Feeste

Artikels oor feeste in Suid-Afrika en in die buiteland
Articles about festivals in South Africa and abroad

"Wees geduldig, maar wees braaf": Anton Kannemeyer se raad aan jong kunstenaars

Jannike Bergh, Anton Kannemeyer Kuns 2023-08-11

"Afrikaners het van nature ’n innerlike begrip vir verset. Altans die tipe Afrikaners wat ek altyd interessant gevind het." Anton Kannemeyer gesels oor Bitterkomix 19, sy solo-uitstalling binnekort by die Toyota US Woordfees, uitdagings vir jong kunstenaars en die kuns van verset in ’n nuwe swygkultuur.

Momentum Beleggings Aardklop 2023: ’n onderhoud met kunskurator Dineke van der Walt

Naomi Meyer, Dineke van der Walt Aardklop 2023-08-10

"Visuele kunste praat met kykers in ’n unieke, nieverbale taal. Die gesprekke, gedagtes, herinneringe en idees wat visuele kuns ontlok, strek dus oor kultuur- en taalgrense heen."

Stemme: Teaterprojek gee stemme toe alles stil geword het – én daarna

Maryke Roberts Menings 2023-08-03

"Dis ’n projek van LitNet, in vennootskap met Suidoosterfees, NATi en die ATKV wat ondersteun word deur Het Jan Marais Nasionale Fonds en die LW Hiemstra Trust."

Stemme in 2023 | Tien dialoë

LitNet Stemme | Voices | Amazwi 2023-08-03

Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond.

Die herdenking

Deon Opperman Stemme | Voices | Amazwi 2023-08-03

Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond. In Deon Opperman se dialoog Die herdenking vertolk Armand Aucamp en Hannah Borthwick die rolle. Wessel Pretorius was in die regisseurstoel.

Festival voor het Afrikaans 2023: ’n onderhoud met Stef Bos

Naomi Meyer, Stef Bos Feeste 2023-08-01

"Ek sien daarna uit om met Frazer iets te sing en te skryf. Ek hou van hom en dink ook dat hy ’n brug kan bou na die noorde."

Persverklaring: Onvergeetlike musikale Karoonag by Klassique

LitNet Musiek 2023-07-31

Een musikale hoogtepunt wat ’n onvergeetlike aand van musiek beloof, is ’n Karoonag met die Suid-Kaap Kinderkoor en vriende (Vrydag 4 Augustus 19:00). Dié multi-bekroonde streekskoor, onder leiding van Jan-Erik Swart, is te sien saam met Suid-Afrikaanse musieklegende Coenie de Villiers en twee soprane van Kaapstad Opera, Brittany Smith en Alida Scheepers

Persvrystelling: Hessequa Harmonie beloof ’n simfonie vir die sintuie in September

LitNet Feeste 2023-07-31

Hessequa Harmonie is ’n fokusfees met klassieke musiek as vertrekpunt en ’n fyn uitgesoekte progam van woordkuns en teaterervaringe om kuns van hoogstaande gehalte toeganklik te maak op die platteland.

Festival voor het Afrikaans 2023: ’n onderhoud met Frazer Barry

Naomi Meyer, Frazer Barry Feeste 2023-07-26

"Dit is ’n tweejaarlikse fees en die doel uit die staanspoor was om die rykdom van die Afrikaanse kultuur aan die Nederlandse en Vlaamse publiek oor te dra en om kreatiewe samewerking tussen die lande te stimuleer en aan te spoor."

Persverklaring: Die klawers dans binnekort by Klassique op Oudtshoorn

LitNet Feeste 2023-07-25

Van die mooiste melodieë in klavierliteratuur, virtuose stelle variasies uit die Barok, tot die tydlose skoonheid van musiek deur legendariese komponiste en unieke kombinasies. Dít alles wag van 3 tot 6 Augustus op klavierliefhebbers by dié winterfees van klassieke musiek, kuns, boeke, kos en wyn.

Persverklaring: Uit die feesgids | Kinderteater | Momentum Beleggings Aardklop 2023

LitNet Aardklop 2023-07-25

Verwag ’n volronde aanbod vir die hele gesin, van teater tot musiek, kunsvlyt, kosstalletjies, gesprekke, visuele kunste en vele meer by Momentum Beleggings Aardklop.

