Pieter Odendaal

Pieter Odendaal is ’n digter, vertaler, redigeerder en uitvoerende direkteur van InZync Poetry, ’n nie-regeringsorganisasie verbind tot die uitbreiding van veeltalige en multi-genre poësieplatforms in Stellenbosch en Kaapstad. Saam met Adrian van Wyk reël hy sedert 2011 die InZync Poetry Sessions, ’n maandelikse poësieaand in die hartjie van Kayamandi, asook die weeklikse INKredibles poësie werkswinkels vir ontluikende digters in en om Stellenbosch. Hy het ’n meestersgraad in Volhoubare Ontwikkeling en het reeds na Londen, Lagos en Brisbane vir sy verse gereis. Van sy gedigte is in die bundel Nuwe Stemme 5 opgeneem (2013), hy dien die afgelope drie jaar as Afrikaanse beoordelaar vir die Sol Plaatje Europese Unie Poësie Toekenning en is die mede-redakteur van Many Tongues (2013) en ConVerse (2018). Odendaal is tans besig met sy PhD in podiumpoësie as bevorderaar van weerstandigheid in sosio-ekologiese stelsels aan die Queensland University of Technology in Brisbane.

Foto: Izak de Vries

bergvergadering

Pieter Odendaal Poësie 2020-12-08

LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Pieter Odendaal se gedig hier.

Dag 14: Kwarantyn-ketting – "Onoplosbare liefde in die vloedtyd" deur Pieter Odendaal

Pieter Odendaal Kwarantynketting 2020-04-09

"Hoe langer ek my afsonder, hoe meer deurlaatbaar word ek. Ons is almal onsigbaar aan mekaar verbind, een globale tasfees. Orals waar ons vat, lê microbes wat van ons verbygaan getuig. Ek wil my neus in jou oor begrawe en nooit weer opstaan nie. My hart is lankal reeds in Peru."

What the water remembers: ’n onderhoud met Pieter Odendaal

Cliffordene Norton, Pieter Odendaal Skrywersonderhoude 2020-02-25

"Ons probeer sin maak van die voortslepende traumas rondom water en hoe poësie ons kan help om hierdie traumas te begin genees."

NouNet-mening: Ons sal die gemors moet uitsort

Pieter Odendaal NouNet 2019-08-15

"Ek skakel my foon aan. Nog ’n artikel oor die ongelyke verspreiding van die effekte van klimaatsverandering in die ontwikkelende wêreld. Nog pollutants in die visse in Valsbaai. En soos die paniek elke dag op my Facebook en in my hart groei, wonder ek of ons dalk verdien om uitgewis te word, en hoeveel van ons nageslag oor sal wees om ons kwalik te neem dat ons nie genoeg gedoen het nie."

#NouNet #Klimaatsverandering #GlobaleVerwarming 

Asof geen berge ooit hier gewoon het nie: ’n onderhoud met Pieter Odendaal

Pieter Odendaal, Naomi Meyer, Liné Loff Skrywersonderhoude 2018-10-25

"Berge is die vergestalting van hierdie Salka, van die élan vital wat deur ons almal bruis. Dus: berge wóón vir seker; hulle is ’n force op hul eie, klipforte wat nie net woon nie, maar ook skuiling bied vir die lewensvorme wat rondom hulle woon."

Meiose

Pieter Odendaal 2012-02-29 Ek wil hierdie geleentheid graag gebruik
om jou DNS te bedank
vir sy pragtige selfvertalings,
die selle wat vergader
om jou te bou,

Woordfees-onderhoud: Pieter Odendaal gesels oor Transkripsie

Bibi Slippers, Pieter Odendaal 2012-02-29 Pieter Odendaal gesels oor die meiose tussen musiek en digkuns wat vorm vind in sy produksie Transkripsie.

Oortekening as vertaalstrategie in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over

Pieter Odendaal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-08-18

"Hierdie artikel sal sekere oënskynlik vreemde vertaalkeuses in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over (2009) deskriptief ontleed."

Oortekening as vertaalstrategie in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over

Pieter Odendaal 2011-08-18 Hierdie artikel sal sekere oënskynlik vreemde vertaalkeuses in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over (2009) deskriptief ontleed. Reeds met die eerste oogopslag is dit duidelik dat Breytenbach nie met vertaling in die konvensionele sin van die ...
Top