuusberig oor die wenners van Good Book Appreciation Society se pryse vir beste boekomslag.
6 Desember
Resensie: Vreemde tale poel in monde soos geheime
Joan Hambidge resenseer mag die diep slaap jou dan deur Hilda Smits
Boekevat: Luide applous vir die mense agter die boek
’n Rubriek deur Annie Olivier
7 Desember
Boekenuus: Digkuns vir nuwe millenium die fokus van NP van Wyk Louw-lesing
Nuusberig oor die NP van Wyk Louw-gedenklesing
Boekenuus: Boekfeeste-man wen goue medalje van English Academy
Darryl Earl David vereer
8 Desember
Boekenuus: Ontslape digter se 70ste gevier met bundel en gedenkprogram
Nuusberig oor die huldiging van Patrick P. Petersen
Boekenuus: Krugersdorp-moorde: Booysen vertel van moorde in boek
Oor ’n nuwe boek wat oor die Krugersdorp-moorde gaan verskyn
12 Desember
In memoriam: Anne Rice (80) ‘het nuwe lewe in vampier-genre geblaas’
13 Desember
Resensie: ’n Sonderlinge blik op Freek
Francois Bekker resenseer Op die man af deur Freek Robinson
Resensie: Debuut ’n waardige wenner
Jonathan Amid resenseer The Swim Team deur Catherine Jarvis
Boekevat: So-so digters boots na, goeie digters steel
’n Rubriek deur Daniel Hugo
Resensie: Roman buite grense van speur en spanning
Joan Hambidge resenseer Vlug deur Wilna Adriaanse
14 Desember
Profielonderhoud: Kamfer skryf nie om iewers te behoort nie
AJ Opperman in gesprek met Ronelda Kamfer
15 Desember
Boekenuus: Omvattendste boek oor geskiedenis van Pretoria uitgereik
16 Desember
In memoriam: Sterk feministiese stem in Amerika raak stil met Bell Hooks (69) se dood
Boekenuus: Boek oor VS-rugby hier; Cheetah-rugby sal nie uitsterf, sê skrywer
17 Desember
Boekenuus: Dié boeke soek mense in hul Kerskous
Nuusberig oor boekverkope in die oploop na Kersfees
18 Desember
Skryfnuus: Hoërskool D.F. Malan maak skoonskip onder skryfpryse
20 Desember
Boeke: Leesfees hierdie Kersfees
Jo Prins vra skrywers en letterkundiges watter boeke hulle oor die feestyd wil lees
Resensie: ’n Groot Afrikaanse roman
Francois Bekker oor Grootgeluk deur Jan van Tonder
Resensie: Booker-wenner vir Kersfees
Loftus Marais oor The Promise deur Damon Galgut
Resensie: Verse met verruklike beelde
Joan Hambidge oor mag die diep slaap jou dan deur Hilda Smits
Resensie: ’n ‘Kompoun’ van baie dinge
Dineke Volschenk oor Kompoun deur Ronelda Kamfer
Resensie: ’n Diep ontroerende verhaal
Jonathan Amid oor Die hart is so groot soos ’n vuis deur P.P. Fourie
Boekenuus: Hier word gedigte gesmee tot woord-idees
Elretha Britz oor Gerhard Barkhuizen se debuutbundel
22 Desember
Boekenuus: Jan Vermeiren illustreer nuwe Afrikaanse kinderboek oor bidsprinkaan
24 Desember
Sterfteberig: Joan Didion sterf op 87
In memoriam: Invloedryke Didion laat letterkundige rykdom na
In memoriam: Didion kon Amerika in al sy teenstrydighede vasvang
26 Desember
Boekenuus: Vrugbare jaar vir SA se boekewêreld
’n Terugblik op 2021
30 Desember
Profielonderhoud: Justin Fox se debuutbundel gebore uit liefde vir reis en landskap
AJ Opperman in gesprek met die skrywer
31 Desember
Skryfnuus: Groot prysgeld op die spel vir kortverhaalskrywers
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Desember op LitNet verskyn:
Losprys in Parys, ’n lesersindruk met hulp aan taalonderwysers
Nog stories teen my muur deur Matthys Strydom: ’n lesersindruk
Elisabet se oorlog: ’n Onderhoud met Helene de Kock
Die teenoorgestelde is net so waar: ’n onderhoud met Azille Coetzee
Robert – a queer and crooked memoir: ’n onderhoud met Robert Hamblin
Through your eyes, ’n onderhoud met Marianne Lomberg, wenner van ’n Strelitzia-toekenning
Die Andrew Murray Prysfonds: ’n gesprek tussen Bettina Wyngaard en Frits Gaum
Elsa Winckler, iemand wat lief is vir die liefde
