LitNet

LitNet

Nuut by Queillerie: Sarah plus een deur Kristel Loots

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-10-16

Sarah het geen begeerte om met grasie oud te word nie. Sy dra onpaar oorbelle, ’n groot sonbril en haar hare is bloedrooi gekleur. Wat sy wel nie op haar ouderdom verwag het nie, is om na haar 55ste martriekreünie genooi te word.

Nuut by Lapa: Aksieheld Austin: Redding op die rooi planeet deur Fanie Viljoen

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-10-16

Teen die agtergrond van ’n Marsagtige landskap is hierdie avontuur vol spanning, aksie en onverwagte kinkels. Sal Ewald sy titel as die ware Aksieheld Austin behou, of sal hy deur sy mededingers oorskadu word?

Nuut by Lapa: ’n Jaar in my lewe deur Louis Pretorius

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-10-16

’n Valentynssokkie en ’n wolkbreuk. ’n Rekenaarspeletjie en ’n oomblik in die fliek. ’n Laataandgesprek met Eurythmics se "Sweet dreams" wat speel. ’n Vonk.

Nuut by Queillerie: Eleksie op Erdvark deur Rudie van Rensburg

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-10-16

Soois Swart se sukkelende koerantjie op Erdvark in die Knersvlakte berig sonder moderne tegnologie oor die naderende munisipale eleksie. Vir die eerste keer in ’n dekade word die BA Minus deur twee ander partye teengestaan.

Persverklaring: Hortjies dig by die Toyota Stellenbosch Woordfees

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-15

Peter was nie net ’n digter nie, maar ’n digter wat opinies gehad het oor die land waar hy vandaan was.

Gewildste plasings op LitNet: 8 tot 14 Oktober 2025

LitNet Als oor LitNet 2025-10-15

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 8 tot 14 Oktober 2025.

Pasverskyn: Duistermaan deur Jaco Jacobs

LitNet Boeke en skrywers 2025-10-14
Dennis verhuis saam met sy ouers na ’n afgeleë padstal in die Drakensberge. Die eienaar hou ’n unieke klompie diere op die plaas aan - maar die vreemdste van almal is ’n grys wolf genaamd Bruno. Wanneer die buurman se alpakkas dood gevind word, is daar gerugte van ’n “Wolfmens”. En dan ontdek hy ’n ou selfoon in sy kamer met ’n ysige boodskap. Hy moet die waarheid ontrafel voordat wat ook al in die donker skuil nog ’n slagoffer eis ...

Persverklaring: Wenner van die 2025 Woordfees-kortverhaalkompetisie bekend

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-14

Tarina Jordaan se verhaal "Splitsing" is aangewys as wenner van die hoofprys van R30 000 in die Stellenbosch Woordfees se jaarlikse kortverhaalkompetisie wat vanjaar ’n tiende keer gehou is.

LitNet: Toyota Stellenbosch Woordfees – neem deel!

LitNet Nuusbrief 2025-10-10

LitNet: Toyota Stellenbosch Woordfees – neem deel!

Persverklaring: Jan Rabie & Marjorie Wallace-Skrywersbeurs 2026

LitNet Boeke en skrywers 2025-10-10

Die Universiteit van Wes-Kaapland kondig graag aan dat aansoeke ingewag word vir die negende toekenning van die Jan Rabie & Marjorie Wallace-beurs.

Nuut by Human & Rousseau: Sweetie: Stories deur Nataniël

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-10-09

Hierdie splinternuwe versameling van Nataniël bevat 31 stories – 5 in Engels, 26 in Afrikaans. Verskeie van die stukke is uit Nataniël-produksies oor ’n periode van twee jaar: Ring van vuurNineveh songCake topper en Duif.

Nuut by Human & Rousseau: Al die swendelaars deur Chris Karsten

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-10-09

Op die vooraand van speurder Arrie Dogh se aftrede beland ’n oënskynlik doodgewone inbraaksaak op sy lessenaar. En wanneer hy begin ondersoek instel na die inbrekers op Louis Jooste se perdeplaas neffens Wildernis, besef hy daar skuil ’n slinkse slang in die gras. Waar begin die storie wat Arrie eindelik oorvertel? By die Turkse perdekopers? By Jooste se ponzi wat Bertie en vriend Diek se neseiers ingesluk het? Of begin als by die miljoene wat uit ’n rusbank op Jooste se stoetplaas verdwyn het?

Nuut by UJ Press: Frederik Van Zyl Slabbert: Soekende profeet deur Albert Grundlingh

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-10-09

Frederik van Zyl Slabbert is al beskryf as die beste landsleier wat Suid-Afrika nooit gehad het nie. Met hierdie boek word gepoog om ’n gebalanseerde geheelbeeld van ‘n enigmatiese figuur te bied. Slabbert was nie iemand wat in die heldegalery van Suid-Afrika opgeneem is nie. Hyself sou dit ook nie so verkies  het nie. Maar sy nalatenskap, ook vir Afrikaanse mense, is nie daarom van mindere belang nie.   

Persverklaring: ATKV-Sêr 2025, magnetiese wenners bekroon!

LitNet ATKV-Portaal 2025-10-09

Nasionale sêrmentors Frieda van den Heever en Francois van der Merwe moes vanjaar hul kreatiewe kompas aanskakel om die wenners van die 2025 ATKV-Sêrkompetisie aan te wys te danke aan jong talentvolle sêrgroepe wat die verhoog laat vlamvat het met hul magnetiese energie en kragtige klankgolwe.

Uitnodiging: Paneelgesprek oor kreatiewe skryfkunde

LitNet Akademies en skole 2025-10-08

Die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit Stellenbosch nooi jou uit na Nathan Trantraal, Antjie Krog, Joan Hambidge en Gaireyah Fredericks se paneelgesprek oor kreatiewe skryfkunde. Die geleentheid vind op 20 Oktober by STIAS in Stellenbosch plaas.

Top