Kortlyste vir Media24 Boeke-pryse bekend

  • 0

Die kortlyste vir die Media24 Boeke Literêre Pryse vir 2017 is pas bekend gemaak. Die pryse word vanjaar in vyf kategorieë toegeken en het ’n gesamentlike prysgeld van R175 000.

Die oorhandiging van die pryse op Donderdag, 22 Junie in Kaapstad val saam met die viering van 100 jaar van boekuitgewery binne die Naspersstal. Heel gepas is die prys vir Afrikaanse fiksie, wat in 1953 vir die eerste keer toegeken is, vernoem na ’n stigterslid van Naspers, WA Hofmeyr.

Met hierdie pryse word jaarliks erkenning gegee aan die beste boeke wat in die voorafgaande jaar deur boekuitgewerye in die Media24-groep gepubliseer is. Dié uitgewerye sluit NB-Uitgewers (met drukname soos Human & Rousseau, Tafelberg, Kwela en Queillerie) sowel as Jonathan Ball Publishers in.

Onafhanklike keurpanele het die kortlyste saamgestel uit altesaam 80 titels wat voorgelê is. Die kortlyste, in alfabetiese volgorde volgens skrywer, is soos volg: 

WA Hofmeyr-prys vir Afrikaanse fiksie (roman, kortverhale of drama)

Huilboek deur Ryk Hattingh (Human & Rousseau)
Op ’n dag, ’n hond deur John Miles (Human & Rousseau)
1795 deur Dan Sleigh (Tafelberg)

Recht Malan-prys vir Afrikaanse en Engelse niefiksie

The Relatively Public Life of Jules Browde deur Daniel Browde (Jonathan Ball Publishers)
Under Nelson Mandela Boulevard deur Sean Christie (Jonathan Ball Publishers)
Continental Shift deur Kevin Bloom en Richard Poplak (Jonathan Ball Publishers)

Elisabeth Eybers-prys vir Afrikaanse en Engelse poësie

’n Hunkering se grein deur Johann de Lange (Human & Rousseau)
Hammie deur Ronelda S Kamfer (Kwela)
Fotostaatmasjien deur Bibi Slippers (Tafelberg)

MER-prys vir Afrikaanse en Engelse jeugromans

Elevation 1: The Thousand Steps deur Helen Brain (Human & Rousseau)
Snitch deur Edyth Bulbring (Tafelberg)
There Should Have Been Five deur MJ Honikman (Tafelberg)

MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke in Afrikaans en Engels

Timbertwig’s New Adventures deur Peet Ellison (Human & Rousseau)
Ink deur Ingrid Mennen en geïllustreer deur Irene Berg (Tafelberg)
Storiemuis Boek 6 deur Leon Rousseau en geïllustreer deur Karen Ahlschläger, Johann Strauss en Marjorie van Heerden (Human & Rousseau)

Die Herman Charles Bosman-prys vir Engelse fiksie word nie vanjaar toegeken nie en staan oor tot volgende jaar.

Die wenner in elke kategorie ontvang R35 000. By die MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke word die prysgeld verdeel tussen die skrywer en illustreerder(s).

Hier is resensies van die boeke wat op LitNet verskyn het:

Boekresensie: Huilboek deur Ryk Hattingh

Reinhardt Fourie
Resensies

"Ryk Hattingh se Huilboek is ’n boek wat wys hoe ou herinneringe en nuwe ervarings gloedvol kan saamsmelt om ’n onopgesmukte verhaal te vertel."


Onderhoud: Op ’n dag, ’n hond deur John Miles

John Miles, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

“Soveel dinge wat die onderwyser in die hede ervaar, word snellers na die verlede; voortdurend ontstaan assosiasies met insidente in die verlede; die hede word ten dele ’n herbelewenis. Die toekoms bly moontlikheid, ’n potensiaal.”


LitNet Akademies-resensie-essay: 1795 deur Dan Sleigh

Heilna du Plooy
Resensies

"Dit is ’n ryk roman wat eintlik 'in mondjesmaat' gelees moet word om die fyn afwerking van besonderhede en formulering tot sy reg te laat kom."


LitNet Akademies-resensie-essay: ’n Hunkering se grein deur Johann de Lange

Henning Snyman
Resensies

"’n Hunkering se grein is ’n veelkantige bundel en plaas telkens die fokus op ’n verdere aspek van die mens en sy pyn en eensaamheid."


Resensie: Hammie deur Ronelda S Kamfer

Vincent Oliphant
Resensies

"Hierdie is ... geen soete Moedersdag-odes waarin die deugde van die ma liries besing word nie. Nee, dis liewer die ontbloting van die diep maar onvolmaakte liefde tussen gewonde mense."


LitNet Akademies-resensie-essay: In die spieël met Bibi – Fotostaatmasjien (2016) deur Bibi Slippers

Jaco Barnard-Naudé
Resensies

"Hier het ons die digkuns van ’n fyn waarnemer en optekenaar van ons wonderbaarlike, dikwels skrikwekkende, eietydse menslike toestand op ’n planeet wat ons met soveel ander, menslik en dierlik, deel."


Ink deur Ingrid Mennen, ’n resensie

Anke Theron
Resensies

"Hierdie boek bied ongetwyfeld iets nuuts vir die klassifisering van prenteboeke. Buiten die postmodernistiese aard kan dit gebruik word om ’n leeskultuur by jong kinders te bevorder."

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top