Teater

Teater-rubrieke, -resensies en -onderhoude
Theatre columns, reviews and interviews

Teaterresensie: The Father by die Fugard-teater, Kaapstad

Maryke Roberts Teater 2016-11-22

"Stukke soos hierdie bring die boodskap van siektes soos demensie en depressie baie duidelik tuis. Dit gee dit ’n gesig; bring begrip en empatie."

Teaterresensie: My fat friend by Theatre on the Bay

Maryke Roberts Teater 2016-11-16

"Die regisseursaanslag is só knap dat jy spyt is as die gordyn sak. Die akteurs word só vindingryk gelei dat jy soms lag, al voel jy eerder hartseer."

Teksmark: vars platform vir die skep van verhoogtekste

Emma Kotze Teater 2016-11-04

"Bo en behalwe hierdie wonderlike geleentheid [om eie teatertekste te bemark] was dit ook baie opwindend om teatermakers, skrywers en vervaardigers tussen tonele deur met mekaar te sien gesels en onderhandel oor toekomstige projekte."

In memoriam: Sybil Sands

Albert Maritz In memoriam 2016-11-02

"Meegevoel met die talle wie se lewens sy aangeraak het. Wie se lewens sy kon ophelder met ‘n ster tot die sterre – dié wat sy help maak het, dié wat sy waardeer het en dié vir wie sy geskyn het."

Kunstekaap-resensie: New Voices 2016

Helené Prinsloo Teater 2016-10-11

"Ja, dis moeilik om hier in ons land te mens. Een van die ... goed wat dit egter die moeite werd en selfs soms draaglik maak is teaterkuns soos dit in die Kunstekaap se New Voices-projek gestalte vind."

Teaterresensie: A steady rain

Emma Kotze Teater 2016-10-11

"Dis ‘n sterk stuk wat staatmaak op uitnemende spel, ‘n boeiende verhaal, en een wat vir genoegsame nabetragting sorg."

Teaterresensie: Hedwig and the Angry Inch by Gate69-teater, Kaapstad

Maryke Roberts Teater 2016-10-04

"Die tema is ’n moeilike een: gesprekke oor transgender is nooit sonder struikelblokke en hartseer nie. Dis stof-tot-nadenke-materiaal hierdie. Maar dat dit een van die lekkerste teater-eet-ervaringe hierdie jaar is, is gewis."

ATKV-Tienertoneel 2016

ATKV Feeste 2016-10-04

Hier is al sestien stukke wat deel is van die ATKV-Tienertoneel wat vanjaar by Aardklop te sien is.

Aardklop 2016: Kristalvlakte

LitNet Feeste 2016-09-29

Amy Jephta: "Mense kan partykeer in Kaapstad rondloop met blinddoeke. Daar's 'n ander wêreld aan die ander kant van die N2 wat hulle nooit aan hoef te dink nie."

Aardklop 2016: Alexa Strachan oor Taxi Teater

Alexa Strachan, Naomi Meyer Feeste 2016-09-29

"Vir my is die Taxi Teater baie opwindend, want mense van buite Potch besef nie noodwendig hoe divers en talentvol Potch se gemeenskap is nie."

Teaterresensie: Pa maak vir my 'n vlieër, Pa in die Milnerton Playhouse

Danie Botha Teater 2016-09-27

"Die drie spelers se spraak is sterk en maklik hoorbaar."

Teaterresensie: Clybourne Park by die Fugardteater

Maryke Roberts Teater 2016-09-06

"... met sy indringende kyk na ras en eiendom en al die wanopvattings wat daarmee saamgaan, kan dit net sowel in jou woonbuurt en vriendekring afspeel."

Teaterresensie: The Painted Rocks at Revolver Creek by die Fugardteater

Danie Botha Teater 2016-09-05

"Deur die drama heen is baie verwysings na ons landsake van gister en vandag. Dis kragtige uitsprake waarmee ’n mens heel menslik kan saamstem of verskil. Dit ontroer ook."

Onderhoud: Anna-Mart van der Merwe sélf tuis voor die kospotte

Anna-Mart van der Merwe, Yolanda du Toit Leefstyl 2016-09-05

Anna-Mart van der Merwe oor haar rolle in die film Dis koue kos, skat en in die teaterproduksie The Painted Rocks at Revolver Creek: "Wat ‘n geskenk en voorreg!"

Teaterresensie: Joseph and the amazing technicolour dreamcoat

Maryke Roberts Teater 2016-09-02

"Toe die gordyn aan die einde van die produksie sak, is die gehoor nie gereed om huis toe te gaan nie. Die encore hou aan en aan ..."

Teaterresensie: Pay back the curry

Maryke Roberts Teater 2016-08-23

"Jy lag dat die trane loop, maar dink terselfdertyd oor die waarheid van sy woorde. Jou arm skuur teen die swart vrou langs jou, wat ook haar trane afvee en in die donker in jou rigting glimlag. Almal deel van die reënboognasie wat blinkoog wag op beter."

Kunste Onbeperk-persverklaring: geleenthede vir skrywers van verhoogtekste

LitNet Teater 2016-08-23

Volgens Hugo Theart, kreatiewe hoof van Kunste Onbeperk, het skrywers tot Maandag, 12 September 2016 om voorstelle elektronies in te dien.

Teaterresensie: A Man of Good Hope by die Baxter-teater

Emma Kotze Teater 2016-08-16

"Met toenemende globale druk rondom vlugtelinge en emigrante, is hierdie verhaal meer relevant as ooit tevore en dra dit ‘n noodsaaklike boodskap van medemenslikheid oor."

Kinderteateronderhoud oor voorgeskrewe boek se Vlooi en die sneeuman

Margit Meyer-Rödenbeck, Naomi Meyer Skole 2016-08-12

"Een keer 'n jaar kan kinders hulle storieboekkarakters in aksie sien op die Kunstekaap-verhoog. Dit help die kinders om 'n lewendige prentjie by hulle boeke te sit, en dit is ook 'n uur waarin hulle saam met die karakters kan reis op 'n avontuur wat hulle verbeeldings te bowe gaan."

Teaterresensie: I love you, you're perfect, now change by Theatre on the Bay, Kampsbaai

Maryke Roberts Teater 2016-08-04

"Die regisseur lei die span met ’n fyn hand en die gehoor se voete tik ritmies saam met elke liedjie. Dis gewis vermaak vir ’n wye spektrum teatergangers."

Top