kykNET Portaal

Persverklaring: TV-benoemings vir kykNET Silwerskermtoekennings bekend

LitNet kykNET Portaal 2024-07-05

Vanjaar se televisie-benoemdes vir die gesogte kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV, wat verskeie genres en formate insluit, weerspieël die uitsonderlike talent en kreatiwiteit van die Afrikaanse vermaaklikheidslandskap. Die toekennings, wat die beste speelfilms en akteurs van die fees saam met top-televisieprestasies vereer, vind op Saterdag 31 Augustus by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) plaas.

Persverklaring: Vanaand op Een keer om die son

LitNet kykNET Portaal 2024-07-02

Een keer om die son vertel die verhaal van ’n gesin wat op die oog af gelukkig lyk. Maar dan tref ’n tragedie die familie wat tergende vrae opwerp, en alles verander oornag. Een keer om die son wys vanaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes sal ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar wees.

Persverklaring: Skryf nou in! Die Glam Guru swaai weer sy towerkwas

LitNet kykNET Portaal 2024-06-26

’n Nuwe seisoen van Glam Guru word eersdaags verfilm, en jy staan nou die kans om een van die gelukkiges te wees om deur Hannon se skêr en grimeerkwas omgetower te word. Wil jy ’n deelnemer wees? Vind meer uit hier.

Persverklaring: 5 moet-kyk redes vir Een keer om die son

LitNet kykNET Portaal 2024-06-25

Een keer om die son begin vanaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes sal ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar wees.

kykNET Silwerskermfees 2024: ’n onderhoud met Tina Kruger

Naomi Meyer, Tina Kruger kykNET Portaal 2024-06-19

"Ons hou aan films maak, ons hou aan droom, ons hou aan stories vertel. En die Silwerskermfees hou aan vernuwe om soveel filmmakers as moontlik geleenthede te bied om hul unieke stemme te laat hoor, te ontwikkel en ’n speelvlak te bied waar daardie werk kan skitter."

Press release: Spotlight on filmmakers and the TV industry at 12th kykNET Silwerskerm Festival

LitNet Lifestyle and entertainment 2024-06-14

“We believe in the future of Afrikaans film and television, in the importance of a wide variety of voices, and in the power of stories to change people’s lives.” These are the thoughts of Waldimar Pelser, director of M-Net Premium Channels, on the 12th kykNET Silwerskerm Festival, held from 28 to 31 August this year at the Bay Hotel and Theatre on the Bay in Camps Bay.

Persverklaring: Filmmakers en TV-bedryf gaan skitter by 12de kykNET Silwerskermfees

LitNet kykNET Portaal 2024-06-14

"Ons glo in die toekoms van Afrikaanse film en televisie, in die belangrikheid van ’n wye verskeidenheid stemme, en in die krag van stories om lewens te verander." Só sê Waldimar Pelser, direkteur van M-Net se Premium-kanale, oor die 12de kykNET Silwerskermfees wat vanjaar vanaf 28 tot 31 Augustus by die Bay Hotel en Theatre on the Bay in Kampsbaai plaasvind.

Persverklaring: Gesoek – Vars talent én ervare hande vir die 2025 kykNET Silwerskermfees

LitNet kykNET Portaal 2024-04-10

Intussen kan Suid-Afrika se eie toekomstige Christopher Nolans, Greta Gerwigs, Martin Scorseses en Cord Jeffersons ook reeds inskryf vir 2025 se Silwerskermfees-kompetisie vir kort- en dokumentêre films.

Persverklaring: Oudtshoorn-stories steel kollig by die 14de kykNET Fiëstas

LitNet Feeste 2024-03-12

Oudtshoorn-stories, soos in 2023 uitgebeeld in die KKNK se debuutdrama Droomkraan-kronieke, was die groot wenner tydens die 14de kykNET Fiëstas.

Fotoblad: Die 14de kykNET Fiëstas

LitNet Feeste 2024-03-11

Die Fiëstas is by ’n glansryke toekenningsaand op 7 Maart by The Lookout in die V&A Waterfront in Kaapstad uitgedeel. Ansurette Lourens het namens LitNet gaan foto’s neem.

