US Woordfees-fotoblad: Neerlandistiekdag

  • 0
Neerlandistiekdag
 

Saterdag 9 Maart, Landgoed 401, Rozendal

Hierdie jaar se Nederlandistiekdag was ’n ontspanne dag op ’n Stellenbosch-wynplaas met velerlei Nederlandse onderwerpe. As spesiale gaste van Europa tree die Nederlandse Arjen Duinker en die Vlaamse skrywer Saskia de Coster op. Daar word onderhoude met hulle gevoer en hulle lees voor uit eie werk. Ook Alfred Schaffer lees voor uit sy nuwe bundel. Ander interessante sprekers vertel van verskillende projekte rakende Nederlands en Afrikaans en sorg vir ’n wye verskeidenheid onderwerpe: van Nederlandse plekname en Fred de Vries se boek Rigtingbedonnerd, tot die Vlaams-Nederlandse Huis deBuren se luisterboeke.

Rentia Bartlett-Möhl vertel van wat die Vlaams-Nederlandse Huis deBuren nie net in Europa met literatuur doen nie, maar ook in Suid-Afrika. Sy vertel waar belangstellendes gratis luisterverhale in Afrikaans op die web kan aflaai en van citybooks Stellenbosch – ’n projek wat deBuren tans in Suid-Afrika organiseer.
Foto: Stefan Arno Möhl ©
Saskia de Coster (regs) gesels met Ingrid Glorie oor haar skryfwerk, videowerk en beeldende kunste. Daar word ook kortliks gesels oor die mees ooglopende verskille tussen Vlaamse en Nederlandse prosa. Saskia lees ’n uittreksel uit haar roman Wij en ik, wat eersdaags in Vlaandere sal verskyn.
Foto: Stefan Arno Möhl ©
Foto: Stefan Arno Möhl ©
Die Nederlandse digter Arjen Duinker
Foto: Stefan Arno Möhl ©
Annemie Lombard gesels met die Nederlandse digter Arjen Duinker oor sy speelse poësie en hoe hy die abstrakte betekenis van taal met sy ekstase-soekende woorde uitdaag. Met sy diep stem en karaktervolle gesig voer hy van sy gedigte op.
Foto: Stefan Arno Möhl ©
Alfred Schaffer en Arjen Duinker lees ’n gedig vir twee stemme deur Arjen Duinker voor.
Foto: Stefan Arno Möhl ©
Foto: Stefan Arno Möhl ©

Nog foto's:

Algemeen
Boeke en skrywers
Diskoers: RSG Praat Saam
Kuns: Feeskunstenaar en Sasol Kunsmuseum
Kuns: Clare Menck se post scriptum by die US Woordfees
Musiek
Op die spoor van 'n jeugboekskrywer
Plataankafee en De Vette Mossel
Sing'it liriek werkswinkel

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top