Fotoblad: Clare Menck se post scriptum by die US Woordfees

  • 0

Oor die afgelope 20 jaar het Clare Menck haarself gevestig as een van die land se talentvolste skilders. Die retrospektiewe uitstalling reflekteer Menck se ontwikkeling sedert haar finale jaar as US-student tot vandag. Hierdie uitstalling is ter afsluiting van Menck se Sanlam-uitstalling: Hidden Life, Twenty Years of Painting (1990-2010). Naomi Bruwer was by die openingsgeleentheid tydens die US Woordfees om 'n paar foto's te neem.
 

 
 
 
 
 
 
 
 
 Stefan Hundt, Kunskurator van Sanlam, verduidelik die idee agter Clare Menck se retrospektiewe uitstalling.
 
Clare Menck by een van haar selfportrette

 

Stefan Hundt
 
Ulrich Wolff, kurator van dié uitstalling, doen die bekendstelling
Lees Ulrich Wolff se openingswoord
 
 
 
 
 

 

Openingswoord deur Ulrich Wolff:

Hierdie uitstalling van Clare Menck se skilderye bestaan uit ’n seleksie van werke wat ek uit die reisende uitstalling Verborge Lewe: Twintig Skilderjare gemaak het. Stefan Hundt (kurator van die Sanlam Kunsversameling) het die oorspronklike tentoonstelling, wat vir twee jaar gereis het, saamgestel. Die verandering van die titel na Verborge Lewe: post scriptum verwys hier na die Latynse term post scriptum, 'n uitdrukking wat beteken "geskryf na" - dikwels 'n sin of 'n paragraaf, wat soms haastig en terloops, na die liggaam van 'n opstel of boek, gebruik is - om iets by te sê.

Dit is ’n her-verbeelding van Stefan Hundt se uitstalling, hier in Stellenbosch - ’n plek met gelaaide betekenis vir Menck se geskiedenis.

Hierdie uitstalling was 'n omvattende oorsig van die werk van Clare Menck wat oor die afgelope 20 jaar strek. Hoewel haar werk tradisionele genres insluit (soos plattelandse landskappe met wonings, figure en stillewes),  is elk ’n intieme blik op daardie genre en is verbasend uniek as uitdrukking van haar persoonlike benadering tot die dokumentering van haar eie "verborge lewe".

Die werke in die uitstalling dateer vanaf Menck se finale voorgraadse jaar en ook gedurende haar Magister-graad in Beeldende Kuns aan die Universiteit van Stellenbosch, deur haar verdere nagraadse studies by Michaelis (Universiteit van Kaapstad), en sluit in die mees onlangse skilderye van figure in interieurs en in die natuur. Daar is iets spesifiek  outobiografies oor elke werk, veral die portrette van familie en kenisse. Haar opmerklik obsessiewe herhaling van self-portrette oor 20 jaar bevestig haar as ’n self-refleksiewe skilder. Die portrette en figuur studies van mense wat sy ontmoet en dokumenteer sluit ook in kollegas van die Suid-Afrikaanse kunswêreld, veral skilders soos Adriaan van Zyl, Johann Louw,  Walter Meyer, Jan van der Merwe en Robert Hodgins.

Daar is ook die stillevens wat Menck in 1998 as uitruilstudent aan die Akademie der Bildenden Künste in Dresden, Duitsland gemaak het.
Die skilderye het op die oog af ’n banale blik op die allerdaagse lewe, maar lok ’n mens terselfdetyd uit om dieper te delf en hul van nader te besigtig. Die besonderhede van die keuse van kleur, viskositeit van die verf, en die aanwending daarvan is dinge waaroor Menck bewus is gedurende die skilder proses. Hierdie tipe bewustheid is wat die skilderye opwindend maak vir die kyker, en dit beinvloed ook die punt waarop die kunstenaar finaal afstand doen van die werk.

Included in "Hidden Life: Post Scriptum" are nude self-portraits by Menck that have been selected for an exhibition at the Paula Modersohn-Becker Museum later this year. This curated exhibition in Bremen will include world-renowned female nude self-portraitists and international names in feminist art circles, such as Paula Modersohn-Becker, Suzanne Valadon, Anita Ree, Gwen John, Imogen Cunningham, Hannah Wilke and Cindy Sherman, amongst others.

The original Hidden Life exhibition of 140 works was exhibited at major art centres, museums, non-profit galleries and art festivals throughout South Africa since 2010, culminating in the most recent show at University of Johannesburg Art Gallery in November 2012. It now concludes its 2 year travel period with Hidden Life: Post Scriptum in D-Street Gallery, a newly established art space in Stellenbosch, owned by Professor Ronnie Donaldson and his wife Sue Acker-Donaldson.

Besoek die uitstalling daagliks vanaf 1-10 Maart by die D-Street Gallery (112 Dorpstraat, Stellenbosch) tydens die US Woordfees. Die uitstalling is verleng tot 31 Maart 2013.

Uit die Sanlam-Kunserfenis: Clare Menck se kunstenaarskap: ’n strewe-in-wording na die dokumentering van ’n deurleefde en geleefde wêreld

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top