LitNet-blits #4

  • 0

Waar daar ’n rokie trek, moet mos ’n vuurtjie brand.

LitNet-blits is ’n kitsgids na die plekke op LitNet waar vurige opinies die gesprek aan die brand steek.

So wat sê jy?

 

Teken hier in en lewer kommentaar.

 

• Die tonge is los op LitNet se Facebook-blad oor die resensie-essay van Steve Hofmeyr se roman Die verste uur.

Hoekom lyk dit asof die voorpraters nog nie die essay gelees het nie? Laat weet ons wat jy van Die verste uur gedink het en of jy met Etienne Viviers se siening saamstem. 

• SêNetter Varkspek lug ’n opinie na aanleiding van Kobus de Klerk se brief oor homoseksualiteit. "Die kerke en baie godsdienstiges doen ’n groot onreg om gays te veroordeel en verwerp, en sal eendag daarvoor verantwoording moet doen."

Barack Obama het vandeesweek die eerste Amerikaanse president geword wat openlik ten gunste van gay-huwelike standpunt inneem. Wat is jou mening?

 

• "Met Olive Schreiner moet ’n mens altyd versigtig wees om haar nie te wil eien vir groepsbelange nie." Lisba Vosloo vertel meer van die formidabele vrou wat "anti al die -ismes" was. 

Etienne Viviers werp ’n fassinerende blik op Steve Hofmeyr se roman Die verste uur en vra belangrike vrae oor Hofmeyr se motiverings: "Wat [het] Franse Barokmusiek nou eintlik met ’n Afrikaanse roman te doen: Hoekom gebruik Hofmeyr Rameau as truuk om ’n tydsreis na die Boereoorlog en ’n alternatiewe 21ste eeu moontlik te maak?"

Lees die essay om uit te vind wat Viviers se antwoord op hierdie vraag is.

• Lus vir ’n lekker storie? Lees Hennie Aucamp se inskrywing vir ons Vervaldatum-kortverhaalkompetisie.

Waldemar Gouws skryf oor ’n onderonsie met ’n gorilla, wat hom aan Diane Fossey en Tsietsi Mashinini laat dink. "[B]y sy eerste aandete in daardie land as eregas aan huis van ’n weldoener het sy gasheer ’n skottel aan tafel laat bring wat spesiaal voorberei is vir die jong aktivis. Eers ’n paar skeppe groente, en toe die gebakte hand van ’n gorilla (die linkerhand)." 

 

Like dit op Facebook, vertel jou vriende of stuur rookseine – maar maak seker almal hoor van: 

• Kry jy ’n vreemde virusboodskap as jy iets op LitNet soek? Iets wat só lyk:

Wees gerus: daar is geen virus of "malware" op LitNet of OuLitNet nie. Ons diensverskaffer is besig om die oorsaak van hierdie boodskap te soek. Intussen kan jy op die "Proceed anyway" skakel klik en voortgaan na die artikel waarna jy op soek was.

• Het jy van die gewilde produksies by die US Woordfees misgeloop? Die Fees van die uitverkooptes is jou kans om dit te beleef!

• Die omgewingspesifieke teaterproduksie Babbel is die groot wenner by die 12de Kanna-toekennings van die Absa KKNK en het in ses van die van die tien kategorieë geseëvier.  Vind uit wie die ander pryse gewen het en kyk na foto's van Babbel en ’n videogreep van die bekroonde produksie.

 

Verlede week het Izak de Vries hardop gewonder of Kerneels Breytenbach se Piekniek by Hangklip dalk ’n kriminele oortreding is ...  Joan Hambidge het intussen vir Izak op sy eie klein oortreding gewys: "Hy het my resensie in Rapport misgekyk, asook ’n belangrike onderhoud op RSG (Leeskring)." Lees Izak se reaksie hier.

Naas Viljoen het ’n broertjie dood aan die manier waarop die ANC se uitnodiging tot gesprek hanteer word. "Die ANC moet eenvoudig net die been van uitnodiging-tot-gesprek in die Afrikaanssprekendes se hok gooi en hulle sal self vir die res sorg – en die gebeure sal as manna uit die hemel deur die sensasie-beluste Afrikaanse pers opgeraap word."  Wat dink jy? Teken in en reageer!

Kobus de Klerk se brief getiteld "Homoseksualisme herbesoek" het vandeesweek baie reaksie ontlok.

Laat jou stem hoor.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top