
Foto van Faeed Amardien: verskaf
Life is ’n biets
Faeed Amardien
Tafelberg
ISBN: 9780624093374
Faeed Amardien vertel vir Naomi Meyer van sy boek Life is ’n biets wat pas by Tafelberg verskyn het.
Faeed, baie geluk met Life is ’n biets wat pas by NB-Uitgewers verskyn het. Ek het die eerste keer met jou hieroor gepraat toe jy in 2021 op die kortlys van die destydse Sanlam-prys vir Jeuglektuur was. Kom ons begin voor. Vertel my waar jy grootgeword het en wie jy is.
Ek wȏd groot in ’n klein plekke genoem Parkwood – oppie Cape Flats. Min opportunities, maa extemely baie talented individuals in sport, academics en anne cultural activities. Leaders wat anne mense na kan opkyk.
........
Miskien was daa maa altyd iets binne in my wat gehou et van skryf, maa ek herrit ie gevoel ie. Is ees in 2018 wat ek ie boek lies van Chase Rhys, Kinnes, wat ek decide dat ek ’n storie het om te vetel.
........
Miskien was daa maa altyd iets binne in my wat gehou et van skryf, maa ek herrit ie gevoel ie. Is ees in 2018 wat ek ie boek lies van Chase Rhys, Kinnes, wat ek decide dat ek ’n storie het om te vetel. Ek begin my heel eeste kȏtvehaal skryf, en raak mee brave toe ek beslyt om in 2020 in te skryf vi die Sanlam Jeuglektuur-skryfkompetisie.
Wat het jou die idee vir die boek gegee? Baie mense het idees vir ’n storie en dan begin hulle skryf en gee net moed op. Hoekom het jy deurgedruk en klaargemaak?
Voorie writing competition het iets vi my inspire om te skryf. Ek dink miskien wassit een vannie episodes van Law & Order: SVU wat iets in my ignite et, maa ek’t definitely ideas in my kop gehet. Daa was net g’n motivation ie. Soe ek search oppie internet vi writing competitions waa ek geld kan wen of awarded kan wies, maa innie selle asem wil ek oek ie awarded wiesie. Daa moet net ’n motive wies, annes gan ek ie inspired voel ie. Toe sien ek ek die competition. Ek het immediately begin skryf.
........
Daa moet net ’n motive wies, annes gan ek ie inspired voel ie. Toe sien ek ek die competition. Ek het immediately begin skryf.
........
Weirdly wassit ie ’n difficult process ie. Ek het elke dag my laptop oepgemaak en net begin skryf. Daa was niks fear van “it might not be good enough”. Party dae kon ek net halwe blaai skryf, anne dae het ek hoofstukke klaa gemaak. Ek het net completely gedelve in Leonardo Blood se character. Ommat ek soe baie van hom qualities in mense in my area gesien et. Dai hettie writing process self mee necessitate.
Jou storie neem mens onmiddellik in ’n klaskamer in. Leonardo wil na ’n outreach gaan sodat hy van die blueberry muffins kan kry en dit in die helfte kan deel sodat hy ’n stukkie kan saamvat vir kos by die huis. Leonardo is altyd honger, hy en sy gesin kry koud in die nag. Vertel my nog meer.
Ek het kȏ lief raak vi Leonardo en sy character, want hy is ’n diligent young individual wat net try om te survive. Hy willie nog burden op sy parents sittie wan hulle het niks – en hy is aware vannit. Hy try oek responsible staan, op een of anne way, vi sy klein broetjie.
Die geval dat hy altyd honger is, try ek nie romanticise ie wan it reflect die lived realities van ’n kallit klong oppie Flats. In most cases issie working class óf in ’n “council hys”/RDP of in ’n Wendy house (bungalow). In ’n case vannie latter issit waarie dak lek, of niks ceiling board issie. But ek moes vi Leonardo create om ’n voice te wies vi diegene wat voel dat daa niks hoep issie. Wan despite al dai odds stacked against him, het hy nog altyd ’n way gefind om nie te resort na crime, drugs en violence ie.
.......
But ek moes vi Leonardo create om ’n voice te wies vi diegene wat voel dat daa niks hoep issie. Wan despite al dai odds stacked against him, het hy nog altyd ’n way gefind om nie te resort na crime, drugs en violence ie.
.......
Ek dink dis baie belangrik om te sê dat jou hoofkarakter dit nie maklik het nie, maar sy storie is universeel vir enige tiener. En dan ontmoet hy daardie uncle. Het jy van die begin af geweet wat gaan gebeur?
