US Woordfees-fotoblad: Boeke en skrywers

  • 0
 
 
Lapa Uitgewers: Die vloek
 

Johan Kruger (links) en Jan-Jan Joubert deel ’n ligte oomblik net voor hulle oor Johan se roman, Die vloek, praat tydens die US Woordfees.

Foto: Izak de Vries
Jan-Jan het Die vloek “sonder voorbehoud” aanbeveel vir leeskringe – en aan enige ander wat belangstel in ’n hedendaagse lekkerleesboek. Die vloek is ’n familiedrama wat oor vyf geslagte strek.
Foto: Izak de Vries
Johan is ’n baie goeie spreker wat graag by leeskringe optree.
Foto: Izak de Vries

 
Skrywersfees: Digtersparadys
 
Ses digters. ’n Hele klomp uitstekende gedigte.
 
Loftus Marais het die baan geopen met sy kenmerkende gedigte. Loftus was ook die seremoniemeester.
Foto: Izak de Vries
Arjen Duinker, ’n Nederlandse skrywer, was volgende.
Foto: Izak de Vries
Die skrywersegpaar Ronelda Kamfer en Nathan Trantraal het daarna hulle gedigte voorgedra.
Foto: Izak de Vries
Andries Bezuidenhout, digter en akademikus, was volgende.
Foto: Izak de Vries
Fanie Olivier, die veteraan, het ’n aantal gedigte voorgedra wat die gehoor in trane gehad het.
Foto: Izak de Vries

 
Die Lapa-hoofkaraktersoektog
 
Hier is Monique Bisschoff. Sy is die werklike, vlees-en-bloed-hoofkarakter in die fiksieteks Snydokter, geskryf deur Leon van Nierop.
Snydokter is die direkte gevolg van ’n enorme sosialemediaveldtog waarmee Lapa Uitgewers se reklame-agentskap twee Pendorings gewen het. LitNet was ’n belangrike medespeler in hierdie minidrama.
Foto: Izak de Vries
Hier is Monique saam met Leon (links) en Kyle, haar vriend. Kyle verskyn ook in Snydokter.
Foto: Izak de Vries

 
NB-fees: Deborah Steinmair in gesprek oor Die Neus
 
Foto: Naomi Meyer
Foto: Naomi Meyer
Marion Holm
Foto: Naomi Meyer
Deborah Steinmair
Foto: Naomi Meyer
Foto: Naomi Meyer
Foto: Naomi Meyer

 
Skrywersfees: Om die Nguni-vure
 
Myra Scheepers het op tagtig gedebuteer. Haar bundel volksverhale,
 Om die Nguni-vure, het verlede jaar by Protea Boekhuis verskyn.
Foto: Izak de Vries
Myra is die ma van Riana Scheepers. Tydens die praatjie in die boektent het Riana,
haar dogter, en Adriaan, haar kleinseun, ’n onderhoud met haar gevoer.
Foto: Izak de Vries
Dorothea van Zyl het spesifiek verwys na die voorreg om drie geslagte op een verhoog te hê.
Foto: Izak de Vries
Foto: Izak de Vries
Foto: Izak de Vries
Myra Scheepers en dogter Riana gesels op RSG.
Foto: Charlene Morkel

 
NB-Fees: Die Afrikaanse Kortverhaalboek
 

Abraham H de Vries het verlede jaar die sewende, hersiene uitgawe van Die 
Afrikaanse Kortverhaalboek saamgestel. Willemien Brümmer het die gesprek gelei.

Hy wou nie ’n kanon skep nie, sê De Vries. Hy plaas verhale waarvan hy hou
en hy maak seker dat tendense in die Afrikaanse letterkunde gedek word.