Persverklaring | Press release: Die 14de kykNET Fiëstas-wenners | The 14th kykNET Fiesta Awards winners

LitNet Leefstyl 2024-03-08

Die Fiëstas, wat vanjaar vir die 14de keer aangebied is, is by ’n glansryke toekenningsaand op 7 Maart in Kaapstad uitgedeel. Hier is die volledige lys van wenners. | The Fiestas, presented for the 14th time this year, were handed out at a glamorous awards evening on 7 March in Cape Town. Here is the complete list of winners.

Persverklaring: Die 14de kykNET Fiëstas vereer twee kultuurreuse in die kunste

LitNet kykNET Portaal 2024-02-21

By die veertiende kykNET Fiësta-toekennings vanjaar word twee reuse in hul onderskeie velde as legendes vir hulle lewensbydrae tot die kunste in Suid-Afrika gehuldig.

Persverklaring: Jy kan die volgende Afrikaanse miljoenêr wees!

LitNet kykNET Portaal 2024-02-20

Vinnige vingers eerste! kykNET se gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? soek weer deelnemers. Soos met die vorige reekse, is daar weer ’n allemintige R1 miljoen op die spel wat wag om deur iemand opgeraap te word wat oor ’n goeie skeut algemene kennis beskik.

In die sop op kykNET: ’n onderhoud met Maryke Roberts

Naomi Meyer, Maryke Roberts Kos en wyn 2024-01-31

"Die proses is ’n baie emosionele ervaring vir restauranteienaars, en dis goed om ’n skouer te hê waarop hulle kan huil. Om te erken jou besigheid is in die sop, is baie moeiliker as wat die meeste mense besef, en om dit boonop op nasionale televisie te doen, nog meer uitdagend."

Persverklaring: Hier is die benoemdes – 14de kykNET Fiëstas

LitNet Feeste 2023-12-11

Met die ses groot Afrikaanse kunstefeeste – Suidoosterfees, KKNK, Innibos, Vrystaat Kunstefees, Toyota US Woordfees en Momentum Beleggings Aardklop – wat die afgelope jaar weer volstoom aan die gang was ná die pandemie, het dié in die kunste weer gewys dat talent in Suid-Afrika volop is.

Die brug op kykNET: ’n onderhoud met die regisseur

Naomi Meyer, Frederick Louw kykNET Portaal 2023-11-10

"Die brug lyk dalk soos ’n werklikheids-TV-program oor ’n groep vreemdelinge wat ’n brug bou na ’n eiland met R1 miljoen op. Maar dit is eintlik ’n storie van vertroue."

Die nuwe TV-reeks Straat is ’n verrassing

Réney Warrington TV 2023-10-31

"Ná net een episode is ek nuuskierig om hierdie unieke karakters beter te leer ken. Niemand is wie hulle voorgee nie. Elke speler is perfek vir die rol gekies."

Persverklaring: 2024 kykNET Rapport-Boekpryse

LitNet Boeke en skrywers 2023-10-19

Uitgewers word hartlik uitgenooi om weer boeke voor te lê vir die 2024 kykNET Rapport-Boekpryse.

Hans steek die Rubicon oor: ’n filmresensie

Réney Warrington Film 2023-10-03

"Jare lange ervaring en opgeboude kennis word opsy geskuif oor ’n oom nie ’n slimfoon kan werk nie, of ’n tannie gehoorapparate nodig het. Ons ontneem hulle van hul waarde, maar beroof onsself van ’n kans om te leer. Ons het werk om te doen." Lees Réney Warrington se resensie van hierdie film wat ook by die Toyota US Woordfees 2023 vertoon word.

Fotoblad: kykNET-Rapport-boekpryse 2023

LitNet Boeke en skrywers 2023-09-28

Die gala-aand van die kykNET-Rapport-boekpryse het op Saterdagaand 23 September 2023 by die Mount Nelson-hotel in Kaapstad plaasgevind. Hier is foto’s van die geleentheid.

Top