
Foto: David Mark | Pixabay
Baie dankie vir die artikel: Pride-maand is verby, maar ons is nog hier.
In reaksie op die kommentaar op die artikel, die volgende: Ek is keelvol vir heteroseksuele mense (en veral heteroseksuele Christene) wat hulleself in ’n krul kry oor die moffies (sic), die res van die LGBTQI+ gemeenskap, of veral die transseksuele gemeenskap. Ons is kwansuis te “loud” en “in your face” en ons wil “ons manier van leef op julle afdwing”. Julle dwing ons al millennia in kaste in. Vermoor ons. Beledig ons. Stereotipeer ons. Wantrou ons. Veroordeel ons. Vandag nog. Oral oor die wêreld.
Die queer gemeenskap het ’n reusebydrae tot die vooruitgang van die wêreld gemaak in terme van kultuur, wetenskap, medisyne en elke ander terrein van die menslike ervaring. Hoekom moet ons wegkruip net omdat julle ongemaklik oor ons voel?
Dan, Christene, as ek vir ’n oomblik my domineetoga mag omhang. Dis vreemd hoe, al het hy dit baie duidelik gemaak, min Christene (letterlik navolgers van Jesus) sy kernboodskap verstaan of toepas:
- Wees lief vir God met jou hele hart, siel en verstand.
- Wees lief vir jouself met jou hele hart, siel en verstand (dis waarskynlik hier waar jy werk kort as jy oor ander mense gil en skreeu).
- Wees lief vir jou naaste op dieselfde manier. Met jou kop en jou hart en jou hande ook. Nie net jou mond nie. En nee, you don’t get to choose your It’s ALL of us. Die queers ook.
Gaan drink saam met ’n gay bra koffie, gaan sny jou hare by ’n trans girl. Leer ’n sekswerker ken (nee, nie op daai manier nie). JESUS SOU. En hy sou ’n veer gevoel het vir wat die mense sê. Jy is Jesus se hande en voete en mond op aarde. Skaam jou!
En as jy dan so gepla is met die walglikheid van die queers is die beste ding wat jy kan doen, om in jou binnekamer vir ons sondaars te bid. Nie om te gil en skreeu of gewalg te voel nie. Gaan lees die Bybel, jy sal sien.
Ds Nic, ’n ware aanhanger van Jesus


Kommentaar
Nic Prisloo slaan die spyker reg op die kop. Die meerderheid Christene het nie die vaagste benul wat die kernboodskap van die Nuwe Testament is nie. Graag sou ek die domineegemeenskap wou vra hoe hierdie toestand ontstaan het. Miskien het hulle, en veral teoloë, ook nie 'n clue van wat Christus van ons verwag in ons verhouding tot ons medemens nie.
Interessant dat mense in die VSA, die sg dominante, ope demokrasie in the Weste, so moet veg vir die basiese mense reg om lief te hê vir 'n persoon van jou eie keuse, afgesien van geslag. Dieselfde geld vir die VK. Die antwoord moet lê by die aard van die godsdiens-kulturele-matriks van daardie lande waar die Ou Testament en die uitlatings van die Hebreuse god hoër geag word as dié uitlatings van Christus in die Nuwe.
Ongetwyfeld het hierdie misnoeë en misgunning jeens homoseksuele sy kulturele wortels in die Joose-Christelike Bybel wat miljoene mense nog aanvaar as die Woord van God. Dit gesê, is daar tog lande wat suksesvol met hierdie vloek gehandel het, oa Noorweé, Swede, Denemarke, en Finland. In die volgende presidentsverkiese in Finland is een van die populêrste kandidate 'n openlike homoseksueel wat jare gelede huis opgesit het met sy Suid-Amerikaanse mansvriend. Daar is geen tekens van histerie nie en laat die beste man wen. Dus, is dit moontlik om mense se basiese opinies, liewer indokrinasies van kerk se kant te modifiseer?
Nic, as 'n post script tot Hermione le Roux Ellis se brief:
Daar is ongetwyfeld LitNet-lesers wat hulle messe sal wil slyp oor my uitlatings teenoor die Kerk. Goeie Afrikaners sal mos nooit durf om die gesag van die Kerk te betwyfel nie, maar dan ken hulle ook glad nie die betreurenswaardige geskiedenis van die Christelike kerk nie.
Die uiters wrede anti-gay-wetgewing, met doodstraf en al deur die Uganda-parlement geloods, is die resultaat van Amerikaanse Evangelicals se inmenging in daardie land se politiek. Laas het ek nog gehoor dat die Nederlandse Regering alle ontwikkelingshulp aan Uganda sal stop, en die Wêreld Bank sal ook lenings aan die land ontrek.
Tans is Europa die best kontinent vir gay mense. Portugal, Spanje, Frankryk, Holland, België, Switzerland, Oostenryk het almal hulle wetgewing verander om die bestaan van homoseksuele te vermakilk en diskriminasie onwettig gemaak. Daarby kan ook Kanada, en Nieu- Seeland bygereken word.
Tans is daar in Rusland 'n fascistiese regering met sterk steun van die Russiese Orthodokse Kerk, dit is nie moeilik om te raai hoe homoseksuele in daardie land vervolg word nie.