Foto: Izak de Vries
Marga Collings van NB-Uitgewers het hulle aan die gehoor bekendgestel.
Foto: Izak de Vries

 
Skrywersprofiel: Verna Vels
 
Riaan Cruywagen in gesprek met Verna Vels
Foto: Charlene Morkel
Verna Vels lees voor uit Liewe Heksie.
Foto: Charlene Morkel

 
NB-Fees: Die vrou in die vuur
 
Die keur van die immergroen, immergewilde Riana Scheepers se literêre kortverhale
is onlangs in een bundel, genaamd Die vrou in die vuur, uitgegee.
Foto: Izak de Vries
Riana se gesprek met Andries Bezuidenhout was een van die vroeë hoogtepunt van die US Woordfees.
Dié twee slimkoppe het hulle gehoor op ’n reis geneem deur die letterkunde, die hekse
van Zoeloeland en die hemelse klanke van postmoderne skryftegnieke.
Foto: Izak de Vries
Andries Bezuidenhout en Riana Scheepers
Foto: Naomi Bruwer
Riana Scheepers
Foto: Naomi Bruwer
Hier is Etienne Bloemhof van NB-uitgewers. Die vrou in die vuur 
is deur Tafelberg uitgegee. (Tafelberg is ’n druknaam van NB-Uitgewers.)
Foto: Izak de Vries

 
Stories agter stories
Kleinboer: Werfsonde
 
’n Mens sou baie kon filosofeer oor die sonde as ’n teenpool van die hemel, maar Kleinboer (links) was
nog altyd ’n baie interessante figuur. Die US Woordfees het vir Kleinboer, aan sommige bekend as
Fanie de Villiers, en Tinus Horn gevra om oor Kleinboer se nuwe boek, Werfsonde, te gesels.
Foto: Izak de Vries
Melt Myburgh, van die Woordfeeskantoor, het vooraf gewaarsku dat hierdie gesprek ’n
ouderdomsbeperking van “geen onder45’s” het. Oor ’n yskoue biertjie het die twee
slimkoppe die ondermaanse ondersoek. Werfsonde is deur Umuzi uitgegee.
Foto: Izak de Vries

 
Woord-ure: My pad met engele 
 
Die US Woordfees het vir Belinda Bras-Nel genooi om oor haar ervarings met hemelwesens te gesels.
Foto: Izak de Vries
Op ’n baie donker tyd in haar lewe het Belinda gebid om hulp. En skielik het die
engele met haar begin kommunikeer. Die saal was stampvol tydens haar praatjie.
Foto: Izak de Vries
Hier is Belinda saam met Karen Adendorff van Lapa Uitgewers.
Lapa Uitgewers het Belinda se boek My pad met engele uitgegee.
Foto: Izak de Vries

 
Tussen tale
 

Die Breedevallei Dichters en Ivan Meyer, DA-leier in die Wes-Kaap was in opmars vir Afrikaans tydens die Tussen Tale-geleentheid op Sondag 3 Maart. Digters het hul werk in Afrikaans, Engels, IsiXhosa en Nederlands met die bekendstelling van hul vyfde bloemlesing,Teater van die verlore tyd – Theater van de Verloren Tijd, bekendgestel.

 
 
  Floris Brown het die verskillende digters voorgestel. Foto's: Chrizane van Zyl
 
Foto: Chrizane van Zyl
Ivan Meyer, DA-leier in die Wes-Kaap
Foto: Chrizane van Zyl
 
Een van die digters, Hannes Steyn, met die bundel waarin vier van sy gedigte opgeneem is.
Foto: Chrizane van Zyl

 
Brümilda – 50, vurig en fabulous
 
Piet Croucmp in gesprek met Brümilda van Rensburg
Foto: Chrizane van Zyl
Foto: Chrizane van Zyl
 
Foto's: Chrizane van Zyl
Foto: Chrizane van Zyl

Nog foto's:

Algemeen
Diskoers: RSG Praat Saam
Kuns: Feeskunstenaar en Sasol Kunsmuseum
Kuns: Clare Menck se post scriptum by die US Woordfees
Musiek
Neerlandistiekdag
Op die spoor van 'n jeugboekskrywer
Plataankafee en De Vette Mossel
Sing'it liriek werkswinkel


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top