Ja. Ek wou die pa remove van sy liewe as ’n skok effect virrie reader. Ek emotionally manipulate hulle indirectly om te sympathise met Leonardo. Die anne character wat ek create fill die position van sy pa. Sy journey op straat try ek om soe real as possible te maak, maa oek painless. Soe ek lat hy die character onmoet wat baie wiet vannie liewe, oek ommat hy wit is. Dat die narrative van colour nie ôs define nie, en barriers create ie. Leonardo het beyond ie point gesien van ’n wit man wat as pa act. Hy het homself geopen om receptive te wies tot ie knowledge en wisdom van ’n anne mens.
........
Dat die narrative van colour nie ôs define nie, en barriers create ie. Leonardo het beyond ie point gesien van ’n wit man wat as pa act. Hy het homself geopen om receptive te wies tot ie knowledge en wisdom van ’n anne mens.
........
Jou hoofkarakter is ’n volronde, regte mens. Mens wil so graag hê alles moet vir hom uitwerk. Was jy nie soms kwaad vir hom nie, soms magteloos saam met hom – hoe het jy dit ervaar om hom te skryf?
Ek was aspris mettie way hoe ek sy liewe exhibit et. Dalk wou ek hê Leo moet suffer ommat dai is wat mense in my straat of wat langsan my bly, experience. We cannot turn a blind eye to the poverty that perpetuates in our disenfranchised communities.
........
We cannot turn a blind eye to the poverty that perpetuates in our disenfranchised communities.
........
Jou boek is ’n jeugboek, maar ek dink dit is meer akkuraat om dit as “young adult” te beskryf. Dink jy as mens ’n boek vir ’n tiener skryf, dat hulle reeds al die temas ken en verstaan wat in volwasseneboeke voorkom?
Sometimes voel ek dat ek ie genoeg gedoen et ie. Dat my writing baie boring en eentonig is. Daa is partykee waa ek dele van my boek lies en dink dat ek it op ’n anne way kon geskryf et. But ek het justice gedoen, dink ek, om vividly en boldy ’n stem te gie virrie character Leonardo. Mense moet sy storie hoo ennie denkwyse try change. Dat om in ’n Wendy house te bly issie dignified ie.
........
Ek dink tieners vestaan reeds ie “rights en wrongs”. Die implementation vannit issie struggling gedeelte. Dat jy hulle constantly moet remind dat jy it ie selectively kan practise ie, but elke dag.
........
Ek dink tieners vestaan reeds ie “rights en wrongs”. Die implementation vannit issie struggling gedeelte. Dat jy hulle constantly moet remind dat jy it ie selectively kan practise ie, but elke dag.
Hoekom moet daar boeke verskyn vir kinders op die Kaapse Vlakte, in elk se eie idioom, oor al die temas waaroor jy skryf?
Die taal gedeelte kȏ miskien agtena. Dis vi my mee oorie storyline. Dis net fitting dat it in Kaaps is, wannie character vind homself oppie Cape Flats. Soe dit pas in sy mon. Is soes ’n document wat gebryk kan wȏd om jong kinnes te inspire oo aspects van hope en resilience. Kinnes sal definitely aanklank vind assit oppie regte manie geteach wȏd en nie op vooropgestelde ideologies ie.
........
Is soes ’n document wat gebryk kan wȏd om jong kinnes te inspire oo aspects van hope en resilience. Kinnes sal definitely aanklank vind assit oppie regte manie geteach wȏd en nie op vooropgestelde ideologies ie.
........
Ek wens ek kon jou vra of jy dink jou boek het ’n gelukkige einde, maar dis ’n ontoelaatbare vraag, want dan verklap ons te veel vir enige leser. Ek weet ek gee om vir jou hoofkarakter en ek wou tot heel teen die einde hê alles moet vir hom uitwerk.
Elke dag is ôs confronted met choices. Dis universal. Despite class en race, is daa multiple choices wat mense moet maak. But virrie working class kind is daa nie juis choices ie – or at least tot ’n certain degree. Soes vi example, is óf peanutbutterbrood, of niks ie.
........
Elke dag is ôs confronted met choices. Dis universal. Despite class en race, is daa multiple choices wat mense moet maak. But virrie working class kind is daa nie juis choices ie – or at least tot ’n certain degree. Soes vi example, is óf peanutbutterbrood, of niks ie.
........
Dalk was Leo net created om mense te wys dat enige iets possible is. Is soes ieman wat jy onmoet in jou liewe – is sometimes net vi ’n kot tydjie, but die engagement is impactful. Maybe it was the case with Leonardo.
