Willem Botha

Willem Botha het in 1970 aan die Paul Roos-Gimnasium gematrikuleer en in 2003 aan die Universiteit Stellenbosch gepromoveer. In die proefskrif, getitel Die impak van die leksikografieteorie op die samestelling van die WAT, word ondersoek hoe die woordeboek op die voorpunt van die internasionale leksikografie kan bly. Hy het ook ’n honneursgraad in Latyn aan die Universiteit Stellenbosch behaal. In 2004 word hy aangestel as hoofredakteur van die WAT nadat hy vanaf 1988 aan die woordeboek verbonde was. Hy refereer en publiseer sedert 1991 gereeld op nasionale en internasionale vlak. Hy het onder andere reeds by drie EURALEX-kongresse in onderskeidelik Finland, Nederland en Duitsland opgetree.

Willem Botha, sy vrou Tersia en hul sestienjarige dogter, Giselle, woon in die Paarl, waar hy ’n aktiewe rol in die Paarlse gemeenskap speel.


Opgedateer/Updated: 2010-05-12
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan [email protected]
Bio-info dated? Send an e-mail to [email protected]

WAT-kompetisie: Het jou onderneming die treffendste Afrikaanse handelsnaam?

Naomi Meyer, Willem Botha Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal 2018-07-09

"Die doel van die kompetisie is om mense bewus te maak van die skeppende krag van Afrikaans en dat jy suksesvol met ’n Afrikaanse naam kan handel dryf."

Woordeboek van die Afrikaanse Taal: Tienjaarplan vir die voltooiing van die WAT

Naomi Meyer, Willem Botha Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal 2018-02-28

Willem Botha: "Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is ’n omvattende Afrikaanse verklarende woordeboek wat Afrikaans in sy volle omvang vaslê.  Nie net Standaardafrikaans nie, maar ook die ander variëteite soos Kaaps en Namakwalands vind ’n tuiste in die woordeboek.  Indien die WAT nie voltooi word nie, sal die Afrikaanse woordeskat nooit volledig opgeteken word nie." Lees ook die WAT se oorsig van 2017–2018.

Die WAT se inskrywings vir LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2017

Willem Botha Wen 2017-12-13

Die redaksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal deel hul mees aktuele woorde van 2017.

Taaldag 2017: ’n onderhoud met Willem Botha

Willem Botha, Naomi Meyer Onderhoude 2017-08-16

"Vroeër is daar veral hulde gebring aan die taalstryders wat die weg gebaan het vir die erkenning en ontwikkeling van Afrikaans, maar vandag word klem gelê op die belewing van Afrikaanse musiek, letterkunde en toneel."

Die WAT se inskrywings vir LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2016

Willem Botha LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2016 2016-11-24

Die redaksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal deel hul mees aktuele woorde van 2016.

Deon Meyer: die gas by die WAT se Woordpret

Willem Botha Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal 2015-12-10

"Deon Meyer was op Vrydag 20 November die gas by die WAT se Woordpret.  Bergsig Landgoed het hul Icarus-wynreeks kom bekend stel by die skepper van Ikarus se praatjie."

Woorde van 2014

Willem Botha 2014-12-16 LitNet het die Woordeboek van die Afrikaanse Taal gevra om dié woorde van 2014 uit te sonder. Willem Botha, Hoofredakteur en Uitvoerende Direkteur van die WAT, het 'n lys woorde gestuur wat die WAT-personeel meen vanjaar op Suid-Afrikaners se lippe was.

Borg 'n woord 2013/2014 (en kyk wat is Nataniël se gunsteling-woorde)

Nataniël, Willem Botha, Naomi Meyer 2013-10-25 Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Borg 'n Woord-projek 2013/2014 het afgeskop. Nataniël is hierdie slag die ondersteunende kunstenaar van die projek. Willem Botha en Nataniël beantwoord Naomi Meyer se vrae oor die projek.

WAT? Borg 'n woord!

Willem Botha, Naomi Meyer 2012-10-24 "Streektaalwoorde en -uitdrukkings kan gerus aan ons gestuur word. Dit is vir ons net so belangrik soos Standaardafrikaans." Willem Botha gesels woorde.

Borg ’n Woord van die WAT

Willem Botha 2011-11-08  
Top