’n Woord kan ’n tydsgees vasvang.
- In 2013, toe LitNet die eerste keer LitNet se "Suid-Afrikaanse woord van die jaar"-kompetisie aangebied het, was die woord op almal se lippe "e-tol".
- Een van 2014 se mees emotiewe woorde was "beurtkrag". (Sien "Woorde van 2014", deur Willem Botha en die WAT.)
- In 2015 was daar vuurwarm diskoers rondom studenteprotes en hutsmerkveldtogte. Die # is aangewys as wenner.
- In 2016 het politieke terme die hoogty gevier en "staatskaping" is aangewys as die wenner.
- In 2017 was die media in die spervuur as gevolg van vals nuusberigte en "fopnuus" is aangewys as wenner.
- In 2018 was die wenwoord "grondonteiening".
Wat is 2019 se Afrikaanse woorde wat ontstel, prikkel of die heersende gesprek saamvat?
LitNet sal R1000 toeken aan een woord, die sterkste inskrywing volgens LitNet se redaksie.
Indien die woord van die jaar deur meer as een persoon ingeskryf is, sal die wenner deur middel van ’n gelukstrekking bepaal word.
Slegs inskrywings wat per e-pos ontvang word, sal in aanmerking kom. Inskrywings in kommentare op die sosiale media en LitNet sal nie oorweeg word nie.
Kompetisiereëls:
- Stuur jou woord voor middernag op 11 Desember 2019 aan litnetwoord2019@litnet.co.
za - Slegs een inskrywing per persoon.
- Deur in te skryf, stem jy toe dat LitNet jou mag inteken op die weeklikse nuusbrief wat na jou e-posadres gestuur word.
- LitNet behou hom die reg voor om geen prys toe te ken nie.
Lees die lys van inskrywings hier.



Kommentaar
Plaasmoorde
staatskaping
"Wereldbeker"
Woord 2019
Geloof
Sakeredding
Hoop
Wêreldbeker
Korrupsie
Vegan
Wereldbeker
Sakeredding
God
Staatskaping
Droogtegeteister(de)
Ramaforie
Eskom
Ramapolis?
Wêreldbeker !
0m iets 'rondom' iets anders te verduidelik
Droogte
Toepassing of toep i.p.v "app"
Zondo-kommissie
Grondgrype
beweerde
Japanja
Droogtehulp
Eko-ramp
Platform
Ek dink Troostante is woord met baie betekenisse..
Galamus 'n platvloerse persoon, boereverneuker
Troostantes. (Grab-a-granny)