
"My karakters klim uit hulle stereotipes en word menslik"
2020-04-22"Kanaän se hoofkarakters is in hierdie opsig albei stereotipes, maar ek wou juis ’n storie skryf waarin my karakters uit hulle stereotipes klim en menslik word. Hulle moes helde wees, maar omdat hulle bereid is om uit hulle geblikte karakterisering te klim en die moeilike werklikheid te leef."

Kantelpunt: ’n onderhoud met Sophia Kapp
2018-11-21"Sy wil nie, omdat sy met die patriargie ontevrede is, ’n mannehater wees nie. Sy wil nie haar bra verbrand nie en sy wil nie haar grimering weggooi nie. Sy wil met ander woorde al die liggame en mense en organisasies en konvensies wat vir haar voorgeskryf het hoe om ’n vrou te wees, stilmaak, ook die linkses en radikales en die woedendes wat oorlog wil verklaar."

US Woordfees 2016-onderhoud: Sophia Kapp oor Oorlewingsgids vir 'n bedonnerde diva
2016-02-17"Dit raak al hoe minder 'n óf-óf-kwessie. Genrefiksie lewer deesdae net soveel kommentaar (lees maar Deon Meyer) en kan mense ook soms so 'n bietjie uit hulle gemaksones haal."

16 dae van aktivisme: Geen geweld teen vroue en kinders
2015-12-07"Jy roei nie hierdie ding binne 16 dae uit nie. Jy roei dit nie eers binne een geslag uit nie. Gesinsgeweld is nie iets wat per geleentheid gebeur omdat mense se humeure onbeteueld geraak het of omdat iemand gesuip by die huis opgedaag het nie. Dit gebeur ook nie omdat ’n vrou se rok te kort was of omdat ’n kind teruggepraat het nie."

Sophia Kapp gesels oor Driehoek
2013-10-01 "Die feit dat romantiese fiksie ontvlugting is, beteken nie dat 'n mens nie sosiale probleme daarin kan aanraak nie. Die goedvoel-ding is meer kompleks as wat die meeste mense besef: jy kan jou leser regtig optel net as jy haar eers die donker kant gewys het."