US Woordfees: Op die spoor van 'n jeugboekskrywer

  • 0

Izak de Vries het Donderdag 7 Maart die jeugboekskrywer Nanette van Rooyen gevolg terwyl sy met kinders en onderwysers gepraat het.

 

Donderdag 09h30: WOW-optrede by die Van der Stel-saal

 
WOW is ’n landswye poging om kinders aan te moedig om meer in letterkunde belang te stel. WOW word geborg deur die US Woordees, die ATKV en die Universiteit Stellenbosch.
 
 
Nanette van Rooyen se Ek was hier handel oor straatkuns – en is ’n baie mooi liefdesverhaal.
Sy het die leerders ook geleer dat straatkuns nie destruktief hoef te wees nie. Daar is maniere om graffiti te beoefen sonder om die omgewing skade aan te doen.
 
Mimi du Plessis van Lapa Uitgewers
 
 

Nanette het toe vir die leerders gehelp om hulle eie blombomme te maak. Dit is klei, kunsmis en inheemse blomsaadjies wat in balletjies gerol kan word. Jy kan hierdie “bomme” op lelike plekke gooi, dan gaan daar later mooi blomme opkom.

 
 
 
 
 
 

Donderdag 11h00: Bemarkingsvergadering met haar uitgewer

Donderdag 12h30: ’n Vinnige middagete in die Botaniese Tuin

Donderdag 13h30: Graffiti, bloed en ’n tienersprokie by Paul Roos

 
Nanette se Ek was hier was die wenner van Lapa se Jeugromankompetisie in 2012.
 

Dié keer tree sy op saam met die twee naaswenners, Fanie Viljoen en Carina Diedericks-Hugo.
Jaco Jacobs, ook ’n bekende skrywer, het die gesprek gelei.
 
Die saal was stampvol en die skrywers het ’n staande toejuiging gekry. Fanie het so droog opgemerk: “Kyk Breyten, ons het meer lesers.”
 

Donderdag 15h00: Witwarm tienerboeke

 

Nanette van Rooyen, Fanie Viljoen en Carina Diedericks-Hugo tree weer op. Dié keer voor onderwysers. Mimi du Plessis (heel links) lei die gesprek.

 
 
Nanette van Rooyen
 
Fanie Viljoen
 
Carina Diedericks-Hugo
 

Donderdag 16h30: Haar hotel
Nanette word afgelaai om te gaan stort.

Donderdag 17h30: Storievuur by De Vette Mossel
Nanette deel die verhoog met PG du Plessis, Dana Snyman en Gert Vlok Nel.

 
Foto's: Izak de Vries


Nog foto's:

Algemeen
Boeke en skrywers
Diskoers: RSG Praat Saam
Kuns: Feeskunstenaar en Sasol Kunsmuseum
Kuns: Clare Menck se post scriptum by die US Woordfees
Musiek
Neerlandistiekdag
Op die spoor van 'n jeugboekskrywer
Plataankafee en De Vette Mossel
Sing'it liriek werkswinkel


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top