Jy het by ’n ander geleentheid vir my gesê jy dink kinders wat op die Kaapse Vlakte Afrikaans moet neem, vind nie aanklank by die soort voorgeskrewe boeke wat hulle moet lees nie. Is jou boek die soort boek wat jy sou wou lees as jy weer terug was in die skool?
Die kinnes is op soek na dié tipe stories. Stories wat hulle reality reflect. Die manier hoe hulle dialogue en converse met anne mense. Modernised storylines wattie challenges depict wat hulle currently experience. Sometimes issit gedigte wat universele temas highlight, maa net ie taal maak dat kinnes ie aanklank vind ie.
Ek vra jou "as jy terug was in die skool", maar jy is in die skool! Jy is ’n onderwyser en ek dink baie kere as ek met jou praat dat die kinders in jou skool bevoorreg is om ’n onderwyser soos jy te kan hê! Wat het kinders wat vandag in die skool is, en in jou klas is, die meeste by ’n skool nodig?
Simpatie en geduld. In die meeste gevalle kan ôs it ie virrie kind gie nie, maa dais wat hulle need. My stance is nog altyd die curriculum. Daa is te veel gaps en room vi error. Te veel het gechange. Dis reeds 13 jaa narie implementation van CAPS. Die kinnes is uitgeput, onderwysers is uitgeput mettie lading en dai cause ie conlict.
Waar het jy die boek uiteindelik voltooi, en vertel my asseblief van jou ervaring in Paulet Huis?
Absolutely incredible. My editing journey saam met Suzette Myburgh is iets wat ek altyd sal treasure. Die kos, mense, experience was wonderful. Die space wat hulle create vi mense om hulle stories nee te pen is admirable. Paulet Huis moet definitely ’n award wen.
........
Absolutely incredible. My editing journey saam met Suzette Myburgh is iets wat ek altyd sal treasure. Die kos, mense, experience was wonderful. Die space wat hulle create vi mense om hulle stories nee te pen is admirable. Paulet Huis moet definitely ’n award wen.
........
Hoe voel jy nou oor skryf – is daar nog iets waaraan jy werk?
Baie confident. Sometimes moet ek myself knyp of reassure dat ek eintlik ’n published boek innie winkels het. It is regtag crazy, maa ek is forever grateful virrie mense wat ek oppie journey ontmoet het, ennie impactful rol wat hulle gespeel et. Ek het begin an ’n twiede novel, maarie tyd is afgunstig met my. Ek hoep ek kan baie gou daa an wêk.
Wat lees jy graag?
Oppie oomblik niks ie. Die tyd speelie lekke met my nie. Ek het anne responsibilities wat my aandag verg. Maa ek geniet it graag om Kaapse stories te lies. Ek force myself om anne stories te lies, but dais ultimately my favourite.
Hoe maklik of hoe moeilik is dit vir mense om op straat te beland? Is daar genoeg mense om na andere om te sien in hierdie land? Glo jy daar is altyd ’n uitkoms?
Dis verskriklik moeilik. Ek ry elke dag veby mense wat oppie pad bly. Dis ’n reality wat hulle accept. Is obviously ’n conscious choice wat ieman maak. Ennie next person gan dalk argue en sê ammel het ’n choice om te maak, but at which point voel jy dat ie universe net completely tien jou is, en dan utter jy woore soes “Life is ’n biets.” Cause daa is g’n anne uitweg om net te resort tot byrie straat nie. Waa jy dalk an ie einde van elke dag at least ’n R20 het om ’n brood te koep.
........
Maa Suid-Afrika het mee as genoeg geld om narie impoverished om te sien – they choose not to do it. Sodat ie status quo remain.
........
Maa Suid-Afrika het mee as genoeg geld om narie impoverished om te sien – they choose not to do it. Sodat ie status quo remain.
Is daar ander dinge wat jy geniet om te doen, behalwe skryf?
Ek hou daavan om te coach (ek is ’n sokkerafrigter). Ôs het recently ’n groot competition gewen innie Kaap wat ôs enable et om provincial play-offs in Beaufort-Wes te speel. Unfortunately was ôs unsuccessful om nou innie Nationals te compete, but ie experience was magnificent. Ek hou oek daavan om outreach wêk te doen, but wat education involve. Ek soek nog ’n organisation wat ek kan join om my tyd te invest ennie youth te guide.
Lees ook:
Hoe los ons die onderwyskrisis op? Faeed Amardien se oplossings
Afrikaans en Kaaps op skool: Faeed Amardien se pad met die onderwys
Sanlamprys vir Jeuglektuur-kortlys 2021: ’n onderhoud met Faeed Amardien
Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Graad 10-vraestel en memorandum