Persverklaring: Uit die feesgids: Goed wat wag om te gebeur | Momentum Beleggings Aardklop 2023

LitNet Aardklop 2023-07-25

Die teaterstuk Goed wat wag om te gebeur, ’n herinterpretasie van Ibsen se Ghosts, handel oor die sondes van die verlede wat by ’n familie bly spook. Met Gideon Lombard, Antoinette Kellermann en Emma Kotze. Teks en regie deur Philip Rademeyer.

ATKV-Tienertoneelproduksie, Lyf, by die Vrystaat Kunstefees: ’n onderhoud met Nico Scheepers

Naomi Meyer, Nico Scheepers ATKV-Portaal 2023-07-25

"Ek dink die ATKV-Tienertoneelkompetisie is een van die belangrikste hoekstene vir die vooruitgang van ons taal. ... Hierdie platforms kweek ’n gehoor: tieners wat lief is vir woorde, kuns en stories – in hulle eie taal. Tieners wat grootword en wat eendag gaan kaartjies koop vir teater."

Bittereinder se laaste maal: ’n onderhoud met Jaco van der Merwe, woordkunstenaar en kultuurbewaarder

Jannike Bergh, Jaco van der Merwe Musiek 2023-07-21

Jannike Bergh gesels met Jaco van der Merwe oor Bittereinder se laaste optrede, sy betrokkenheid by Woordfees vanjaar en musikale samewerkings om na uit te sien. Hulle gesels ook oor die kreatiewe proses, oor om te skep en om te rou. “The journey is the destination,” soos hy sê.

Persverklaring: Die vrou op die dak by Aardklop

LitNet Aardklop 2023-07-20

René Niewoudt is op die punt om alles te verloor. In ’n oomblik van impulsiewe waansinnigheid besluit sy om bo-op die dak van haar huis te klim. Daardie einste huis waar sy haar hele getroude lewe al bly, die huis waar sy en haar man nesgeskop het, waar hulle hul kinders grootgemaak het … Wat het haar besiel?

Persverklaring: Ervaar meer as klassieke musiek by Klassique

LitNet KKNK 2023-07-20

Vanjaar se feesprogram, aangebied in die Klein Karoo van Donderdag 3 tot Sondag 6 Augustus, vervleg ’n reeks ervarings met musiek deur van Suid-Afrika se voorste klassieke musici, wat nie net geleenthede bied om die kunstenaars te leer ken nie, maar ook boekgesprekke, kunsuitstallings, ’n historiese wandeltoer en heerlike kos- en wynervarings insluit.

Persverklaring: Phantom of the Opera met Zorada Temmingh | 6 Aug | Aardklop Aubade en Afrikaanse Hoër Seunskool

LitNet Musiek 2023-07-17

Aardklop Aubade is reeds gevestig as 'n tuiste vir die bevordering van Suid-Afrikaanse klassieke musiek. Ons skep met trots 'n platform vir musici om voor gehore in die Jakarandastad op te tree.

Persverklaring: Klassique bring fenomenale soliste na Oudtshoorn

LitNet Feeste 2023-07-10

Vier Kaapstad Opera-soliste sorg vir ’n onvergeetlike hoogtepunt by die 14de Klein Karoo Klassique-musiekfees. Soprane Brittany Smith en Alida Scheepers deel die verhoog met tenoor Lukhanyo Moyake en bariton Conroy Scott, begelei deur José Dias op klavier.

Persverklaring: Program vir 14de Klein Karoo Klassique bied klassieke verskeidenheid

LitNet Feeste 2023-07-07

Dié viering van klassieke musiek, kuns, kos en wyn, word van Donderdag 3 tot Sondag 6 Augustus in die Klein Karoo aangebied, met hope musiek deur ’n keur van Suid-Afrika se top klassieke musici.

Persverklaring: Vyf jong skrywers gekeur vir NATi Jong Sterre

LitNet Teater 2023-07-06

Dié jong stemme deurloop ’n uitgebreide opleidingsprogram waartydens hulle skryfwerk ontwikkel en afgerond word. Die verhoogtekste word dan omskep in professionele produksies wat in 2024 by die 21ste Suidoosterfees gaan debuteer.

Top