25 trappe na benede, ’n onderhoud met Madelein Rust
Die volgende resensies het gedurende Desember in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
5 Desember
Resensie: Jean Meiring resenseer Die lemmingmense deur Fransi Phillips
Resensie: Stefaans Coetzee oor Bait: To catch a killer deur Janine Lazarus
Nuut op die rak: “SA grotes delf diep”
- Anant Singh se memoires In Black and White;
- Spur-stigter Allen Ambor se biografie A Taste for Life: How the Spur legend was born;
- en Cultureneering: Culture, Diversity and Customer Service deur die entrepreneur Ian Fuhr, stigter van die Sorbet-groep en The Hatch Institute
12 Desember
Resensie: Hein Viljoen resenseer Mag die diep slaap jou dan deur Hilda Smits
Resensie: Spieëltjie, spieëltjie deur Jan Vermeulen, geresenseer deur Jonathan Amid
Nuut op die rak: “Krag vir elke dag”
- Leef jou nuwe lied: 200 dagstukkies deur Elsa Winckler en Sonja Goldberg;
- Susan Coetzer se ’n Sonnebom vir elke dag;
- ’n Palet vol vreugde: 366 dagstukkies deur Aletté-Johanni Winckler;
- Uit die Beek 2022 deur ds. Barend Vos; en
- Andries Cilliers se 100 dae van vriendelikheid
19 Desember
Resensie: Loftus Marais resenseer Crossroads deur Jonathan Franzen
Nuut op die rak: “Kortkuns vir peusel”
- Daniël Lötter se 14 maal moord;
- Cas Wepener se Ritmes en rites: Rubrieke vir drumpeltye; en
- Stetoskoop deur Heinz Mödler
Die volgende resensies het gedurende Desember op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
7 Desember
Resensie: Die duisend en eerste nag
Louise Viljoen resenseer Die duisend en eerste nag deur François Bloemhof
14 Desember
Geestelike leesstof vir kinders
Louise Viljoen resenseer nuwe geestelike boeke vir jong lesers.
21 Desember
Resensie: In die teenwoordigheid van die Allerhoogste
Deur Louise Viljoen
28 Desember
Resensie: Die Toeligtingsbybel
Deur Louise Viljoen
Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.
14 Desember
Mermaid Fillet en die godin wat storms laat woed in Kaapstad
Mercy Kannemeyer skryf oor Mermaid Fillet deur Mia Ardene
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Desember op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4793
Woensdag 1 Desember
Ilse Salzwedel gesels met die jeugskrywer Annerlé Barnard, wie se derde jeugroman, Spel, pas bekroon is met ’n goue Sanlamprys vir jeugfiksie. Irma Venter gesels oor haar jongste spanningsroman, Minder as niks. Johan Myburg het nuus oor die kortlyste vir die Costa-pryse en die Amerikaanse National Book Foundation se toekenning vir die beste fiksie. Hy bring ook hulde aan die Amerikaanse digter, Robert Bly, en jy kan luister na ’n opname waarin Bly een van sy eie gedigte voorlees.
Woensdag 8 Desember
Suzette Kotze Myburg en Azille Coetzee gesels oor Azille se jongste boek en haar eerste roman, Die teenoorgestelde is net so waar. SARIE se boekeredakteur Phyllis Green gesels oor ‘n paar moet-lees-memoires. Johan Myburg kyk in sy internasionale insetsel na ‘n klompie boeke uit Afrika wat die afgelope jaar met pryse weggestap het, verwikkelinge by die Britse Royal Society of Literature en die Britse dagblad, The Guardian, se vyf boeke van die jaar in die kategorie vir misdaadromans en rillers.
Woensdag 15 Desember
Drie boekmense – Deborah Steinmair, Bettina Wyngaard en Phyllis Green – deel hulle 2021-leeshoogtepunte. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae oor die Russiese skrywer, Yurie Felsen, wie se debuutroman byna ’n 100 jaar na publikasie vir die eerste keer in Engels gaan verskyn. Hy het ook nuus oor twee hervertellings van die Griekse mitologie, en jy kan meer uitvind oor Adam Aitken, ’n Australiese digter wat pas met die Australiese Patrick White-prys bekroon is.
