LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2021

  • 9

 

’n Woord kan ’n tydsgees vasvang.

  • In 2013, toe LitNet die eerste keer LitNet se "Suid-Afrikaanse woord van die jaar"-kompetisie aangebied het, was die woord op almal se lippe "e-tol".
  • Een van 2014 se mees emotiewe woorde was "beurtkrag". (Sien "Woorde van 2014" deur Willem Botha en die WAT.)
  • In 2015 was daar vuurwarm diskoers rondom studenteprotes en hutsmerkveldtogte. "#" is as wenner aangewys.
  • In 2016 het politieke terme hoogty gevier en "staatskaping" is as die wenner aangewys.
  • In 2017 was die media in die spervuur as gevolg van vals nuusberigte en is "fopnuus" as wenner aangewys.
  • In 2018 was die wenwoord "grondonteiening".
  • In 2019 was "droogte" die woord van die jaar.
  • In 2020 was "COVID-19" die word van die jaar.

.....

Wat is 2021 se Afrikaanse woorde wat ontstel, prikkel of die heersende gesprek saamvat? Stuur vir ons jou woord van die jaar in enige variëteit van Afrikaans.

.....

LitNet sal R1 000 toeken aan een woord, die sterkste inskrywing volgens LitNet se redaksie.

Indien die gekose woord van die jaar deur meer as een persoon ingeskryf is, sal die wenner deur middel van ’n gelukstrekking bepaal word.

Slegs inskrywings wat per e-pos ontvang word, sal in aanmerking kom. Inskrywings in kommentare op die sosiale media en LitNet sal nie oorweeg word nie.

Kompetisiereëls:

  • Stuur jou woord voor 08:00 op Dinsdag 14 Desember 2021 aan litnetwoord2021@litnet.co.za.
  • Geen sinne of frases sal aanvaar word nie; slegs ’n enkele woord.
  • Slegs een inskrywing per persoon.
  • Deur in te skryf, stem jy toe dat LitNet jou mag inteken op die weeklikse nuusbrief wat na jou e-posadres gestuur word (indien jy nog nie ingeteken is nie).
  • LitNet behou hom die reg voor om geen prys toe te ken nie.
  • 9

Kommentaar

  • Jan van Greunen

    Verwysing: Vaksine (vaksineer is 'n werkwoord en inenting is 'n naamwoord).
    Ek mag dalk "outyds" wees maar ek staan die bebruik van direkte vertalings van Engelse woorde en uitdrukkings en leenwoorde teen terwyl ons reeds beskrywende en aanvaarde Afrikaanse woorde het. Sinonieme is nie altyd noodsaaklik in 'n taal nie.
    As ons glad nie 'n Afrikaanse woord vir iets het nie, kan dit (tydelik) gebruik word tot ons 'n gepaste woord skep. Ons is tog baie skeppend wat dit betref. Dit verryk ons taal terwyl direkte vertalings, anglisismes en leenwoorde ons taal verarm en Afrikaanssprekendes lui maak. Nederlands is deurspek met Engels omdat dit ontwikkel het in Europa onder 'n groot invloed van Engels en omringende Europese tale. Afrikaans het aan die suidpunt van Afrika ontwikkel. Nederlands is soos water wat afdraend loop. Nederlanders erken self dat hulle te lui geword het om hulle woordeskat uit te brei, m.a.w. hulle taal te verryk en uit te bou.
    Groete.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top