
Suidoosterfees 2024: Mirre en aalwyn en Onder ’n bloedrooi hemel: ’n onderhoud met Nicola Hanekom
2024-04-30"Die mag van die verhoog is anders as die mag van geskrewe woorde. Ek het probeer om gedagtes in dialoog te omskep, om reise van die verstand voete te gee, voete wat op die planke kan loop."

Olke bolke
2021-08-17Nicola Hanekom, Hertzogpryswenner vir drama in 2021, se Stemme-monoloog, Olke bolke, stel ’n jong massamoordenaar aan die woord. Eldon van der Merwe lewer die vertolking en Lee-Ann van Rooi was in die regisseurstoel. LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi.

Die Hertzogprys vir drama 2021: ’n onderhoud met Nicola Hanekom
2021-04-23"Teater is lewende kuns. Dit sluimer hopelik net tydens die pandemie ’n bietjie. Teater is alles vir my. Dis kerk en kulkuns, konfrontasie en ontvlugting, droom en nagmerrie."

Skrywers gesels oor kykNET-reeks Dwaalster
2019-01-31"Ons hoofkarakter, Annabel Loots, vlug uit die stad omdat sy in gevaar is weens haar werk as ’n ondersoekende joernalis. Terwyl sy op Maanhaarsdrif laag lê, word haar string plofbare artikels oor skaliegasontginning en korrupsie gepubliseer, met dramatiese gevolge."

Die eenpersoondrama: ’n onderhoud met Nicola Hanekom
2018-08-07"Die meeste drama is op konflik gebaseer. Omdat daar net een karakter is, moet die konflik binne die karakter afspeel. Hoe dan anders? Die gehoor sien die worsteling omdat die karakter die moed het om die masker te laat glip en nie op te sit nie."


Clover Aardklop 2013: Nicola Hanekom gesels oor Land van skedels
2013-08-14 "Ons moet probeer om die slegte dinge in toom te hou en die werklike gesig van oorlog te probeer onthou sodat ons so min moontlik ons gruwels herhaal."