Woensdag 22 Desember
SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor mooi koffietafelboeke, inspirerende selfhelpboeke en kookboeke. Bibi Slippers deel haar lekkerleesboeke vir 2021, en Johan Myburg gesels oor sy top drie Afrikaanse boeke vir die afgelope jaar. In sy gebruiklike internasionale insetsel gesels Johan oor Britse biblioteke se gewildste oudio- en e-boeke vir 2021, en ’n besondere koffietafelboek uit die pen van Bruce Springsteen en Barack Obama. Hy sluit sy insetsels vir die jaar af met ’n Kersfeesgedig uit die pen van die Engelse digter John Betjeman.
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Desember op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4896
Dinsdag 7 Desember
Die akteur en musikant, Dean Balie, skuif agter die mikrofoon in en lees enkele van sy gunsteling verse voor. Jy kan uitsien na verse deur Adam Small, Thomas Deacon, Pieter Odendaal, Elisabeth Eybers, Petra Müller, T.T. Cloete, I.D. du Plessis en Jeanne Goosen.
Dinsdag 14 Desember
Die Pool, Jerzy Koch, is ’n vertaler, digter, akademikus en hoof van die Afdeling Nederlandse en Suid-Afrikaanse Studies by die Adam Mickiewicz-Universiteit in Poznan. Hy is ook die skrywer van ’n omvattende literatuurgeskiedenis oor Afrikaans. Hy besoek Suid-Afrika gereeld sedert 1992, en het die Afrikaanse taal sodanig sy eie gemaak dat hy dit vlot praat en gedigte daarin skryf. Hy gesels oor en lees gedigte voor uit sy nuwe digbundel, Pleks van plaas, en hy lees ook ’n paar ongepubliseerde gedigte voor. Pleks van plaas is ’n versameling unieke gedigte oor plekke (in Europa en Suid-Afrika) en verplasings tussen kontinente, soos beleef deur die poliglot Jerzy Koch.
Dinsdag 21 Desember
Martelize Kolver lees van haar gunsteling gedigte deur Elisabeth Eybers voor. Eybers word deur Antjie Krog beskryf as “ons grootste digteres”. Eybers kon soveel ervarings, emosies, nuanse, ’n hele lewe in woorde beskryf. Met die ontvangs van die Hertzogprys in 1971 sê Elisabeth Eybers: “Poësie is ’n eensame besigheid, maar dit het die vermoë om mense nader aan mekaar te bring en om hulle wesenlike verwantskap te bevestig.”
Saterdag 25 Desember
In hierdie spesiale uitsending van VERS EN KLANK en KORTOM vier ons Kersfees met gedigte en verhale van ons grootste digters en skrywers en musiek van oraloor. Susanne Beyers, Waldemar Schultz, Cintaine Schutte en Pieter van Zyl is die voorlesers. Jy kan uitsien na gedigte en stories van Linda Rode, N.P. van Wyk Louw, Pieter G.R. de Villiers, I.L. de Villiers, D.J. Opperman, Zandra Bezuidenhout, J.B. Wellekens en Daniel Hugo, Cas Vos, Donnay Torr, Marlise Joubert, Attie van der Colff, Antjie Krog, Bernard Odendaal, Fanie Olivier en Olga Kirsch.
Dinsdag 28 Desember
Susanne Beyers gedigte voor uit ’n nuwe bundel deur Margaret Cordier. Dis getiteld, Buigbreek, en is uitgegee deur Cordis Trust Publikasies. Margaret Cordier het haar vormingsjare in die Noord-Kaap en Namakwaland deurgebring, en in die dorpie Alexanderbaai grootgeword. Later, op Roedtan, het sy vier kinders grootgemaak, twee maal die Comrades gehardloop en tweekamp gedoen, en ook haar graad aan Unisa met sielkunde en kriminologie as hoofvakke voltooi. Sy skryf geleentheidsgedigte en prosa, en voer dit op as monoloë. Margaret het na ’n tyd van omwenteling uit die Wes-Kaap na Pretoria verhuis, waar sy haar tyd as enkeling gebruik om te draf, dig en skryf. Dis Margaret se debuutbundel en dit verwoord ‘n onvoorspelbare lewensreis skeppend-byna beeldend.
Prof. Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
In Desember het sy die volgende resensie vir Fine Music Radio gelewer:
Resensie | Nachoem M. Wijnberg – Liedjes/Liedjies (Vertaal deur Daniel Hugo)
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
3 Desember
Resensie: Louise Viljoen resenseer Vrugbeginsel deur De Waal Venter